Showing posts with label Wild Wadi. Show all posts
Showing posts with label Wild Wadi. Show all posts

Thursday, December 27

Pret in die Waterpark ...

Dis baie lekker om Nelmari bietjie by die huis te he, maar die kinders wil ook nie elke dag saam met die ou tannie rondhang nie.  Maar die ou tannie het geen probleem toe hulle wil Wild Wadi toe nie, want dit beteken sy kan bietjie alleen in haar gunsteling mall in Dubai rondloop :-).  Gelukkig het ek in Nelmari iemand wat ook 'n ywerige fotograaf is, en nogals nie slegte foto's neem nie :-). 
 
photo(9)
Daar word rustig op die rivier in die waterpark "gery" na die volgende rit toe.
 photo(1)
 
In een van die tonnels op die rivier.
 
photo(3)
 Nelmari onder die water by een van die poele/swembaddens.
 
photo(7)
 
 'n Aksie onder-water-foto van Elriza. 
photo(21)
 
Die rivier lyk ook nie altyd so rustig nie. 
Page1

Die park bo van een van die ritte geneem.  Baie mooi foto's Nelmari.

Aan die einde van die dag was ons almal lekker moeg.  Ek van die lopery in die mall en hulle van heeldag in die water, maar dit was 'n lekker uistappie ~ ek hoor hulle het nou afslagkaartjies, so hulle gaan weer :-)

Saturday, January 10

Ons raak "wild" by die Wild Wadi

Een van Leo se versoeke was die waterpark en daarvoor het ons Dubai toe gery om die Wild Wadi pretpark te besoek. Natuurlik is dit 'n ver afstand vir die man en uit ondervinding weet ons hy vra elke 5 min "hoe ver nog", dus het ons hom vooraf gese dis 24 keer se "hoe ver nog" :-). Maar hy het nie omgegee oor die mis, koeler weer of enigiets nie, solank ons net waterpark toe gaan. Maar met die inkomslag voel die man aan sy lyf, dis nogal koud! Vir die wat nie weet nie, hierdie waterpark is net langs die baie bekende Dubai baken, die Burj Al Arab.Hier maak hulle reg om die kanaal na al die ritte te vat en dis maar ysig. William moedig aan. William en Leo saam op die "tube". Mens ry nou so al in die rondte en van die kanaal word jy "opgeskiet" na die ritte. Dis nou wat die kinders se want hierdie ma is te bang dat sy te swaar gaan wees om opgeskiet te word. Tussen ritte, hier kom Nelmari en Stella ook. En dan word hulle opgeskiet en weer afgeskiet by een van die ritte. Dit lyk asof hulle vreeslik skree ... Op die groot tube waarin hulle al vier sit ... kyk net daai mond. Ek het elke keer as hulle so in die rondte ry (vaar) Leo se laggie en gille gehoor. Weer rustig langs die kanaal af tussen die ritte en hierdie keer stoot Nelmari vir Leo. Die man vat 'n ruskansie ... ek hoop dis wat hy doen?!
Ek vra hulle om langs die boot te staan vir 'n foto en min weet hulle wat gaan gebeur. Kliek op die pyltjie en kyk. Nat na die emmer water en die tweetjies staan en bibber voor een van die watervalle. William kuier in die tidepool tussen die branders. Ek moes julle net wys hoe 'n abaja-swembroek lyk - toe van kop tot tone. Dit is 'n langbroek en lang rok wat van swembroekmateriaal gemaak is en dan nog met goud ook versier. Die kamera word ook onderwater "getoets".

Lyk darem asof dit werk.....
William probeer ook op die branders bo-bly en kry dit ampertjies reg.
Dan 'n paar ure later is dit verby en ons vat moeg die 24 keer "hoe ver nog" pad terug.

Wednesday, August 1

Wild wadi

Net voordat julle dink dis net ek wat in die dorp rondry. William, Arina en Elma het bietjie die Wild Wadi in Dubai besoek. Meeste van hierdie foto's is met sy foonkamera en 'n waterkamera geneem, so die kwaliteit is nie so goed nie.

Die waterpark is 12 hektar groot met 30 "waterrides". Dis tussen die Burj Al Arab en Jumeirah Beach Hotel gelee en so 20 min vanaf Dubai middestad en 90 min vanaf Abu Dhabi. Dis die Jumeirah Beach Hotel wat op die regterkant uitsteek.

Almal kry sulke waterdigte armbandjies met jou geld daarop geprogrameer. So kan jy jou drink en eetgoed betaal sonder om kontant byderhand te hê. Maar mense dis baie duur. Water bv kos Dh 9 (R18) en 'n Roomys Dh10 (R20)!!!! Nadat jy die toegang van Dhs170 (R320) betaal dink ek nie mens is meer lus vir water nie. Jy kry egter die geld wat jy nie gebruik nie, terug as jy klaar is. Hier wys Arina haar armband by die ingang. Die streeptruie het so na Nuweland gelyk. (Ek weet sy is 'n Blou Bul ondersteuner - arme kind)

Dis die "Fossil Rock" wat elke uur om die uur met 60,000 liter water opgevul word om 'n groot waterval te vorm. Dit gaan gepaard met klank en ligte en 'n baie gewilde besienswaardigheid by die park.

Hierdie is die Jumeirah Sceirah, die hoogste, vinnigste vry-val glybaan buite Noord-Amerika wat jou met 'n spoed van 80 km per uur laat afkom. Dit is 33 meter lank!! Ongelukkig geen foto's op die glybaan nie, kameras en fone was om verstaanbare redes nie toegelaat nie.Die Summit Surge en Rushdown Ravine is 'n kombinasie van glybane en ietwat anders. Die water skiet jou op hierdie bane boontoe na 'n swembad area en dan af met 'n 170 meter, styf-vashou rit.

Hier begin William se rit boontoe. Hy loer nog agtertoe en ek weet nie hou hy al styf vas nie.Hier vat hy dit rustiger op die Juha's Journey. Dit is 'n 360 meter lange lazy river waar mense van alle ouderdomme net rustig met die rivier kan vaar. Lyk na my tipe rit.
Die meisies BRAAI in die hitte en daai duur waterbottel lyk vir my baie leeg. Arina kan jy dink jy het 'n week gelede so warm gekry en nou sit jy in Ierland en koud kry?
Die drie van hulle afgeneem voor die familie/kinder aktiwiteitspark - die Juha's Dhow en Lagoon. Daar is 100 waterspeletjies wat 5 glybane, watergewere ens vir die kleintjies het. Alles is baie kleurvol en die kinders kan ure van lekker pret daar hê. Die drie het nie daar gaan speel nie.
Ek kan nie verskriklik goed onthou waar hulle die foto geneem het nie, maar dit lyk vir my baie nat en Arina steek amper net-net bo-kant die donut uit.
William by dieselfde plek net sonder die donut - miskien het hy dit geeet.
Aaaai ek het dit, dis by die Flood River (wat dit ookal beteken) geneem. Hier is William en Arina lekker nat.
Dit begin nou lekker donker raak (so 8 nm). Hierdie is Breakers Bay en hier kan mens "surf" as jy sou wil. 100,000 liters water word hier gebruik om branders van tot 2 meter hoog te maak.Selfde plek net later in die aand. Op die agtergrond die Jumerah Beach Hotel.