Sunday, October 12

Ons gaan scrapbook dat die palmbome bewe


Die van julle wat my blog volg, sal weet dat ons Vrouegroep al vir 'n geruime tydjie praat oor die studie wat ons mee begin! Ek het ook nou met my onlangse besoek aan Suid-Afrika 'n klomp kilogram scrapbook goed van SA af gebring wat ek by Desire van Doing Life aangekoop het. Gaan loer gerus na die mooi goed wat sy scrapboek hier. So hierdie week het ons klomp bymekaar gekom, minus een vriendin wat nog in SA sit en binnekort hier gaan wees en 'n ander een wat in die modder by die Dooie See rondrol. Dit het hoofsaaklik gegaan om te sien wat ons het tov toerusting en wat die studie van ons gaan vra. Charmaine en Vanessa kyk na van die produkte. Ongelukkig is ons kundige met scrapbook (sy het vir almal lesse aangebied behalwe vir ons), Elise, terug in SA, maar sy het vir ons wonderlike tips aangestuur en daar is tegnologie wat afstand kan oorkom.

Twee dames wat ongelukkig nie die studie kan bywoon nie, maar dit graag wou doen het my laat besluit om dit te "toets" deur dit te blog sodat almal wat wil saam met ons kan studie. Daar is net 3 voorwaardes aan verbonde:-

Jy moet vir ons se of jy saam met ons werk dat ek die vrae elke week vir jou kan epos.

Jy moet vir die groep terugvoering gee elke week hoe dit met jou gaan en wat jy "geleer" het dmv comments of epos en ...

Na die praktiese les moet daar vir ons 'n foto gestuur word van hoe jou prentjie lyk. (Daar is 12 praktiese lesse) EN natuurlik moet jy probeer bybly met ons.

Ek sal elke Sondag die volgende les op die blog sit. Die boek wat ons gebruik is hierdie een. Hoe meer ons groei in ons verhouding met God, hoe meer sal ons besef hoe goed Hy vir ons is. Elke dag gee Hy ons soveel gawes en blessings en gedurende die kursus gaan ons weer ontdek hoe lief Hy vir ons is en hoe Hy ons seen deur ons familie, vriende, kerk en die unieke manier wat Hy my en jou geskep het.

Voorbereiding vir Les 1

Dink aan die verskillende stadiums in jou lewe en al die dinge wat jy beleef het, goed en sleg. Wat is die storie van jou lewe? Watter gebeure het 'n groot invloed gehad en het jou gevorm vir wat jy vandag is? Identifiseer vier of vyf sulke gebeure en dink daaraan om 'n "storie" te skryf wat jy dalkies in jou scrapbook prentjie wil insluit.

Vir die Scrapbook blad die week

Dit moet 'n "Ode/Viering van jou lewe wees". Versamel jou gunsteling foto's van jouself en klein dingetjies wat jou persoonlikheid en gunsteling goed sal weerspieel. Gebruik bv. agtergrond papier van jou gunsteling kleur. Skryf 'n brief aan God om vir Hom dankie te se dat Hy jou gemaak het net soos jy is. Sit die brief ook op jou blad.

Julle dames wat saamwerk onthou om van jou antwoorde met ons te deel dmv comment of epos en daai foto van jou blad wat jy gescrap het! Geniet!

18 comments:

Desire Fourie said...

Hi Sandra. Sjoe eks bly al die produkte het darem veilig gereis saam met jou. Ja nee, dit lyk asof daar baie pret and produktiwiteit vir die dames voorle. Dis 'n baie interessante tema wat julle gaan dek en Les 1 is al klaar baie uitdagend em verleidend vir my om dalk saam te speel. Jy het seker op my blog gesien dat ek tans besig is met 'n BOM(Book of Me) challenge wat 26 challenges het en ons is nou by no.7.

As jy nie omgee nie, mag ek dalk van julle lesse doen en ook by my BOM insluit ... laat maar weet of ek dit mag doen. Mooi bly en geniet die kreatiwiteit en viering van menswees.

Anonymous said...

Desire ja ons sal graag wil sien wat jy ook met die onderwerk doen. Dit sal maar seker sukkel, sukkel gaan met die scrapbook prakties aan die begin, maar almal is gretig en dit kan net pret wees.

Muriel said...

Ek het nou so lekker opgevang op al die inskrywings wat ek gemis het!

Sandra ek gaan volg, ek is net nie op die oomblik so baie by die huis nie! Maar sal die lesse vinnig probeer inhaal!!!!


Dis nou 'n oulike idee, ons gaan te lekker speel!

Anonymous said...

Bly jy gaan saam volg Muriel. Daar is darem twee weke vir elke les, so julle besig ouens behoort nie tever agter te raak nie.

Anonymous said...

Miskien moet ek julle almal wat gaan deelneem ook darem net waarsku dat 'n Vista-"compatable scanner" ook dalk gaan nodig raak vir die projek, so kyk asb mooi vir die weggesteekte USB konneksie aan die agterkant van die nuwe masjien wat dit moontlik maak om sonder moeite te kan scan.

Ek is egter beskikbaar om te kom wys waar dit sit, sonder dat dit nodig is om die splinternuwe masjien te probeer teruggee omdat dit nie kan scan soos belowe nie!

Of dit, of gebruik asb gewone Microsoft!

Charmaine said...

Ai ek sien nou sommer nog meer uit na die studie. Dit gaan baie lekker wees om dit saam met almal op die blog te doen.

Eddie ek sal maar die naam van die scanner moet kry, want myne sukkel maar.

Maat dis weer nog een van jou uitstekende idees.

Anonymous said...

Eddie al was daai scanner bietjie te slim vir ons aan die begin, scan hy lekker vinnig en mooi.

Maat ek sien ook uit om ander se insae te sien en hoor. Ek het vanaand se studie geniet!

Anonymous said...

Ek sit nou al 'n rukkie en wonder of ek dit nie ook moet probeer nie. Onlangs het Botter ons getag met "Digi-Scrapping", en die gogga het nogal gebyt. Ek sal julle vordering mooi dophou! Dalk, net dalk, skraap ek nou genoeg moed bymekaar.

Desia said...

Dit klink lekker! Ek sal graag wil deelneem, wat het mens nodig? (Of het ek nou weer nie die pos met aandag gelees nie!?)

Muriel said...

Hi Sandra

Dis oorgenoeg tyd ek sal kan byhou, dus ek is in!

Lekker dag
x x

Anonymous said...

Boendoe en Desia dit sal lekker wees as julle saam met ons werk. Laat my seblief julle epos adresse kry - myne uitentuis2001@yahoo.com.

Bly jy is in Muriel, ek sien uit na jou insette!

Sandmensie said...

Ek sal moet 'n Sondag afvat en 'n "hands-on" sessie saam julle moet deurwerk! en om die vista-ding te sien wat "die-man-wat-weet" van skryf.

Anonymous said...

Vicky ek geen nie om watter rede jy gee om saam met ons te kom werk nie - kom net, jy's so welkom!

Paula said...

Dit lyk na lekker pret!

retha said...

Hierdie klink na iets heel aan genaams om te doen. Beslis sal daar meer as net plak gebeur!

Anonymous said...

Paula, ja jong hierdie klomp vroue en die studie is lekker pret.

Retha as hierdie klomp "kreatief" raak moet jy hulle hoor ...

mariki said...

WAT 'n wonderlike idee! Geniet!!

Anonymous said...

Ons is nog maar twee weke met dit besig Mariki maar glo my ons geniet dit gate uit