Thursday, October 30

Waar kom ons tydelike dorpie vandaan?

Ek vertel graag van wat ons doen, sien en beleef in Abu Dhabi, maar het nog min gedeel van die dorp (stad) se ontstaan. Foto's en inligting is skaars en hulle begin nou eers geskiedenis neerskryf en plekke bewaar want dis eintlik nog 'n baie jong stad. Vanjaar op 2 Desember sal Abu Dhabi die hoofstad van die UAE en die grootste van die sewe emirate 37 jaar oud wees.

Alhoewel ek in die tien jaar hier, 'n verandering in die dorp het beleef soos julle nie sal glo nie (en daarvan gaan ek nog vertel), het ek nie hierdie tydperk se foto's self geneem nie :-) (bietjie voor my tyd). Sulke foto's is natuurlik ook skaars en ek het dit baie van die foto's van foto's geneem wat op uitstallings was ~so dankie aan al die onbekende fotograwe.Abu Dhabi se geskiedenis kan nagespoor word tot 3000 vC. Maar moenie kommer nie, ek gaan dit nie so ver haal nie. Vroeer jare was daar heelwat gevegte onder die verskillende familiestamme oor wie nou eintlik moet heers en veral tussen 1945 en 1948 was daar bloedige gevegte met Dubai oor die heersers totdat Abu Dhabi weggebreek het. Hierdie foto is van die eerstes wat van die Cornish geneem is. Die Cornish twee jaar nadat ons gekom het en vandag is dit alreeds weer anders maar ek wys annerdag van die foto'sOlie is in 1958 gevind en van toe af het die dorpie nooit weer teruggekyk nie. Die toe heerser sheikh Shakbut bin Sultan Al Nahayan was 'n versigtige man en het liewers die geld vir die olie gespaar ipv dit vir ontwikkeling te gebruik terwyl sy broer Zayed (later heerser) anders gedink het. Hy wou die geld vir die verbetering van die land en onderrig van sy mense gebruik. In 1966 besluit die heersende familie die Al Nahyans om Shakbut met Zayed te vervang en dit het die dorp ongelooflik laat verander. Die eerste hotel in die dorp die Hilton daardie jare. Met ons koms hierheen in 1998 was dit die hotel waar ons in gebly het, en vandag staan hy nog steeds. Alhoewel daar nou honderde fancy ander is, is hy nog een van die bestes in die dorp en lekker naby aan alles gelee.
Ons was bevoorreg om nog hier te kon wees onder sheikh Zayed as heerser. Hy was 'n man wat 'n hart gehad het vir sy mense, sy dorp, sy land en ook die expats. Met sy dood in 2004 is hy opgevolg deur sy seun sheikh Kalifa (tans heerser) wat anders dink en anders doen. Die dorp het weer begin verander en ou belangrike bakens en monumente is vervang, maar daaroor op 'n ander blog.

13 comments:

mariki said...

Interessant, Sandra, dankie. Lyk my elke nuwe "dorpsbaas" volg sy eie giere en grille.

Thea said...

Ongelooflik!! Dankie vir hierdie interessante kykie in die geskiedenis van Abu Dhabi Sandra!

Desire Fourie said...

Dankie dat jy julle tydelike tuiste ... kan nie glo julle is al 'n dekade daar nie ... se geskiedenis met ons deel. Baie interessant. Groete

Mariette. said...

Dit was nou 'n interessante inskrywing - Dankie nou weet ons ook bietjie meer van ons nuwe stad af.
Ek moet se ek bly baie lekker hier, en ek hou van die groei.
Ek kon my oe nie glo toe ek nou terug gekom het, en die baie nuwe villas hier om ons sien nie.

groete
x x x

Sandra said...

Dit is so Mariki, hulle redes verskil net. Party wil dit beter maak vir hulle mense en ander wil dit beter maak vir hulle sakke.


Elke keer as ek die ontwikkeling sien Thea dan is ek verstom van voor af ~ so 'n jong land en kyk hoe lyk dit met al die ontwikkeling.

Sandra said...

As mens 'n dekade se klink dit nogal baie Desire :) maar ja ons het nogal heelwat ontwikkeling hier gesien.

Die ontwikkeling is ongelooflik Mariette en alhoewel ek ook bly is ons bly nie meer op 'n sandduin nie, hou ek nie heeltemal van al die uitbreiding nie. Netnou is ons net soos Dubai en dit wil mens tog nie.

Charmaine said...

Dit is ongelooflik hoe hierdie land ontwikkel... die cornish verander en dat ons alles so voor ons oe sien gebeur. Wat in ander lande dekades neem gebeur in die land in maande. Goeie inskrywing maat

eilandkind/islandchild said...

Sjoe, wat geld darem kan doen ne.
Lekker naweek vir jou Sandra.

Sandra said...

Dankie maat. Ja ons kan werklik die veranderinge elke dag sien.

Geld speel 'n rol ja Eilandkind, maar jinne ek weet nie of dit altyd ten goede is nie. Hoop dit gaan al rustig daar op julle eiland.

Muriel said...

Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het Sandra. Lekker interessant gewees!

Desia said...

Ek hoop nie ek vra nou simpel of te persoonlike vrae nie: hoe lank beplan julle om daar te woon en werk? Gaan meeste mense soontoe om kontrakwerk te doen en as dit hernieu word bly hulle aan? Is sommige mense semi-permanent daar met geen plan om terug te keer na hul eie lande nie, totdat hulle soort van uitgeskop word?

Sandra said...

Muriel lekker om van jou te hoor, voel jy al beter?

Desia mens kan net hier kom bly as jy werk hier het en ja dis gewoonlik 'n jaar of 2 kontrak wat elke keer hernu word. Ons het na 2 jaar 'n oop kontrak. Mens kan nie hier permanent bly nie want daar is nie burgerskap nie ~ so almal bly tydelik. Ons sal nog graag wil bly totdat my jongste klaarmaak met skool maar mens kan nie regtig vooruit beplan nie, dis nie in ons hande nie. Dan is dit huistoe om af te tree.

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Ek moet sĂȘ dinge verander nogal hier oornag. Meer kere maak dit mens selfs nogal ongemaklik om te sien hoe daar met geld gespeel kan word hier in die UAE.

Maar dit is regtig 'n belewenis om hier te kan wees. Hoop regtig hulle maak 'n punt daarvan om al die geskiedkundige geboue te bewaar, want dit is iets wat hulle vir hulle kinders moet bewaar. Want dit is waar hulle vandaan kom.

Groetnis