Die somerhitte is so stadig besig om spoed om te tel, dus was die naweek half die laaste kans om met die tieners te gaan kamp en omrede dit oor die Paastyd val, was dit sommer meer spesiaal.
Dis ook net hier in die woestyn wat daar 'n hek op die vlak staan met die woorde "Close the door".
Ons kampterrein. En daardie is nie berge in die agtergrond nie, dis duine.
Kamp is opgeslaan en ingerig.
Kinders besig om die terrein vir die aandprogram reg te kry.
Almal help om die kruise aangedra en geplant te kry.
Ons tieners gereed vir die aand. Hulle was so opgewonde en het reeds van vroeg af honder keer kom vra wanneer hulle die fakkels en vuur kan aansteek. Dit word laat donker in die woestyn en ons het daarvoor gewag en die ouers moes hulle kom wegroep het vir aandete.
Tydens die aandprogram het die kinders voorgelees uit die Bybel en ons, saam met die ouers het saam gesing tydens die worship.
'n Groot bonus was die swembad wat die ouers gereel het. Dit het nie net almal afgekoel nie, maar ook as "skoonmaak van die sand" gedien. Daar is spesiaal 'n watertenk gehuur om dit te kom volmaak en al het hulle bietjie vasgesit, was dit alles die moeite werd.
Met die "paasmars" het die kinders die verskillende stappe gedoen van die tuin van Getsamene, die gesel, spykers inkap, houtbalke dra tot by die eindpunt waar hulle 'n kruis moes maak. Daarna is die kruise op die hoogste duin staangemaak en aangesteek. Die kinders was baie moeg aan die einde met al die duine wat geop en af is, maar daar is lank stilgesit en kyk na die kerse terwyl hulle brand - dit was 'n baie spesiale oomblik.
Van slaap was daar geen sprake nie, en dit is die prentjie van ons tieners toe ons wakker word. 'n Klein bondel tieners wat heelnag gekuier het.
Moeg word die duine weer aangedurf vir die oggendstiltetyd.
Wat 'n wonderlike tyd was dit nie gewees om saam met die jongmense op 'n praktiese manier weer te kon sien hoe lief God ons het, dat Hy Sy enigste Seun gegee, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he.
Dis jaar hardloop so vinnig uit en hier in die land van sand het ons eintlik twee afsluitings per jaar - die normale Desember voordat almal weggaan vir die feesseisoen en dan weer in Junie wanneer die skole vir drie maande sluit. So die jaar spoed in twee kort paaiemente verby en alles moet nog steeds ingepas word.
Een van die goedjies wat ons gedoen het was om vir die eerste keer 'n kerssangaand vir ons kindergroep te he. Almal, ouers en kinders het dit baie geniet. Gaan loer gerus op ons kindergroepblog vir foto's en video'tjies waar ons engeltjies sing, hulle was so oulik.
Die senior tieners het ook kans gehad om so bietjie sonder die ander op die Lulu eiland te gaan kuier en dit was groot pret vir almal. Natuurlik dieselfde naweek as die Dubai 7's, maar ons het darem 'n klompie jongmense gehad wat dit bygewoon het.
Hier is Elriza saam met twee van haar dogters in haar groep, Nelmari en Minette.
Deel van Abu Dhabi wat ons verbyvaar met die boot, dit was regtig 'n heerlike wintersdag van 26 grade.
Waterspeelgoed is opgeblaas en reg vir gebruik.
Vyf seniors na hulle eerste paar ritte op die tube agter die boot.
Een van die baie skaduplekke op die eiland waar die tieners gesit en kuier het tydens middagete.
Water basketbal is gespeel en dit lyk asof die "skeidsregter" die kleinste onder die groep is.
Elkeen het 'n rit op die tube gekry en op ons kindergroepblog is daar ook 'n video van elkeen. Nelmari is baie ernstig tydens haar rit.
Nelmari se rit. Elkeen het ook op een of ander stadium afgeval en op fb het ons 'n kompetisie gehad om te kyk wie het die beste "geval".
Elriza verkies om te sit en dit lyk asof sy groot pret het.
Sy het ook nie gekwalifiseer van een van die beste val nie, maar baie dapper het sy vir almal gewaai.
Hierdie foto beeld vir my Abu Dhabi uit - see vir die eiland, sand vir die woestyn en moderne geboue vir die ontwikkeling.
Die van julle wat Elriza se foto's op 'n vorige uitstappie gesien het, sal sien dat sy en die gheko nog steeds moet bepaal wie nou eintlik die "baas" is.
Met die middaggety het die water so vinnig gesak dat die boot gou-gou op die sand was en die tieners moes al hulle krag inspan om dit terug te kry in die water.
Al die jongklomp wat op die uitstappie was.
Kon sommer so bietjie van die water af, weer die ontwikkeling in die dorp sien. Daardie gebou op die regte kant (die Baniyas toring met die bal) was toe ons destyds hier gekom het, die hoogste gebou in Abu Dhabi. Kyk net hoe klein lyk dit nou.
Dan is dit nog net die boot wat uit die water getrek moet word en die einde van nog 'n heerlike dag by die see ....
So twaalf jaar terug het ons begin met 'n kinderbediening hier in Abu Dhabi omdat daar 'n behoefte was vir ons kinders om iewers in te skakel, saam met SA maats en meer van Jesus te leer. So het die kinders ook groter geword en meer en meer jong volwassenes het hier kom werk en 'n nuwe behoefte ontstaan. Iets vir ons snr tieners en jong volwassenes. Soos altyd is Vader getrou en kon ons vir Elriza kry om hier met die groepie te kom werk. Die ou tannies weet wanneer dit hulle tyd is om terug te staan en agter die skerms te werk want ons kan maak wat ons wil, maar daar is geen manier hoe ons met 'n jong cool pastoor kan meeding nie :-). Nodeloos om te se dat na die eerste maand het hierdie bediening alreeds gegroei in 'n studie groep vir snr tieners, en twee groepe vir jong volwassenes met baie uitreik na ander tussen-in.
Die snr tieners het net so voor die winter regtig inskop bietjie gaan kayak en agterna baie stories te vertelle gehad. Die begin van die oornag-trip en almal is nog vol geesdrif, glimlaggies en skoon.
Arme ekke want daar gaan hulle en dis sover ek my kamera kan gebruik. Opdragte is gegee van wat en wie hulle moet afneem, maar of hulle dit gaan uitvoer is 'n ander saak ... en op hierdie stadium kan ek niks daaraan doen nie :-).
Die eiland waar hulle oorgeslaap het. Tente is wel opgeslaan, maar volgens die stories het net die "ouer" drie wel in tente geslaap - die ander het sommer so langs die vuur geplak.
James en Leane moes saam met Elriza die volwasse toesig wees :-).
Met die heerlike warm water en Abu Dhabi ver op die agtergrond kon almal lekker laat swem. Ek hoor stories van musical kayaks ens. maar het geen idee hoe hulle dit gespeel het nie. Aandete was heerlike vleisbraai en daar is ook lekker rondom die vuur gesing en gesels.
Die volgende dag se terugvaar. Kyk net hoe kalm is die oopsee hier en gelukkig windstil, maar dit kom met ander probleme.
Mens kan sommer in die middel van die see 'n sandbank slaan en dan moet jy jou kayak vir walkies vat tot jy diepwater kry.
.
Swem en kuiertyd net so voor mens weer in die woeste gejaag van die dorp terug is.
Ek was natuurlik angstig om die foto's terug te kry en hierdie een het my aan die raai gehad. Die "dominee" se klere en kamera aan 'n boomtak by die water ...... waar is sy?
Moeg (as mens net twee uur geslaap het), taai en vuil aan die einde van 'n suksesvolle uitstappie. Wie dink julle is die blyste dat die vaart verby is? :-)
Gisteraand het van ons tieners bietjie gaan kegelbal speel. Die soort van ontspanning is hier baie gewild omrede dit binneshuis en uit die hitte is. As ek nou net kyk na vanoggend se temperatuur om 8 uur ... dis reeds 29 en die dag het nog nie begin nie. Hier is 'n paar bane in die dorp en almal is lekker ruim.
Die klomp besig om te reel vir skoene voordat hulle begin. Nelmari gooi haar kegel. Kyk bietjie na die mosaik teels om die baan. Dit beeld Arabiese tonele uit. Lyk of Louis vir Celeste bietjie raad vra voordat hy rol. Arena se roltegniek, duidelik trap sy oor die lyn.
Maar dit werk nie en sy rol heeltemal mis. Daarvoor moet sy "push-ups" doen. Marcel en Celeste rol. Kyk hoe mooi lyk dit aan die voorkant van die lane. Armand, Nelmari en Arena kyk by Celeste wat die tellings is.
Elkeen van hulle besig met hulle eie ding. Einde en betaaltyd. Die wenner van die aand ............miskien moet ek maar sĂȘ almal.