Sunday, June 24

Afkoel in kookwater

Weens die hitte was ons lank laas by die see, maar die kinders wou met alle geweld gaan. Beste tyd nou tussen 10 - 12 en daarna wil jy nie alleen op die sand met die son wees nie. Asof die hitte nie teveel is nie, het hulle dadelik begin bal speel. (Mens kan sien die sport word ernstig gemis)


William vang die bal. ....... Dis nogal meer as wat Steyn in Saterdag se wedstryd kon doen. Ek moes lag vir Beeld en Rapport wat verlede week Steyn so opgehemel het - hulle noem dat ons die wedstryd verloor het toe Butch James af is, plaas dat hulle dit by die naam noem - ons het die wedstryd verloor die oomblik toe Steyn opkom en die balle begin misvang (of soos die TV ouens gesê het, sy oe van die bal afhaal - verskeie maal!!) en natuurlik sy skoppies wat so netjies in die All Blacks se hande was.



Die sand is WARM so ons loop maar ligvoet see toe. Dis laagwater so mens moet ver loop.

Kyk net hoe kalm en rustig is die water en dis die see ouens. Heeltemal 'n dooie see teenoor die Kaapse branders. William sukkel om sy oe in die skerp son oop te hou.
Natuurlik moes ek hierdie Arabier afneem in sy klere langs die strand besig met 'n besigheidsgesprek. Op die agtergrond die Marina Mall winkelsentrum en nuwe behuisingskompleks.
Net om te wys dat dit wel 'n oop see en nie 'n dam is nie, die bote op die agtergrond.
Nelmari vang bietjie op met die leeswerk. Omdat sy so baie lees en die skoolbiblioteek haar gebruik om boeke te proeflees, het sy 'n "perk" om boeke tydens die vakansie ook uit te neem. Die juffrou weet drie maande kan te lank word vir 'n opregte boekwurm.

Elriza ook verdiep ín 'n boek wat sy gedurende hierdie kuiertjie wil klaarmaak.

Die meisies gaan koel weer af in die warm water. Ek wens 'n foto kon die hitte van die water vir julle vasvat. Glo my dit is redelik warm en mens kom met sulke rooi wange uit.
Arina besluit om bietjie op te vang met die sonbrand gedeelte.
Die vier van hulle wat gaan swem het. Jinne maar het William 'n ernstige kyk of nie?









































4 comments:

Anonymous said...

mar net om te help.steyn speel vir sharks ens hys van bloem grey af

Sandra said...

Dankie seun ek het verander. Ek het seker net teveel blou in die span gesien wat regtig nie daar hoort nie.

Anonymous said...

William lyk seker so ernstig omdat sy "oggies weer smelt"!

Anonymous said...

Wat 'n lekkr blog!
Groete uit 'n kou SA
Grapjas
http://blogspace.mweb.co.za/Users/grapjas