Wednesday, October 1

Help 'n bietjie

Verlede jaar in Oktober rond het ek hier vertel van een van die straatkatte wat kleintjies in ons elektriese boks gehad het. Straatkatte kry baie swaar in hierdie dorp en daarvan het ek ook vertel. Meeste van die plaaslike inwoners weet nie hoe om met diere te werk nie en voels, honde en katte word mishandel en sleg behandel. In die begin was dit vir my vreeslik om 'n klein baba katjie dood langs die straat te sien. In Muriel se blog hier vertel sy van hoe wreed mense met honde was, en dit het net weer gewys dat jy orals mense sal kry wat nie weet hoe om diere te behandel nie. Hierdie was die eerste keer dat ons vir Pixie gesien het, voordat sy baie wild haar intrek in die huis gemaak het. (Julle sal in regter kantlyn kan sien, sy's erg deel van die huis) Maar dis nie die storie nie want die ma kat het weer kleintjies en terwyl ek op vakansie was, is daar besluit dat een van die drie baba's aangeneem gaan word deur ons. Hier kan julle twee gesiggies tussen die bourommel sien. Vas van plan om vir hulle goeie huise te kry, stel ek voor dat ons die kleintjies hierdie keer mak en gewoond aan mense maak sodat voornemende "ouers" se harte sommer sal vermuwwe en dadelik een wil he. So kry ons eers nr. 1 gevang en binne 'n paar minute van blootstelling aan 'n huis met mense is ons vermuwwe. Sy prrrr en wil net in mens se nek kruip en geniet die aandag en huis baie. Nelmari wou oorspronklik die donker enetjie, nr. 2 he. Is sy nie te lelik vir woorde nie? Sy is nog nie opgetel nie, maar hopelik die week. En vandag kon ons eintlik nr 3 ook aan die huis en mense voorstel en sy het net so maklik daaraan gevat. Nelmari begin nou twyfel watter een want hulle is al drie verskriklik oulik en sy gaan beslis nie al drie kan hou nie. Sy wil nou weet watter een kies julle en wat kan sy hulle noem. Blykbaar het Sleeping Beauty drie feetjies gehad en is die name as 'n moontlikheid genoem. Help 'n bietjie asseblief?!

19 comments:

Anonymous said...

Ek dink die donker enetjie....Sandra onthou jy n kat genaamd Nala??....dit was seker die lelikste katjie wat ek ooit in my lewe gesien het...so die donker enetjie het dalk n kans...Nala was een van die mooiste katte wat ek nog ooit gehad het...so n kort tweede agter my Birman...
Annie

Anonymous said...

Annie ek onthou van Nala maar dink jy nie hierdie eenis loshande leliker nie? Die swarte lyk ook 'n gunsteling by Nelmari, maar ek hou dogal van die klein gemmer dogtertjie.

Anonymous said...

Daar is ooreenkomste tussen die swarte se gesig en charmaine se honde se gesigte!!!Dink jy nie so nie
Annie

Anonymous said...

Ag nee genade!!!! Hier sit ek sommer en tjank!!! Watter een kies mens, nee, ek gaan jou nie kan help nie.... Ag shame die arme goedjies....

Anonymous said...

Ai tog, duidelik gaan ek terug na 'n dieretuin...............weer!

Paula said...

Ek sou die swart katjie kies .. lyk te pragtig!

Anonymous said...

Great! Ek is bly om te sien almal vote vir die swart kieter. Sy mag dalk die lelikste wees, maar sy't karakter! 'n Naam vir die swart kietsie...mmmm...wat van Jasmyn???

DJ said...

hallo tannie, ek dink die vir die swart babatjie, "spinnekop", een gemmertjie, "tokkie" soos daai kanker goggatjie tok tokkie, en die ander gemmer katjie "maple" soos maple syrup ;-) my voorstelle. groete en liefde. Elriza

Anonymous said...

Annie die ooreenkoms dat hulle al drie "lelik" is? :-)

Pikkie nou hoe dink jy moet ek besluit :-0

Eddie niks meer diere as wat hier was toe jy weg is nie

Anonymous said...

Paula dit is Nelmari se keuse ook.

Kaalvoet niemand kies ook my kant nie ... die klein gemmertjie is my favorite.

Elriza dankie vir jou voorstelle, ek weet jy is baie gekonfyt met diere name gee - sal al die voorstelle aan die "voornemende" baas voorle

Anonymous said...

Wel,
Ek dink die name vir die katjies moet daai van Sleeping Beauty se feetjies wees.
Die twee gemmer katjies sal dan Flora en Fauna wees terwyl die swarte Merryweather sal wees.

Charmaine said...

Ai mens moet maar al drie kan hou... ek sou 'n gemmertjie kies maat... net omdat Dee so oulik is. Ons sal maar hard soek vir 'n huis vir die gediertejies. Nelmari lyk my jy het klaar name gekies.

Anonymous said...

Ai dis hartseer. Ek sal nie kan kies nie, maar die beste is om die wyfies gesteriliseer te probeer kry dmv die DBV of enige ander hulporganisasie.
Dit maak my bly om te hoor daar is mense soos jy :)

Anonymous said...

Maat, Vicky se niks .... ek dog Chrispin wil 'n ou katjie he?!

Ons het die enetjie wat ons laas gehou het laat steriliseer Rosalind en nogals teen 'n spesiale prys van 580 Dh (R1160) :-) en toe was die mamma nog baie wild. Ons het 'n Feline friends en hulle sal beslis nie ma of pa staan vir die onkostes nie en huise kry is moeilik, ek's te bang om hulle te bel want dan is dit nie regmaak nie, maar wegmaak.

Charmaine said...

Ek sou die mamma neem as ek kon. Sy is so goed met die babas, Sy verdien 'n medalje. Ons sal haar laat steriliseer.. Maar jy is wonderlik met hulle maat. Daarom dat sy jou huis uitsoek om haar krosie in groot te maak. En HEI...my honde is nie lelik nie... ook nie die swart gevreetjie nie. En ja, ek dink Crispin moet 'n katjie kry Vicky... ag toe?

Muriel said...

Ag hulle is almal so cute!

Die swarte is vir my die mooiste!

Anonymous said...

Ons sal haar maar moet neem maat!

Muriel jy bedoel seker die swarte is die lelikste. (Fluister - luister gou hier ... daai gemmer enetjies is so oulik en sit so graag op my skoot)

Anonymous said...

Die swarte vir Nelmarie en die gemmer enetjie vir Sandra en die ander gemmer enetjie vir Eddie
- probleem uitsorteer

Anonymous said...

ROnelle dat die probleem nou so maklik opgelos kan word ;-). Dink jy nie Monique wil ene he nie?