Wednesday, August 1

Wild wadi

Net voordat julle dink dis net ek wat in die dorp rondry. William, Arina en Elma het bietjie die Wild Wadi in Dubai besoek. Meeste van hierdie foto's is met sy foonkamera en 'n waterkamera geneem, so die kwaliteit is nie so goed nie.

Die waterpark is 12 hektar groot met 30 "waterrides". Dis tussen die Burj Al Arab en Jumeirah Beach Hotel gelee en so 20 min vanaf Dubai middestad en 90 min vanaf Abu Dhabi. Dis die Jumeirah Beach Hotel wat op die regterkant uitsteek.

Almal kry sulke waterdigte armbandjies met jou geld daarop geprogrameer. So kan jy jou drink en eetgoed betaal sonder om kontant byderhand te hê. Maar mense dis baie duur. Water bv kos Dh 9 (R18) en 'n Roomys Dh10 (R20)!!!! Nadat jy die toegang van Dhs170 (R320) betaal dink ek nie mens is meer lus vir water nie. Jy kry egter die geld wat jy nie gebruik nie, terug as jy klaar is. Hier wys Arina haar armband by die ingang. Die streeptruie het so na Nuweland gelyk. (Ek weet sy is 'n Blou Bul ondersteuner - arme kind)

Dis die "Fossil Rock" wat elke uur om die uur met 60,000 liter water opgevul word om 'n groot waterval te vorm. Dit gaan gepaard met klank en ligte en 'n baie gewilde besienswaardigheid by die park.

Hierdie is die Jumeirah Sceirah, die hoogste, vinnigste vry-val glybaan buite Noord-Amerika wat jou met 'n spoed van 80 km per uur laat afkom. Dit is 33 meter lank!! Ongelukkig geen foto's op die glybaan nie, kameras en fone was om verstaanbare redes nie toegelaat nie.Die Summit Surge en Rushdown Ravine is 'n kombinasie van glybane en ietwat anders. Die water skiet jou op hierdie bane boontoe na 'n swembad area en dan af met 'n 170 meter, styf-vashou rit.

Hier begin William se rit boontoe. Hy loer nog agtertoe en ek weet nie hou hy al styf vas nie.Hier vat hy dit rustiger op die Juha's Journey. Dit is 'n 360 meter lange lazy river waar mense van alle ouderdomme net rustig met die rivier kan vaar. Lyk na my tipe rit.
Die meisies BRAAI in die hitte en daai duur waterbottel lyk vir my baie leeg. Arina kan jy dink jy het 'n week gelede so warm gekry en nou sit jy in Ierland en koud kry?
Die drie van hulle afgeneem voor die familie/kinder aktiwiteitspark - die Juha's Dhow en Lagoon. Daar is 100 waterspeletjies wat 5 glybane, watergewere ens vir die kleintjies het. Alles is baie kleurvol en die kinders kan ure van lekker pret daar hê. Die drie het nie daar gaan speel nie.
Ek kan nie verskriklik goed onthou waar hulle die foto geneem het nie, maar dit lyk vir my baie nat en Arina steek amper net-net bo-kant die donut uit.
William by dieselfde plek net sonder die donut - miskien het hy dit geeet.
Aaaai ek het dit, dis by die Flood River (wat dit ookal beteken) geneem. Hier is William en Arina lekker nat.
Dit begin nou lekker donker raak (so 8 nm). Hierdie is Breakers Bay en hier kan mens "surf" as jy sou wil. 100,000 liters water word hier gebruik om branders van tot 2 meter hoog te maak.Selfde plek net later in die aand. Op die agtergrond die Jumerah Beach Hotel.
































4 comments:

Anonymous said...

Dis pragtige fotos en wonderlike herhinneringe vir later. Dalk moet mens soos 'n kameel KLOMP water drink voor die tyd. Dis nog duurder as die Paleis se tee en daar word mens nie nat nie. Charmaine

Anonymous said...

Jy het maar mak ritte gevat William.

Anonymous said...

Jis Wil. nice foties. Wens ek kon sulke nices neem. Geniet maar die swem weer terwyl jy kan!!

Anonymous said...

Dis ok James! Een van die dae het jy jou foon en dan kan jy vir ons fotos stuur! William is oppad na jou toe met 3 swembroeke. Beter n "heated" pool vind!