Friday, October 31

Will smokkel met my kop

Soos julle almal weet, is nie een kind dieselfde nie en so is dit ook in my drie se geval. James is die tipiese oudste en eerste in die manier wat hy dink en doen en Nelmari wel sy's tipies van die laaste en die jongste. En dan is daar William .... Voor Nelmari het ek baie gehoor hy is 'n tipiese middelkind, maar tot op hierdie stadium kon ek nog nie uitvind wat presies is 'n tipiese middelkind nie. Hierdie week moes ek weer 'n keer sien dat daar niemand so met my kop kan smokkel of probeer smokkel soos hy nie en sommer om dit op rekord te he, deel ek dit met julle. James het 'n adventure wedloop wat voorle en die sms kom waar hy vra of ek nie wil borg met 'n paar benodighede soos pleisters ens. nie. Terselfdertyd kom daar een van William wat vra of ek nie graag sy stem wil hoor nie (maw bel ma). Nou weet ek ook al dat as die een geld nodig het, het die ander een gewoonlik ook so ek kan maar net sowel altwee bel en hoor hoeveel ek moet oorbetaal. James verduidelik wat en hoekom hy dit nodig het en ek belowe om dit dadelik te betaal. Toe is dit William se beurt en nadat ons bietjie oor die studies en die nodigheid van swot gepraat het, vra ek hom wat hy nodig het. "Net 'n drukkie" vertel hy my. Wat kan 'n ma dan se?! In die eerste plek kan ek nie glo dat hy nie geld vra nie, en in die tweede plek klink 'n drukkie vir my goed. Dan vertel hy my dat hy baie lus is vir groente, regte groente ma nie gevriesde groente nie. Kry vir julle seun se ek. Ons weet nie regtig hoe om regte groente gaar te maak nie, kom die antwoord. Kan een van die meisies nie help nie vra ek? Dalkies moet jy by een van die canteen gaan eet seun, daar sal sekerlik groente wees. Ja, se hy, en Spur het lekker groente :-). Uitgevang .... in plaas dat hy vra vir geld om te gaan uiteet, betaal ek hom om asseblief tog groente te gaan eet. As bewys stuur hy darem 'n foto dat hy wel pampoen en spinasie geeet het.
Dankie julle twee vir die stories en foto's!

16 comments:

Desire Fourie said...

Ja nee, daar is darem niks so lekker soos heerlike vars groente voorberei deur liefdevolle hande.

Anonymous said...

Slim student! hehehehe!

Thea said...

Kinders weet presies hoƩ om 'n ma om hulle pinkie te draai! Slim!!! :-)

Anonymous said...

Ai! terwyl hy gespuir het was ek by die huis besig om te worry dat ek in die vrystaatse son gaan dehidreer!! Dis maar reg. Hy moet maar reg maak vir moeilik lewe as hy by die studente huis sonder sy broer intrek volgende jaar. hy is klaar in beheer van die jaar se laaste groceries dat hy bietjie kan leer hoe.

Anonymous said...

Ek het simpatie met tannie, ek kry dit ook so nou en dan van James. Behalwe met my gooi hy nog ogies ook! Hoe kan ek dan nee se :)

Sandra said...

Desire ek dink nie dit gaan oor die liefdevolle hande nie, hy wou net gaan uiteet het :-)

Kaalvoet as ek dit in die punte kan sien sal ek baie in my skik wees :-)

Thea hy wil kwansuis vir James ook leer hoe om vir my te vra vir geld want volgens hom is die manier baie belangrik. Ek wil nie eendag met hom besigheid probeer doen nie.

Sandra said...

Ouboet het jy hom nie mooi geleer vanjaar nie? In elk geval het julle mos darem ook kos gekry of het julle nie? Sal hulle nog van jou adventure vertel hierdie week.

Ogies Leane? Griet dit wil ek sien, klink of hy weer 3 jaar oud is. Jy moenie val daarvoor nie ~ sterk staan :-)

Anonymous said...

Sandra, ek het al baie geluister na die Viljoen boeties en sussies se grootword stories, en James klink na sy oupa Billy.
Blykbaar het jou pa ook net geweet hoe om ouma Kitty se hart sag te maak... En dan het sy ook maar net altyd kop geskud en gelag.
Oupa Billy se bloed loop dik deur James se are klink dit vir my.
Ai, hy sou dit nou so geniet het!!

mariki said...

Uitgevang!

Sandra said...

Ronelle, William het nie net sy oupa se naam nie, hy het defnitief sy besigheidskop en streke !!!

Hy word elke keer uitgevang Mariki maar leer ek? ... O nee !!

Charmaine said...

Ja nee maat. Die man het jou in die sak.:-)

Muriel said...

Whahahaha ons kinders smokkel inderdaad met ons koppe! Want as ons met ons kinders gesels doen ons dit met die hart en nie met die kop.

Dit lyk darem of hulle die uit-eet baie geniet het!

Sandra said...

Jy's so reg maat!

Hulle doen Muriel en hulle weet dit. Uiteet is altyd lekker maar nou op univ is dit 'n bonus en hulle geniet dit selfs meer.

Dorette said...

Baie slim! Ek is ook 'n middelkind, maar met die wat my twee ouers OOK altwee middelkinders is, was my "tegnieke" nie so effektief nie. (Dis nou my opinie - my ouers reken seker anders :-)

Anonymous said...

what can i say it takes years of practice... thanks for all the comments, but just dont let out all the secrets or i will be nowhere...

Sandra said...

Dorette ek dink ons ouers maak partykeer of die tegnieke effektief is :-)

Ek ken hulle almal seun!!