Tuesday, October 14

Its a wolf, its a wolf

Die kinders en dorpie was nog klein toe ons Abu Dhabi toe getrek het. Winkelsentrums was nie-bestaande, dus was daar een keer 'n maand 'n uittog na Dubai, waar daar darem so 2/3 sentrums was. Vir een of ander rede was daar die spesifieke mall wat 'n reaksie van die agterste motorsitplek gelok het ... Lamcy Plaza. Die dorp en geboue het destyds by die Hard Rock cafe begin en dan vinnig daarna ry mens verby Lamcy en dan kom die Holloway-koor "It's a wooooolf, it's a wooooolf". Moenie vra hoekom nie, ek weet nie. Miskien het dit iets met 'n wolf en skaap (lam) te doen. So met ons vorige besoek het ons gou-gou ook by Lamcy gaan inloer om te kyk hoe dit 10 jaar later lyk en die antwoord was .... dis nog presies dieselfde en vir 'n mall in Dubai is dit nogal 'n prestasie wat almal brei uit. Miskien is hierdie lammetjie se wol nou op en kan nie uitge"brei" word nie. Dis 'n anderste mall met vyf oop vloere en die winkeltjies vloei so een binne die ander in en dis vreeslik deurmekaar. Baie bekende name soos Levi's en Mr Price is ook daar. Jinne kan mens dit in een asem noem? Maar niks kan hierdie twee shoppers onderkry nie en hulle het alklaar nuwe sakkies. Hier het Nelmari nog klere gesoek vir die dans tydens die Volleybal toer. Maar bidtyd is bidtyd en dan sit hulle sommer net 'n bordjie op die toonbank en niks kom agter slot en grendel nie. Ek onthou destyds hoe die kinders hulle kon verkyk aan 'n mannetjie wat op en af met 'n tou klim ... en ja.... na tien jaar klim die mannetjie nog, ek kon dit amper nie glo nie. Met moee voete en droe kele kon ons uiteindelik by Starbucks 'n sap kry om te drink. Shopping is nie vir sussies nie .... veral nie as mens saam met die pro's stap nie.

15 comments:

Anonymous said...

Iemand onthou duidelik BAIE beter as wat ek doen!

Desire Fourie said...

Kan nie glo julle is al sooo lank in die woestyn nie. Baie interessant om al hierdie sentrums van nader te bekyk en ek kan sien hoekom Nelmarie die 'shopping'so geniet. Mooi bly

Anonymous said...

Wat se jy seun, wat onthou jy nie?

Ja Desire ons is al 'n leeftyd in hierdie plek, deel van die duine.

Anonymous said...

Oudste, kan jy nie onthou hoe opgewonde julle altyd agter in die Galoper geraak het nie?

So tussen die koelbokse en ander pakkasie deur.Kan jy die Ramadan Kersfees se uiteet by TGIF onthou?

Anonymous said...

You can't remember our wolf phrase???
Shame on u!!
U and will came up with it!

Sandra said...

Eddie dit was 'n Ramadan Nuwe Jaar en James is seker nou "te oud" om te verjaar.

Dis reg sussie, se hom

Charmaine said...

In vergelyking met al die nuwe wonderlike malls is Lamcy nou oud en anders , maar steeds interessant.. ons is vreeslik bederf.

Sandra said...

Maat interessant is dat hulle website nog aandui hulle is die grootste mall in Dubai. Wys jou net hoe groot dit vir destyds was --- maar nou is dit baie baie defnitief nie naby aan die grootste nie.

retha said...

Dit is in Rooiberg.
Beslis nie n plek vir die 'action junkie'

Muriel said...

Mense maar hierdie twee meisiekinders kan shop!! Ek kom nie meer naby aan hulle nie, ek is verseker van my troon af geshop!

Dis so vreemd om niemand by die toonbanke te sien nie. Niks word toegesluit nie! Hier in SA is daar binne 5 minute niks in daardie winkel oor nie!

Die mannetjie is te oulik wat so op en afklim tussen die maan en sterre!! ;)

I think it's time to shop baby!
Ek gaan bietjie winkels toe. Ek sal net vir Daan sê dis Sandra se skuld, sy het my lus gemaak vir shopping *grin*

Lekker dag!
x x

Anonymous said...

Nee Muriel dis nie nodig om my as verskoning te gebruik om te gaan shop nie. Hierdie week was dit al boeke en donasies en masjiene .... gee Sheikh Teddie se beursie 'n af dag. :-)

Thea said...

Ek gaan ook môre shop, maar toemaar ek sal nie vir jou die skuld gee nie Sandra!! :lol: Mariette se ma het vir my van 'n oulike plekkie vertel in Edenvale en hier's 'n patio wat in Mexikaanse styl ge"decorate" moet word!!

Carla said...

Is daar so baie Suid-Afrikaners daar dat daar selfs 'n Mr.Price is? En ek het voorheen hier raakgelees daar's 'n Woolworths ook?!
Sou wat wou gee om 'n egte, regte Woolies hier te he.

Carla said...

Die kommentaar van Carla (my jongste)bo, is eintlik ek, Desia, weet nie hoekom ek op haar naam is nie, of is sy op myne...

Anonymous said...

Jy moet die shop geniet Thea en vertel van die goeters wat jy gesien het!

Desia hier is naby 20000 Suid-Afrikaners in die UAE en ja ons het drie groot woolies winkels hier - kan dalkies nou a meer wees. Die klere is dieselfde as by die huis net duurder en natuurlik is daar geen foodcourt nie.