Showing posts with label Studie SB1. Show all posts
Showing posts with label Studie SB1. Show all posts

Monday, February 16

Is scrap Fun?

Ons vroue het weer begin met ons studie na die ongeluk en "toere" in die UAE en die onderwerp was Fun. Eerlik het ek nie veel gevoel na fun nie maar dan moet 'n mens gaan kyk wat is Fun en dankie tog Fun word nie bepaal deur mense en goed nie. Jy kry mos mense vir wie fun en pret te veel moeite is en in die proses mis mens uit op iets besonders. Maar mense kan ook deel wees van die fun en soos altyd het ons les 2 van die onderwerp, die praktiese scrap vir hope FUN in hoofletters gesorg. En hierdie keer "pik" ek op Heleen wat so mooi saamwerk vir die foto's.Om die les te scrap is glad nie maklik nie want watter papier is nou die regte kleur en wat is fun? Dit maak nie saak hoe mens daarna kyk nie .... op 'n afstand of van naby .... wat kies jy?!?!?! Nelmari weet wat sy wil doen en sy spring dadelik aan die werk en kry selfs tyd om koek tussen-in te eet. Het die flinke besluite iets met die ouderdom te doen wonder ek? Amelia is ook redelik seker van wat sy wil doen en knip en plak dat die spoeg so staan. Tussen-in kry ek 'n kyk of twee ook omdat ek van alles 'n foto wil neem ... maar mens wil dit mos verewig. Ek weet ek moet ook iets begin doen en die ligboks help. Dankie vir die raad om een te he Desire want sonder dit kan ons glad nie meer nie. En vervelig raak dit nie want ons kekkel en lag en luister selfs na 'n voorlesing deur Amelia. Weet nie hoeveel almal gehoor het nie, maar sy het in elk geval gelees. Ons mis vanaand vir Vanessa wat baie laat moes werk ... maar Heleen vat vanaand die koek met die maak van haar blad. Sy laat my dink aan 'n verkleurmannetjie want nie een foto het dieselfde kleur papier voor haar nie. Wat sal die hoofkleur wees .... pers? Miskien moet dit geel wees en sy kry nog tyd om vir Charmaine raad te gee oor kleur van alle dinge. Miskien moet ek net eers 'n teebreuk vat en weer dink wat ek regtig wil he.Wat van rooi .... dit is die kleur dink sy! Wat maak ek nou met die prentjies? Agggg nie ek sal dit maar by die huis moet klaar maak. En uiteindelik die pragtige, kleurvolle, FUN blad. Dit was al die dink en kopkrap die moeite werd Heleen!!! En hier is van die ander, voltooid of half-voltooid. As die lekker onderwerp moeilik was weet ek nie hoe gaan ons volgende week se les Freedom in Christ kan scrap nie. Enige voorstelle?

Saturday, January 17

Waar is die rus?

Ek lees so in die bloggemeenskap en hoor van vriende dat hierdie jaar 2009 met 'n slag weggespring het en mense net nie meer tyd het vir alles en almal nie. Mens het al amper vergeet jy het vakansie gehou en benodig weer een. Die onderwerp pas so mooi in by ons vroue scrapstudie wat nou weer begin het .... Rus! Vrae soos "Watter soort rus gee God vir ons?, Wat doen jy as jy desperaat voel? Waarom het God 'n dag van rus geneem? Wat is die konneksie tussen vertroue en vrede? Slaap jy rustig en sonder vrees? ens. ens.
Die moeilike taak was om in die besige Desember/ Januarie tyd te gemaak het om ons scrapblad te maak en 50% het :-). Ek's seker die ander gaan nou vinnig volg. Kyk net bietjie na die oulike bladsye wat elkeen se "Rus" voorstel.



Voel jy vandag moeg en uitgeput en het ernstig rus nodig?

"28. Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en Sy insig is ondeurgrondelik. 29. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie. 30. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31. maar die wast op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."


Julle ouens wat nog met bladsye stuur, ons sien uit daarna om hulle te ontvang en die wat wil saam scrap en studie, julle bladsye is ook welkom.

Rus nou lekker die week want volgende week is ons onderwerp "Fun" en die damesgroep gaan Global Village toe daarvoor ..... !!!! Hou hierdie spasie dop.


Sunday, November 23

Ons scrap les 3

Na ons les oor "Home" is dit tyd om te scrap wat ons in die les geleer het en vanaand is heelwat van die vrouens, omdat 'n besige werksprogram, voorbereid met 'n plan A. Dit beteken dat niemand haastig is om te begin nie en daar word rustig tee gedrink terwyl almal na hulle kaal bladsye staar. Wat so besonders is van hierdie studie is dat twaalf van ons dieselfde les kan doen en elkeen se scrapblad anders en uniek is. Selfs in ons "voorbereiding" en "tegnieke" verskil ons baie, kyk net hier .... Ons het die wat hard dink en staar in die verte opsoek na inspirasie. Een wat in haar sak sal krap opsoek na nog goedjies ... Partymense kom agter dat helfde van plan A by die huis is en nou word daar gewerk aan plan B. Ons het ook 'n spoeg en plak een .... Een wat in haar georganiseerde goed krap en glo in beplan en gaan volgens instink. En natuurlik een wat nie weet wat om te doen nie en liewers foto's neem as sy nie haar GROOT foute uitvee nie. En selfs as die inspirasie hulle beetpak werk elkeen op sy eie unieke manier. Ons het die wat met hulle self praat en nogal met die vinger vir niemand spesifiek beduie nie. En die wat met hulle tong konsentreer. Een wat 'n storie het agter elke foto wat sy gebruik. En ook een wat streng volgens haar beplanning gaan. 'n Klomp spesiale en unieke persone wat elkeen uit die les uitneem en 'n spesiale en unieke scrapblad maak. (Tydens die foto sessie was almal s'n nog nie klaar nie en het ek ook nog nie al ons internet groeplede s'n ontvang nie)
Hier is die bladsye ....Prent 1a Prent 1b Prent 2 Prent 3 Prent 4 Prent 5a Prent 5b Prent 6 Prent 7
Thank you, Lord, that you have not left me to flounder in the dark. You have given me all the direction I need, if only I will humble myself and go to your Word for the answers. Help me not only read and study the truths you have laid out, but also to incorporate them into every aspect of my daily life. Amen (van ons Studieboek God's Good Gifts)