Saturday, July 7

Daar sal dadels van kom

Dit was nog altyd lekker om te weet waar plekname soos dorpe, plase, riviere, byname ens. vandaankom. En natuurlik is idome en gesegtes se oorsprong net so interessant. So het ek nog altyd gedink die gesegte "daar sal dadels van kom" beteken daar sal niks van kom nie omdat dadels so moeilik moet wees om te groei. Dit was voordat ek in Abu Dhabi kom bly het.
So 'n tydjie nadat ons hier kom bly het neem ons die kinders af by 'n dadelboom. Die twee manne lyk glad nie gelukkig nie.


Die nou Julie en dadeltyd in die dorp. Orals tussen en langs die strate is dadelbome en almal het hope dadels aan. Die pluktyd vir dadels is amptelik die laaste week in Junie by amptelike dadelplantasies.
Oppad mall toe en dit is wat ons sien. Hierdie boom sukkel swaar aan die groot trosse dadels.

Hierdie klompie is meer "ryp" om gepluk te word. Dadels is baie gewild hier. Tydens Ramadan is dit ook die "kos" wat bedien word om die vas te breek. En 'n mens kan nie nee sê as dit vir jou geoffer word nie, dis ongeskik. Vir my wat glad nie van dadels hou nie is dit nogal 'n probleem.
Ons straathoek het ook sy kwota bome. Dadels word op alle maniere bedien en uitgevoer. Jy kan gevulde dadels kry (met neute), sjokolade dadels, dadelsap, dadel gegeurde melk, dadelmelkskommel, allerhande dadelkoekies, ens. ens. ens. O en seker belangrik vir die roomys liefhebbers ... ja jy kry dadelgeur ook.
Ek weet nie hoe hulle die dadels van die bome gaan kry nie, dis baie hoog.
Hierdie dadeltrosse het sakkies om hulle .... om die dadels in op te vang. Enige iemand vir dadels? Of enigeen wat kan vertel waar die gesegte vandaan kom ... "Daar sal dadels van kom?"







































1 comment:

Anonymous said...

As ek reg onthou was die twee manne na 'n lang, warm rit nie lekker lus om uit te klim vir daardie foto nie!

Nelmari was eger "uitgerus", want sy het sommer by elke geleentheid dwars oor hulle gele en slaap.