Showing posts with label ysskaats. Show all posts
Showing posts with label ysskaats. Show all posts

Wednesday, August 5

‘n Koue Skouspel soos min

My eerste ysskaats-vertoning was baie baie jare terug by die Goodwood Ysskaatsbaan, toe internasionale groepe gereeld ‘n “show” soontoe gebring het. Ek kon my verkyk daaraan. Nooit gedink dat ek in die woestyn, midde in ‘n lekker sandstorm weer langs ‘n ysskaatsbaan sal sit om na ‘n internationale vertoning te kyk nie.

So twee aandjies terug was ons gelukkig genoeg om die wereldberoemde Steve Wheeler se groep hier in aksie te sien. Mag slim klink, maar ek het nie eintlik van die man geweet nie. Hy staan bekend as die wereld se beste ysskaats “illusionis”. Hierdie ou het ‘n lys so lank soos my arm van TV-shows en ander vertonings wat hy al vir baie jare aanbied op die "planke/ys" bring.

Page1

Dit was ‘n vertoning van ligte, kleur, uitstekende skaatswerk, ongelooflike kostuums en besondere kultoertjies.

Page2

Die skaatsers is ook nie sommer hierjy mense nie en die paar was ‘n paar jaar gelede die Amerikaanse Skaatskampioene – mens kan dit sommer sien.

Page3

Om foto’s te neem was uiters moeilik met die wit van die baan, die silwer van die dak en al die ligte en rook wat gedurig verander, maar ek dink darem julle kan ‘n prentjie kry van die vertoning.

Page4

Hierdie vrou het met een hoepel begin en later ‘n hele klomp gehad. Hoe sy kon skaats en hulle in die rondte draai gaan my verstand te bowe – maar dit was mooi.

Page5

Daar was gereeld tussen-in sulke toertjies en hierdie een was ‘n skaatser op ‘n mespunt.

Page6

Net so ‘n paar daggies terug het ons die dvd "Cutting Edge" gekyk en hierdie toertjie het ons van voor af na ons asems laat snak – veral sekere van ons.

Page7

Nog toertjies het gevolg en die laaste een was van ‘n ou wat in ‘n boks met skerp lemme toegesluit word en dan word hy gespin en die volgende oomblik staan hy bo-op die pawiljoen regs langs ons en net voor die royals wat hulle yskoud geskrik het. Dit was regtig ‘n hoogtepunt afsluiting.

Mens vertel moeilik hoe dit lyk en voel, maar as jy in Abu Dhabi of omgewing bly (ja julle ouens daar in Al Ain en Dubai ook), gaan kyk gerus. Vicky die kinders sal dit verskriklik geniet. Die vertoning is elke aand om 8 uur by die ysskaatsbaan tot 15 Augustus.


Thursday, June 21

Ons koel 'n bietjie af

Twee uur op die ysskaatsbaan kan help om die hitte bietjie te verlig en dit is wat ons gaan doen het en in die proses lekker pret ook gehad.Elriza wat by haar ma kom kuier het, het saamgegaan. Hier is sy en William besig om hulle skaatse aan te trek.
Dis heerlik koel, kyk net hoe koud is dit op die foto. Nelmari besig om die koue te geniet.



Elriza gil wanneer William haar op die stoel vinnig stoot.
William is al oulik hy sms selfs wanneer hy skaats. Wonder wie kry daai sms ......?


Nelmari se beurt om deur William gestoot te word. Lyk asof sy dit geniet.
Kyk ma .... geen hande. Bietjie bewerig maar Elriza staan alleen op die ys, sonder stoel of reelings.
Die stoel werk beter besluit sy en dis Nelmari se beurt om die stoel te stoot.
Dis amper die einde van hul twee uur sessie en daar kom die val waarvoor die fotograaf wag. Dis darem nie so sleg as mens met 'n glimlag val nie.En daar gaan Nelmari ook van die stoel af .....
En sy doen dit behoorlik. Die stoel is ín been-af ..... Dit was lekker en ons kon selfs die koue gebruik om 'n bietjie warm sjokolade te drink wat nie baie hier gebeur nie.









Saturday, May 12

Van bloedige hitte na ysige koue

Met die hitte van die Super 14 rugbystryd en die kwik wat lekker hoog in die rooi is hier op ons dorpie het die kinders hulle gewend na die ysskaatsbaan om bietjie koud te kry. Die foto's is deur hulle self geneem.
Nelmari maak gereed om haar skaatse aan te trek.
Dan is Nelmari op die baan. So 8 jaar terug het sy hier leer skaats deur 'n plastiekstoel op die baan rond te stoot.
Arena lyk maar baie versigtig op die baan.

Nelmari kom handjie gee, maar aan Arena se gesig kan jy sien iets gaan gebeur ....
En daar het jy dit ....heerlik plat op die ys besig om 'af te koel'.
William besluit dis beter om haar liewers op die stoel rond te stoot.
Die man se voete kan dit ook nie hou nie, en hy eindig met 'n paar blase op.