Saturday, October 18

Wat dink ek van myself?


Hoe moeiik kan dit wees om van myself te hou? Ek vermoed baie mense gaan nie se dis maklik nie ... en so was dit met ons eerste lessie van hierdie studie. Die les het gegaan oor "Myself" en daar is gepraat oor "Wat van myself hou ek van" en "Waarom dink ek God het my gemaak hoe ek ek?" Een van die vroue in die groep som hierdie les so op:


"Les een Sondagaand het gegaan oor myself en hoewel ek gedink het dat ek baie beter oor myself voel het ek agtergekom dat daar nog baie issues is wat my sommer laat huil het... deels omdat ek so graag myself deur Pa se oe wil sien en deels omdat ek nie voel ek maak vordering nie. Ek besef dat dit 'n totale verandering vra, van binne, wat natuurlik meer belangrik is, maar ook van buite,... sodat die groei wat van binne kom ook van buite sigbaar sal wees. Dat ek ook vir myself en vir ander mense sal lyk soos Pa my sien. Nie opgemuk en opgefieks nie, net so natuurlik mooi soos Hy my met soveel trots gemaak het. Ek wil nederig lief wees vir myself omdat Hy my Maker is."

More word die praktiese deel, die scrapblad gemaak. Is daar 'n Afrikaanse naam vir "scrapbook"? en ons sien uit daarna om dit met julle te deel. Vir voorbereiding moes ons heelwat dink en soek werk doen. Baie bloglesers het aangedui dat hulle saam met ons die studie gaan doen en ons sien uit om julle bydrae hierdie week op blog of met epos te sien. As julle bietjie vergeet het wat die huiswerk was, loer hier .


"When I look at the night sky and see the work of your fingers -

the moon and the stars you have set in place -

what are mortals that you should think of us,

mere humans that you should care for us?

For you made us only a little lower than God,

and you crowned us with glory and honor"

(Psalm 8:3 - 5)

11 comments:

Thea said...

Sandra, ek het al die woord plakboekkuns raak gelees iewers. Ek vermoed dit kan dalk die Afrikaans vir scrapbooking wees.

Alhoewel ek baie min vrye tyd het op die oomblik wil ek vra of jy nie asb vir my ook die vrae sal e-mail nie. Miskien kry ek dalk net iewers tyd om ook deel te neem. Indien ek nie by dit uitkom nie, gaan ek julle beslis volg. Dit lyk vir my na 'n lekker projek wat julle aanpak. Soos jy weet doen ek egter net digital scrapbooking.

Desire Fourie said...

Hi Sandra. Daar is op die oomblik op die DSTV Kyknet kanaal 'n program wat oor scrapbooking handel en die naam van die program is fotostories, wat ek dink nogal 'n baie geskikte afrikaanse naam is vir scrapbooking ... so dalk moet ons van nou af van FOTOSTORIE praat. Mooi bly en lekker werk aan die volgende les. Groete van Gauteng

Sandra said...

Thea ons is nog maar by les 1 en geniet dit reeds baie. Dis nie baie doen werk soos wat dit dinkwerk is nie. Die laaste week praat ek en Nelmari net oor gebeure en wat dit beteken het vir ons. Baie waarvoor ons dankbaar kan wees.

Ek stuur vir jou die vrae

Sandra said...

Ek hou nogal van die woord Fotostories ... Hoekom sal die engelse woord van "scrap" praat dink jy Desire?

Muriel said...

Hi Sandra, die naweek is verby en dit was wonderlik. Ons kontrak is Vrydag klaar, kan jy glo? Die toetswerk op die pad is klaar, net môre gou kalibrasie gaan doen. Ag en dit het gereën. Ek was uit my vel uit!

Ek gaan vanaand bietjie aan my fotostories werk. Die woord klink nou vir my snaaks. Miskien moet ek meer kyknet kyk. Ek is spyt ek het die vorige episodes gemis.

Wees net gewaarsku ek weet nog niks van hierdie storie af nie. Is daar spesiale gereedskap nodig?

Lekker week vir julle almal!

x x

Sandra said...

Muriel bly dat die kontrak vir julle so ampertjies kaar is!

Fotostories is vir my ook 'n vreemde naam want baie mense gebruik nie altyd net foto's vir scrapbook. Allerhande goetertjies ens. soos ouma se laslappies word ook gebruik ... ons moet maar 'n eie naam uitdink.

Jy het mos die vorige vrae en goed gekry en ons sien uit na jou prentjie. Ek stuur more die tweede prentjie se inligting uit!

retha said...

'scrap' het moontlik te doen dat vlentertjies inligting, memoires, n treinkaartjie en wat nog bymekaar gebring is om te bere vir weer kyk. Nie net dit wat weggegooi word nie, ook dit wat net n deeltjie is.

[n bietjie Engels,
1. Something scraped off; hence, a small piece; a bit; a fragment; a detached, incomplete portion.

I have no materials -- not a scrap. --De Quincey.

2. Specifically, a fragment of something written or printed; a brief excerpt; an unconnected extract.
Dit is nou oor]

Iemand het eenkeer van n 'onthou boek' gepraat.

Sandra said...

Retha die woord flenters se so lekker. Ons sal maar 'n woord moet begin uitdink wat almal sal tevrede stel. Dankie vir die verduideliking van scrap, dit kan dalk help met ons nuwe woordsoek.

Charmaine said...

Ek dink ook 'n woord met flenters in die middel sal baie goed werk. Maar fotostories klink vir my soos dit is. Watse woord ons ookal daarvaaor gebruik, die eerste ervaring daarvan was so 'n fees. en op die ou end se die flenters wat mens bymekaar sit tog 'n mondvol.

mariki said...

Jou vriendin het die les goed opgesom.

Amy Carmichael:

"Perhaps we are allowed to feel our nothingness, so that we may in the depths of our heart understand those words "Without Me ye can do nothing." I think there was something of this in our Lord Jesus' mind when he told the story of one who had nothing to set before his friend--not a crumb--and it was midnight. He will give us not just crumbs, but loaves--"He will rise and give him as many as he needeth.""

En 'n vriendin:

i don't know about you, but i can't do it. i cannot live without Him...and believe me, i have tried. I just messed up things more than what they were. It's in knowing that i am helpless that makes me see the broader picture. i NEED to be reminded daily to rely on Him. my old nature gets in the way though...so, i do need to be reminded daily, because of my nothingness, to rely on Him.

Anonymous said...

Dit was 'n fees was dit nie maat?

Pragtige stukke Mariki, dankie dat jy dit met ons gedeel het.