Friday, October 31
Will smokkel met my kop
Thursday, October 30
Waar kom ons tydelike dorpie vandaan?
 Abu Dhabi se geskiedenis kan nagespoor word tot 3000 vC. Maar moenie kommer nie, ek gaan dit nie so ver haal nie. Vroeer jare was daar heelwat gevegte onder die verskillende familiestamme oor wie nou eintlik moet heers en veral tussen 1945 en 1948 was daar bloedige gevegte met Dubai oor die heersers totdat Abu Dhabi weggebreek het. Hierdie foto is van die eerstes wat van die Cornish geneem is.
Abu Dhabi se geskiedenis kan nagespoor word tot 3000 vC. Maar moenie kommer nie, ek gaan dit nie so ver haal nie. Vroeer jare was daar heelwat gevegte onder die verskillende familiestamme oor wie nou eintlik moet heers en veral tussen 1945 en 1948 was daar bloedige gevegte met Dubai oor die heersers totdat Abu Dhabi weggebreek het. Hierdie foto is van die eerstes wat van die Cornish geneem is.  Die Cornish twee jaar nadat ons gekom het en vandag is dit alreeds weer anders maar ek wys annerdag van die foto's
Die Cornish twee jaar nadat ons gekom het en vandag is dit alreeds weer anders maar ek wys annerdag van die foto's Olie is in 1958 gevind en van toe af het die dorpie nooit weer teruggekyk nie.
Olie is in 1958 gevind en van toe af het die dorpie nooit weer teruggekyk nie.  Die toe heerser sheikh Shakbut bin Sultan Al Nahayan was 'n versigtige man en het liewers die geld vir die olie gespaar ipv dit vir ontwikkeling te gebruik terwyl sy broer Zayed (later heerser) anders gedink het.
Die toe heerser sheikh Shakbut bin Sultan Al Nahayan was 'n versigtige man en het liewers die geld vir die olie gespaar ipv dit vir ontwikkeling te gebruik terwyl sy broer Zayed (later heerser) anders gedink het.  Hy wou die geld vir die verbetering van die land en onderrig van sy mense gebruik. In 1966 besluit die heersende familie die Al Nahyans om Shakbut met Zayed te vervang en dit het die dorp ongelooflik laat verander. Die eerste hotel in die dorp die Hilton daardie jare.
Hy wou die geld vir die verbetering van die land en onderrig van sy mense gebruik. In 1966 besluit die heersende familie die Al Nahyans om Shakbut met Zayed te vervang en dit het die dorp ongelooflik laat verander. Die eerste hotel in die dorp die Hilton daardie jare.   Met ons koms hierheen in 1998 was dit die hotel waar ons in gebly het, en vandag staan hy nog steeds. Alhoewel daar nou honderde fancy ander is, is hy nog een van die bestes in die dorp en lekker naby aan alles gelee.
Met ons koms hierheen in 1998 was dit die hotel waar ons in gebly het, en vandag staan hy nog steeds. Alhoewel daar nou honderde fancy ander is, is hy nog een van die bestes in die dorp en lekker naby aan alles gelee. Tuesday, October 28
Veterane en boerewors rolletjies
My ou laptoppie is siek en het 'n ernstige virus opgedoen wat iemand naar gestuur het. Gelukkig het blogger die vooruitgedateerde opsie ~ hou saam met my duimvas dat 'dit' nie lank in die rekenaar-hospitaal bly nie.
Met Eddie se laaste besoek aan SA het ek vertel van die Walvisfees op Hermanus. So tussen sy foto's hierdie van die motoruitstalling gekry en dit was vir my baie interessant. Die motoruitstalling is by die skool se sportveld gehou en daar was klompe mooi ou motors. As ek reg onthou was Muriel geintereseerd in hierdie een. Ek weet Thea is nie, want haar man het nou sy eie mooi rooi sportmotor. 
Ek's nie goed met ou motors nie en ken nie hulle name nie, maar hier is nog 'n paar. 
Iemand met sulkes gery saam met oupa of ouma of ouers? 
Hierdie menere ken ek want het James nie self een wat amper op die veteraan motorskou hoort nie? DiƩ nuwe oues is darem gewilde studentemotors. 
Al die pad van Kuilsrivier, is hulle nie mooi nie. Ronelle het julle nie in so 'n motor rondgejaag nie? 
Die dae toe dit nog al was wat nodig was om die motor by sy bestemming te kry. Niks gadgets nie. 
Toe kon mens nog self piekniekmandjies agter he. Vandag mag dit dalkies gesteel word. 
Die foto's van die motors was nice maar die eintlike ding wat my oog gevang het was die Heritage Klub wat die skoue reel. 
Hulle het hul eie uitstalling gehad met klomp oorlog voertuie. 
Hulle beywer hulle vir die opbou en instand hou van ou motors en het geld ingesamel daarvoor. Nie dmv kollekte nie, maar deur kos te verkoop. Kyk net hoe is hierdie kombuis ingerig? 
Ek hoop hierdie ouens het die volgende motorskou beplan en nie 'n aanval of iets nie ~ hulle weet die oorlog is verby ~ of is dit nie? 
Ek dink nie Des is oppad Tobruk of El Alamein toe nie, hy wag sommer vir sy boerewors rolletjie. 
Party van die motors se enjins was dan ook so, dat mens daarvan kon afeet?
Saturday, October 25
Ons eerste scrapblad
Hierdie eerste les en blad gaan ook "Myself". (Sien hier en hier) Elkeen vertel hulle eie persoonlike storie en is uniek aan die persoon wat dit gemaak het, net soos ons uniek en spesiaal is soos Vader ons gemaak het. Ek hoop dat almal wat die eerste les gedoen het, soveel daaruit gekry het as ek. Ek sien uit om julle tweede blad te sien!
Thursday, October 23
'n Nuwe webblad vat mens jare terug



Wednesday, October 22
Wat het ons toe gekies?
Monday, October 20
Varsity kampioene
 Maar die blog gaan mos eintlik oor die toernooi. Die meisies het oa teen spanne van Qatar, Oman en Egipte gespeel en na al die uitspeelwedstryde was hulle 1ste gekeur en toe het ons al geweet hier kom 'n ding. Hulle verloor net een wedstryd die hele toernooi en dis dan ook die span teen wie hulle in die finaal te staan kom.
Maar die blog gaan mos eintlik oor die toernooi. Die meisies het oa teen spanne van Qatar, Oman en Egipte gespeel en na al die uitspeelwedstryde was hulle 1ste gekeur en toe het ons al geweet hier kom 'n ding. Hulle verloor net een wedstryd die hele toernooi en dis dan ook die span teen wie hulle in die finaal te staan kom. .jpg) Die afrigter is egter vasbeslote om die meisies vars en uitgerus in die finaal te laat speel en hulle rus sommer so op die paviljoen voor die wedstryd.
Die afrigter is egter vasbeslote om die meisies vars en uitgerus in die finaal te laat speel en hulle rus sommer so op die paviljoen voor die wedstryd.  Met 'n laaste spanpraatjie of twee is dit tyd vir die wedstryd waarvoor hulle die hele seisoen voor gewerk het.
Met 'n laaste spanpraatjie of twee is dit tyd vir die wedstryd waarvoor hulle die hele seisoen voor gewerk het.  En ons dogters stel ons nie teleur nie, hulle wen die span van Qatar ... soos Nelmari se "we kicked their ass". Mooi so Lions ons is baie baie trots op julle en op jou sussie vir 'n goeie toernooi. Seuns ek moet julle vertel dat die coach (wat oa vir James en William ook afgerig het) op 'n stadium vir Nelmari geskree het, "Nelmari spike the ball .... you have James's head and Williams arm!).
En ons dogters stel ons nie teleur nie, hulle wen die span van Qatar ... soos Nelmari se "we kicked their ass". Mooi so Lions ons is baie baie trots op julle en op jou sussie vir 'n goeie toernooi. Seuns ek moet julle vertel dat die coach (wat oa vir James en William ook afgerig het) op 'n stadium vir Nelmari geskree het, "Nelmari spike the ball .... you have James's head and Williams arm!). Saturday, October 18
Wat dink ek van myself?
"Les een Sondagaand het gegaan oor myself en hoewel ek gedink het dat ek baie beter oor myself voel het ek agtergekom dat daar nog baie issues is wat my sommer laat huil het... deels omdat ek so graag myself deur Pa se oe wil sien en deels omdat ek nie voel ek maak vordering nie. Ek besef dat dit 'n totale verandering vra, van binne, wat natuurlik meer belangrik is, maar ook van buite,... sodat die groei wat van binne kom ook van buite sigbaar sal wees. Dat ek ook vir myself en vir ander mense sal lyk soos Pa my sien. Nie opgemuk en opgefieks nie, net so natuurlik mooi soos Hy my met soveel trots gemaak het. Ek wil nederig lief wees vir myself omdat Hy my Maker is."
More word die praktiese deel, die scrapblad gemaak. Is daar 'n Afrikaanse naam vir "scrapbook"? en ons sien uit daarna om dit met julle te deel. Vir voorbereiding moes ons heelwat dink en soek werk doen. Baie bloglesers het aangedui dat hulle saam met ons die studie gaan doen en ons sien uit om julle bydrae hierdie week op blog of met epos te sien. As julle bietjie vergeet het wat die huiswerk was, loer hier .
 
