Thursday, May 17

SUSSIE maak reg vir William se laaste dag

Nog net een skooldag oor en dan is daar nog 'n kuiken klaar met skool. Maar mens kan nie "te" opgewonde raak nie, want die finale eksamen begin Sondag.
William luister hoe Selina die Ekonomie probleem verduidelik
William verduidelik vir haar hoe dit uitgewerk word.
Meer as enigiemand anders is Nelmari opgewonde oor die feit dat William klaarmaak en dat hy 'n laaste dag koek moet kry - hier is dit stap vir stap. (Moet ook bysê sy soek altyd 'n rede om koek te bak)
Stap 1 - Meng die bestanddele
Stap 2 - Neem 'n bietjie van die beslag en
Stap 3 - Doen 'n tong tippie toets



Stap 4 - Bak dit in die oond en 5 - onthou dis warm as jy dit uithaal.


Klaar!!! Die blou is 'n graduation cap ingeval julle dit nie kan sien nie .
Mooi sussie!!!

4 comments:

Anonymous said...

My ou tweede babatjie maak klaar, sjoe maar nou raak ons oud. Of wat praat ek my "ou" vrou?

Anonymous said...

Hallo, ek is nog hier!!!! Nelmari, jy het dit reggekry om my BAIE lus te maak vir tuisgebakte koek!!! William, hoop jy maak gou klaar (jammer vir jou ma), dan kan jy ook 'n slag by ons kom kuier. Die seuns sal dit verskriklik geniet!! Mooi Bly. Lief julle!!
Lalie XX (Vir jou ook ou swaertjie,XXX)

Sandra said...

Jinne ek dog jy's op langverlof op die maan. As ek geweet het dis koek wat jou gaan laat skryf het ons lankal gebak!

Anonymous said...

Sterkte ou klein boetie. Jy moet mar hard leer. Dit is makliker as wat jy dink!! :)