Thursday, May 31

Vir OULAAS

Gedink die basketbal seisoen is verby? Ek ook, maar hierdie week het die Varsity span teen die onderwysers in hul jaarlikse einde-van-die-jaar wedstryd gespeel.





Hier is die manne voor die wedstryd. Ses van hulle het verlede week klaar gemaak met skool, maar kon nie wegbly vir die wedstryd nie. (William nr. 22)




Die "coach" was die skeidsregter, so daar was geen amptelik spanpraatjie tussen spel nie. Mens kon sommer sien die manne staan herderloos rond.


Die laaste keer wat ma my kan pla op die skoolbaan maar ook 'n bietjie hartseer oor die laaste wedstryd. Vir die eerste keer in 'n paar jaar wen die Varsity span die onderwysers met 68 - 32.

4 comments:

karin said...

oh wow!!!! ek het omtrent jou blog opgeslurp, vertel my presies waar jy bly en wat julle daar doen!!! dit lyk wonderlik interessant!!
dankie vir die boodskap op my blog, kom kuier gerus weer,
groete
k
xx

Sandra said...

Hi Karin ons bly in Abu Dhabi die hoofstad van die United Arab Emirates. Dis die minder bekende dorp almal ken mos net vir Dubai. My man werk by 'n maatskappy hier al vier 9 jaar en ek hou my besig met allerhande dinge - spesifiek dinge vir ons SA kinders hier, dis nou bo-en-behalwe die gewone dinge rondom die kinders en koffiewinkekls ens.

Desire Fourie said...

Hello Sandra. Dit was lekker om 'n afrikaanssprekende as 'n kuiergas op DOING LIFE te he. Nie seker nie, bly julle al 9 jaar in Abu Dhabi - want dit is 'n baie lang tyd in die vreemde wat seker teen die tyd al die bekende vir julle is. Hierdie nuwe winkelkompleks lyk baie na ons Gateway hier in Umhlanga, Durban. Moet se jou fotos het baie mooi uitgekom. Het jy dit op 'automatic mode' geneem of is jy 'n SLR fundi? Vir watter maatskappy werk jou man - net nuuskierig? Jy scrapbook nie dalk nie? Is julle 'n buitelugfamilie? Hoop om jou gou weer raak te loop op DOING LIFE (www.desiref.blogspot.com). Wat van 'n foto van jouself op jou profile? Ek sal jou as 'n link onder 'gereelde blogs wat ek besoek sit' en wat daarvan om my dalk op jou favourite blog list te sit. Praat gou weer. Groete van 'n lieflike soel wintersdag hier in Kloof, Durban.
Desire Fourie

Sandra said...

Kan doen met 'n heerlike koel dag, hier is dit verskriklik warm op die oomblik. Ja ons bly al 9 jaar in Abu Dhabi, maar dis net tydelik, ons huis is nog in SA. My man werk vir 'n plaaslike maatskappy Etisalat. Gebruik niks fancy met kameras nie, net 'n gewone automatic mode, partykeer werk dit ander kere nie. Buitelewe hier gedurende meeste van die jaar is nie maklik nie, dis te warm. Scrapboek het so 'n paar maande terug hier kom uitgesteek en ekself het nog nie probeer nie. Dankie vir die gesels. Groete