Thursday, October 23

'n Nuwe webblad vat mens jare terug

So tussen 'n man wat van 'n stukkende stoel afval op TV en die rand wat by die minuut versleg lees ek van 'n nuwe webblad wat nou so gewild is. Natuurlik wil ek gou gaan kyk. Dis 'n plek waar jy jou foto kan dokter dat dit lyk asof jy in 'n sekere jaar op universiteit was ~ die hare en klere is volgens die mode van daardie tyd. Om myself nou in een van daardie haarstyle te plaas is sinloos, want ek het mos die ware jakob in albums, dus het ek die kinders probeer. Ek kort nog bietjie oefening en soek vir die regte foto's maar die speeltyd was heerlik.
Die gesig moet nog kleiner gemaak word, maar sy lyk nie te sleg as 'n blond nie.
Sy gesiggie is te klein vir die foto .... ek moet net aanhou oefen.
Nota aan myself, maak net die foto kleiner dan werk dit. Hy pas mooi in ek moet net 'n foto sonder kuif he.
Hier is hulle al drie in 1956 .... nou kan ek darem duidelik 'n trek tussen die drie sien. As julle lus is om bietjie te speel, gaan loer hier. Geniet dit!

7 comments:

Thea said...

Sandra, ek gaan nĂ¡ die naweek terugkom en verder kom speel. Dis 'n oulike website wat jy ontdek het.

Ek gaan stil wees op die blogs vir die res van die naweek want ons familie gaan bietjie almal saam kuier op 'n wildsplaas naby Naboomspruit.

Geniet jou naweek en julle Bybelstudie en scrapbooking. Ek het darem gister by die Bybelstudie uitgekom maar nog nie by die scrapbooking nie.

Anonymous said...

Thea julle moet die naweek vreeslik geniet en kkom vertel.

Sien uit daarna om jou scrapbook blad te sien.

Desire Fourie said...

Ja nee, ek het te lekker gelag vir die gebreekte stoel en groot val episode ... net in SA waar die stoel so 'n swak kwaliteit kan wees. Hierdie oormaak van fotos na die jaar toet is uitstekend.

Anonymous said...

Ek het die speel met die foto's baie geniet Desire. Mens kan lekker vinnig van 1950 na 2000 toe gaan.

Muriel said...

Dis 'n oulike website, ek het probeer maar sal ook eers gou my foto's moet gaan klein maak!

Geniet die naweek!

retha said...

Dit lyk nou werklik na n plek wat groot gelag kan ontketen.

Anonymous said...

Muriel ek wonder of die foto's se grootte nie iets met die malls wat mens moet kies langsaand te doen het nie?

Ek het dit geniet om daar rondtespeel Retha en sal dit waarskynlik nog 'n paar keer probeer.