Wednesday, October 8

Wat vang die seuns in hul vakansie aan?

Baie jare terug, nog voordat ek getroud is, het ek gereeld die Graad 7 Voortrekkerkamp in die Kaap bygewoon. Later het Eddie bygekom en nog later het James op drie maande sy eerste Gr 7 Provinsiekamp bygewoon. Selfs nadat ons Pretoria toe getrek het, het die Holloways gereeld September afgery Kaap toe om te gaan kamp, en het ek selfs 'n paar kinders van daar met Annie en Charmarine saamgeneem. Met ons tydelike verhuising UAE toe, was dit alles op 'n einde. Verlede jaar toe altwee seuns, nou baie jare later in SA was, wou hulle weer gaan kamp en dit was so lekker, dat die Groot Trek af Kaap toe weer hierdie September/Oktober plaasgevind het. Die getalle is minder, die terrein het verander maar so baie dinge is nog dieselfde ... Eddie het 'n verniet vliegkaartjie gehad en besluit om die mense/kinders op die kamp te gaan verras en natuurlik vir my foto's te neem. Dis 'n pragtige kampterrein by Bettiesbaai met die berg en see so by mens. Hier staan William by van die tente wat hy soggens moes gaan inspekteer het om te kyk of dit darem netjies en in 'n higieniese toestand gehou word. :-). (Dis nou wolf skaapwagter maak)Kyk net daai uitsig waarmee mens wakker word. MAAR as die ou windjie wat so lekker by die see kan waai sy sin kry, lyk die tente so die volgende dag ... Dit bring nou ou herinneringe van storm en reen kampe. Die kosrye vir etes was/is altyd 'n lekker plek vir kuier en opvang met al die nuus. Nou onthou ek 'n klein Van der Merwe op 'n kamp in Gauteng wat sy borde verloor het en sommer so bakhand sy pap wou kom haal. Kry vir jou 'n klip en kom eet saam lyk dit vir my .... Dit kan nou nie vreeslik gemaklik wees nie, maar hier van die woestyn se kant, lyk dit lekker koel en groen en mooi. Wat sal 'n kamp wees sonder lesings vir die kentekens waaraan gewerk word. Hier is James en Danette besig met 'n groepie kinders. Dit bly darem steeds 'n mooi uitsig om na te staar met die berg en see op die agtergrond. William het ook lesings aangebied en hy en sy groepie sit binne en luister wat die gevare van die see kan wees. James kry so tussen-in kans om bietjie van sy studies prakties toe te pas. Die groepie kinders en WIlliam le lekker en gesels, ek wonder waaroor? Anders as my tyd in die Voortrekkers word daar op hierdie Gr 7 kamp ook danslesse gegee. Die kinders word al die tradisionele danse geleer en hier is James besig om uit te help daarmee. William besig met sy opskepbeurt ... dit lyk amper soos fudge ... maar dit kan nie moontlik wees nie, want mens kry mos nie fudge op 'n kamp nie. As deel van die kentekenwerk wat die kinders doen, besoek hulle die Stony Point Natuurreservaat waar hulle spesifiek 'n "reddingsprogram" vir die Pikkewyne het. Kyk bietjie hier na die foto's van die besoek. Ek is baie seker die kinders het dit vreeslik geniet. Indien julle meer van hierdie reservaat wil lees kyk bietjie hier. Een van die persone van die reservaat het ook met die kinders kom praat en hier hou Danette 'n sertifikaat op wat die kinders gekry het vir geld wat hulle geskenk het om 'n "huisie" vir die pikkewyne te bou. Een van die lekkerste tye op 'n kamp veral vir die groepleiers is wanneer die son begin sak en jy amper 'n bietjie kan rus :-). Hierdie kinders sit en kyk na die sonsondergang oor die see. En nou is dit tyd vir die aandprogram. En wat is 'n aandprogram sonder 'n lekker kamplied en sang. Ander aktiwiteite gedurende die kamp was ook die modeparade, dinee en dans .... maar daardie foto's wys ek more.

11 comments:

Charmaine said...

Ai het dit my nou goed gedoen om so saam te kamp op hierdie mooi Oktober dag in hierdie WARM land. Soveel herinneringe... ek sien sommer kans vir die dag. Julle lyk soos ou gesoute Vories James en William.

Desire Fourie said...

Ai, hoe lus raak ek nie nou om in 'n tentjie te gaan kamp erens in SA se natuurskoon. My laaste slaap in 'n tentjie was tydens ons Visrivier Canyon hike so 6 jaar terug. Daardie sonsondergang is absoluut uniek aan SA. Mooi bly.

Anonymous said...

Ja dit was baie lekker. Ek dink ek gaan dit nogal mis volgende jaar na die 3 jaar wat ek weer gekamp het. Dis asof ons nooit uit die routine was van toe ons self nog voortrekkers was nie.

Anonymous said...

mmmmmm......kamp in die Kaap vir hierdie Vrystater het gemengde gevoelens. net tweekeer daar gekamp en altwee kere was dit uitsonderlike kampe :-) en :-(
Annie

Anonymous said...

Mens mis dit ne maat? Die seuns lyk nogal nie soos ouens wat jare lank in die buiteland in Engels moes skoolgaan nie.

Daar is pragtige staproetes in ons land met elke sy eie bekoring ne Desire. Kaap met sy wind en tente gaan net nie altyd so goed saam nie

Anonymous said...

James jy moes in die roetine kom vandag jy doek gedra het, so ek dink mens raak daaraan gewoond ... en natuurlik is oom Jan nog steeds die kampleier wat dinge dieselfde laat voel.

Annie ek weet van die een kamp, vertel bietjie van die ander een EN wie kry die :-( gesiggie? Jy moet vir Corli se om more te loer ... sy behoort 'n paar goed te onthou.

Anonymous said...

Sal haar se....Kamp in die algemeen in die kaap het :-( en :-) by my. Laas het ek gese van die koud kry....het jy al ooit n klomp kapenaars leer siel op n dam/pan genaamd Makouvlei??? Jy is permanenet in die water as hulle aan die stuur is!.!.!.!.
Annie

Anonymous said...

Annie Makouvlei? Was dit nie Katryntjiesdrift by Wellington nie?

eilandkind/islandchild said...

Ek dink dis beslis fudge daardie.

Anonymous said...

Eilandkind dan is die kampers darem baie gelukkig want in my "tyd" moes ons ons eie soetgoed saamneem.

Muriel said...

Ag dit lyk so mooi en lekker!!!