Showing posts with label dadels. Show all posts
Showing posts with label dadels. Show all posts

Wednesday, October 7

Is dit die antwoord op die brandstof pryse?

Goedkoper brandstof pryse!! Ja dis iets wat ons almal graag sal wil he. En nou in die land wat sy eie petrol het, is daar 'n ander idee aan die broei, bio-ethanol van dadels!

Hier is baie dadelbome en gemiddeld dra elke boom tussen 50 - 200 kg dadels per jaar. Dit word verkoop as gewone dadels, gevuldes met neute, gedoop in sjokolades, daar is dadelkoekies, dadelsap, dadelkonfyn, dadelmelkskommels, dadellekkers, dadelroomys, ens. ens. Noem dit en hulle het iets wat hulle met die dadels kan maak. En nog steeds is daar jaarliks 'n oorskot van tussen 50 000 - 80 000 metriee ton dadels. Dit tesame met die hoe suikerinhoud van dadels wat dit uiters geskik maak vir bio-ethanol het die idee laat ontstaan om brandstof te maak.
Die "brandstof" kan dan gebruik word vir taxis, trokke en busse waarvan hier duisende is. Ek vermoed dit sal ook meer "groen" wees as die huidige brandstof.

En nee dis nog nie hoe ons vulstasies lyk nie, die foto het ek in die plaaslike koerant gekry. Lyk amper soos 'n afgeblaasde rugbybal.

Wat dink julle hiervan?

Wednesday, July 22

Ander dinge ook by die fees

Soos ek reeds gese het is die doel van die dadelfees om oa die dadels van die land te bemark en die mense aan te moedig om dit wat eie is aan die land te bevorder en te bemark. Alhoewel die ouens op Farmtown die palmbome net as versierings gebruik :-), het hierdie ouens 'n gebruik vir die hele boom en nie net die dadels nie. In een van die tentsale was daar klomp stalletjies en alhoewel dit almal dieselfde gelyk het, het elkeen op sy manier gewys wat hulle met palmtakke, en blare ook kan maak. Van die interessante produkte was natuurlik mandjies, waaiers (vir watter hitte?), plekmatjies, stoele, staanders, sandale/pantoffels en huisies wat pophuise of voeltjie-huisies kan wees.

Page3_0


Natuurlik het ons "shopper" van die dorp seker gemaak sy koop 'n produk of drie. Maat beslis sal daai dadelbolletjies in klapper veilig wees by my. Daar was ook 'n kompetisie waar kinders/volwassenes skaalmodelle moes maak om tradisies van die land uit te beeld en hier het ons nogal 'n tydjie vertoef en gekyk.


Page2_0

Kyk tot die koffiekannetjies lyk soos regtes. Die foto onder regs beeld 'n skool uit waar die kinders die koran leer en kyk hoe mooi sit die poppe met die witrokke eenkant van die poppies met die swart. Nelmari het onmiddelik opgemerk dit lyk soos Aisa (hulle skool waar seuns en dogters nog steeds apart skoolgaan).


Page1_0

Hier beloer Charmaine en Nelmari van die uitstallings. Die uitstalling bo in die hoek was een wat die moderne en oudtydse deel met 'n brug in die middel uitbeeld. My storietjie is amper klaar maar ek moet gou vertel van die badkamer geriewe. In 'n tent in die woestyn kan dit nie te great wees nie. Na lang soektog kry ons een net om weggewys te word met die woorde "toilet finish". Met groot nood kan mens nie regtig dink nie, maar later het die lig aangegaan en ons het besef dat die watertenk leeg is en die toilette nie kan spoel nie.


Page4_0

Daar was ook 'n groot tent waar die kinders kon speel. Allesia het Nelmari lekker besig gehou op die springkasteel en daai klein Arabiertjie met sy tradisionele klere was te oulik. Die gewilde arabiese kinder tv karakters waarvan ek al vertel het, was ook daar om die stout arabiertjies te probeer besig hou.


Page1


Aangesteek deur my shoppersvriendin het ek vir my 'n regte weduwee-kruik gekoop wat water lekker kan koud hou. Kyk net die mooi skepbeker wat daarmee saamkom. Die dadels het ek vandag vir jou gekoop Ronelle, en ons sal dit vinnig by jou moet kry want Dawn hou ook daarvan :-).

Tuesday, July 21

Dadelfees in Liwa

Eers moet ek vir die ouens wat nie weet nie, se “ek eet nie dadels nie”. Die naaste wat ek aan ‘n dadel kom is wanneer ek ‘n snytjie dadelbrood met dik botter op sal eet. So skoon of selfs opgedollie met sjokolade en neute vat ek nie aan dadels nie. Dus was daar ‘n wenkbrou of twee gelig toe ek se ek wil gaan kyk wat by die dadelfees gebeur. Dit is die 5de dadelfees wat gehou is in Liwa deur die Abu Dhabi Culture & Heritage komitee met die doel om die “heritage” van Abu Dhabi te probeer behou.

Page1

Ek moet eers vir julle vertel dat Liwa Oasis so 150 km van Abu Dhabi is op die noordelike grens van dike Rub Al Khali woestyn. Daar is so rondom 50 klein nedersettings oor ‘n afstand van 100 km. Ry mens verby die Muzayri oasis is jy lekker reg binne in die woestyn. Dit word ook die “empty quarter” genoem en is reg langs die grens van Saudi. Terloops as jy sou wou kan mens daardie grens of duin oorsteek, aangesien daar geen grenspos is nie. Ek wat nog altyd gedink het die heerser-familie kom van Al Ain het nou geleer dat die Liwa Oasis die geboorteplek van die oorspronklike heerser-familie van Abu Dhabi en Dubai is en in 1793 het die Al Nahyans eers hulle huis van Liwa af geskuif Abu Dhabi toe.

Page2

Die terrein/tente is spesiaal vir die geleentheid opgeslaan en anders as by ons huis op die oomblik, het hulle lekker aircon. En orals is net dadels en dadels en nogmaals dadels. Ek kry ook kans om met een van die arabiere te gesels oor die verskillende soorte en hy vertel my van die Khalas, Saqi, Majdoul, Fardh, Barhi en Dabbas dadels en watter een nou die lekkerste smaak. En ek het gedog dis almal sleg. Een van die hoofdoele van die fees is om die kultur van die palmbome en dadels te laat “herleef” en dadelkwekers kan hulle dadels inskryf vir die kompetisie. Vir die eerste keer kon die mense die dadels wat ingeskryf is ook proe. Die Arabiere voel in die gesig gevat as mens nie ‘n “geskenk” – in hierdie geval dadels vat en dit eet nie en ek het al my wegsteek vernuf moes gebruik dat hulle nie sien ek vat en bere dit om later vir Nelmari, Eddie of Charmaine te gee nie. Die koekies het ek darem geeet so al rondom die binneste dadelstuk :-)

. Page3

Met ons besoek was daar reeds 57 dadelboere wat ingeskryf het vir die eerste kompetisie wat hulle “Bou Maan” noem. In elke kategorie sal daar 15 wenners aangewys word. Die eerste drie plekke in elke kategorie sal elkeen ‘n 4x4 landcruiser wen en die res van die deelnemers sal ‘n bedrag van dhs3.5 miljoen deel. Daar is vyf kategoriee en dus 15 Landcruisers wat wag om ‘n baas te kry. Hulle staan buite die tent met groot strikke om en wag – laaste foto.


Page4

As ek nou my eie storie in die rede kan val. Mens ry 3+ uur vanaf Abu Dhabi soontoe en nog langer vanaf Dubai. So kom Charmaine se broer en sy gesin ook deur om die festival by te woon en arriveer so 11 uur waar hulle voorgekeer word saam met ander deur sekuriteit – een of ander royal kom besoek en hulle moet maar 4 uur terug kom – kan jy dit glo!

Page5

Ons het gewonder hoekom die mense by die ingang voorgekeur word, maar op ‘n manier het ons verby geglip en ingekom. Miskien met al die kameras het hulle gedink ons is van die pers :-). Hierdie ouens voel net niks vir niemand nie en as die royals kom, moet almal spring. Ons het so saam-saam met die belangrike gas die uitstallings bekyk sonder om in sy pad te wees :-).

Dis nie al wat daar gebeur het nie, ek vertel later.

Lekker dag..

Saturday, July 7

Daar sal dadels van kom

Dit was nog altyd lekker om te weet waar plekname soos dorpe, plase, riviere, byname ens. vandaankom. En natuurlik is idome en gesegtes se oorsprong net so interessant. So het ek nog altyd gedink die gesegte "daar sal dadels van kom" beteken daar sal niks van kom nie omdat dadels so moeilik moet wees om te groei. Dit was voordat ek in Abu Dhabi kom bly het.
So 'n tydjie nadat ons hier kom bly het neem ons die kinders af by 'n dadelboom. Die twee manne lyk glad nie gelukkig nie.


Die nou Julie en dadeltyd in die dorp. Orals tussen en langs die strate is dadelbome en almal het hope dadels aan. Die pluktyd vir dadels is amptelik die laaste week in Junie by amptelike dadelplantasies.
Oppad mall toe en dit is wat ons sien. Hierdie boom sukkel swaar aan die groot trosse dadels.

Hierdie klompie is meer "ryp" om gepluk te word. Dadels is baie gewild hier. Tydens Ramadan is dit ook die "kos" wat bedien word om die vas te breek. En 'n mens kan nie nee sĂȘ as dit vir jou geoffer word nie, dis ongeskik. Vir my wat glad nie van dadels hou nie is dit nogal 'n probleem.
Ons straathoek het ook sy kwota bome. Dadels word op alle maniere bedien en uitgevoer. Jy kan gevulde dadels kry (met neute), sjokolade dadels, dadelsap, dadel gegeurde melk, dadelmelkskommel, allerhande dadelkoekies, ens. ens. ens. O en seker belangrik vir die roomys liefhebbers ... ja jy kry dadelgeur ook.
Ek weet nie hoe hulle die dadels van die bome gaan kry nie, dis baie hoog.
Hierdie dadeltrosse het sakkies om hulle .... om die dadels in op te vang. Enige iemand vir dadels? Of enigeen wat kan vertel waar die gesegte vandaan kom ... "Daar sal dadels van kom?"