Monday, October 6

Wie is die wenner ?

Los nou vir Charmaine en Nelmari in 'n "nuwe" mall met die uitdaging van die "shopping queen" titel en jy's in vir moeilikheid en besig wees om al agter hulle aan te hardloop en bewyse te soek. Charmaine kan juis haar ratte so in 4de sit en dan vat sy die pad en mens moet net byhou ... en dit lyk my het Nelmari ook nou aangeleer al. Die eerste stop is vir "ietsie" vir Charmaine se gunsteling pop, en toe begin die loop ... Altwee loop so gelyk na Marks & Spencer se winkelvenster toe ... hulle wil tog nie iets mis nie. Alreeds is daar sakke in die hande. Hierdie winkel het sulke anderste klere en die twee is baie geinteresseerd en bespreek alles. Ek wil net sug, het ek maar geweet dat dit 'n vulletjie is, want langsaan is 'n "nuwe" winkel Oasis. In die winkel raak die twee heel weggevoer en sien ons rokke vir troues wat gaan kom tot en met 2020. Julle weet dat 'n kraai dood oor blinkgoed ... wel hierdie twee word aangetrek deur pers goed! Nelmari dink aan die "hi tea" wat sy vir haar volgende verjaarsdag wil he en pas een van die hoedjies aan. Dis teetyd en ons wat vir die hysbak foodcourt toe. Ek neem nou nie gewoonlik foto's van 'n hybak nie, maar hierdie een het sulke water wat van die panele afloop en party van ons weet nie waar mens die knoppie tussen die water kan kry nie. Nog van die glaspanele terwyl ons met die hysbank ry. Julle onthou die persdingetjie op 'n vorige foto? Wel dit moet aangepas word en ons moet kyk ... die menses in die badkamer dink natuurlik ons is koekoes. Dan hou sy dit sommer aan terwyl ons gaan klein balletjie roomys eet .... dis baie lekker en elkeen verskillende geure. Charmaine het nou nog nie 'n hoed vir die hi tea nie en probeer die een aan ... ek dink nogal nie so nie.... Wat van hierdie een vra sy volgende? Ek moet julle vertel dat my vriendin 'n sucker is vir mense wat bemarking van produkte doen en hier het die vrou van die parfuum winkel haar oorreed dat ons moet kom ruik. Sy het lank met die vrou gepraat en sal vir julle kan inligting gee oor die Engelse parfume wat hier verkoop word. Kyk hoe le die stokkies reg vir die ruik. Ek en Nelmari is lekker bederf toe sy vir ons al drie 'n reuk van ons keuse koop net vir sommer. Dankie maat! Met die aankope wen sy loshande die eerste skof van ons shopping queen kompetisie. Die helfde van die pakkies wat Nelmari dra is Charmaine s'n. Elriza jou ma kan jou nou kompetisie gee.

14 comments:

Desire Fourie said...

Sien baie uit daarna om die fotos van die high tea te sien. Die uitrustings behoort baie interessant te wees, veral na dese se inkopies. Mooi bly

Anonymous said...

'ons' eet balletjies roomys...???

Thea said...

Die high tea klink heel interessant!!

Sandra, ek sal net graag wil weet waar's die ander shoppers? Koop die ryk Arabiere ooit in hulle eie malls of koop hulle net in Parys en Londen?

En waar steek jy jou inkopiesakke weg Sandra?? ;-)

Anonymous said...

Desire ons moet ook die moed bymekaarskraap om in uitrusting en hoede in die publiek te gaan teedrink.

Het jy gesien hoe klein is daai balletjies Ronelle ?!?! En dis 'n klein bakkie !!

Anonymous said...

Nee jong Thea die Arabiere dood oor koop en dan koop hulle sommer 'n dosyn van 'n soort. Hulle ou ook van laaaaaat slaap en as mens voor twee in die mall is, dan doedoe hulle nog. Dis in die agtermiddag en aand wat die malls spoed optel.

Regtig niks sakkies vir my nie. Ek's 'n slegte shopper.

Anonymous said...

hmmmm ek se niks. Sal Desember daaroor gesels ;-)

Charmaine said...

Ronelle jy sal moet sorg dat Sandra in die winkels komn Desember. Maat dis oor die kamera dat jy nie shop nie.:-) Ek en Nelmari gee nou op met koes.

Anonymous said...

Ons kan Desember gesels ja ..:-). Roomys is gelukkig meer 'n uitsondering as 'n reel....

Maat ek het nie so baie geld soos jy nie en as Nelmari klaar geshop het is ek nog meer broke.

Muriel said...

Whahaha ek het al hierdie foto's in my geheime album gesave!! Dis pragtig!! Die tweetjies lyk so stout en hulle geniet hulle gate uit!!

Dis my droom om saam die 2 die shops in te vaar!! Maar ons sal helpers moet kry om die sakke te dra!

Ek sien die mooiste handsakke, ek is mos dood oor 'n handsak!! Regtig dis nog my ondergang. Ek moet bietjie blog daaroor, dan sal julle verstaan!!

Dis 'n pragtige parfuum winkel, julle is lekker bederf!!!

My gunsteling foto's is waar Nelmari 'n hoedjie aanpas, en Charmaine wat so stout lyk met die hoedjie wat vir my na haasoortjies lyk!! he he
En dan verseker die heel laaste een, hulle lyk erg stout met al daai pakkies. Kyk die gesiggies!!! whahaha

Dankie vir die inskrywing Sandra, ek het dit baie geniet :-)

Anonymous said...

Muriel moenie dat "fluister" (Charmaine) agterkom jy het daai foto's gesave nie.

Ek kan altyd die waentjie met die sakke stoot solank ek net 'n vryheid het vir foto's.

Olifante, kamele, sheikhs, indie, frankryk, feetjies, parfuum, ens. ens EN HANDSAKKE?!!! Wow!

Dis pienk hartjies wat sy op haar ore sit en nie haasoortjies nie :-) en JA die twee van hulle saam is baie stout.

Muriel said...

Ek fluister terug.... ek kon myself nie help nie. Hulle lyk te cute !!!
Dis "classic" daai verleƫ gesiggies op die laaste foto....spreek boekdele!

O is dit hartjies wat op haar ore sit!!! Dit maak dit nog meer spesiaal!! he he

Sandra, dan is dit afgespreek jy sal die waentjie stoot!

Anairam said...

Dankie dat jy by fra(a)ing in geloer het. Dit lyk nogal interessant daar by julle in die woestyn, my broerskind bly ook daar met sy ma. But what's with the stained glass windows? Nee man, daai malls lyk soos kerke. Miskien is dit nogal gepas - Die Katedraal van Koop!

Charmaine said...

Haai Muriel en Sandra ek sien julle praat allerhande goeters agter my rug... dis nie mooi nie julle. Muriel dit sal 'n fees wees om saam met jou te shop en ai maat... Ek sal die kamera dra.

Anonymous said...

Waentjie stoot en foto's neem Muriel!!

Anairam welkom ook hier. Jy's reg met die Katedraal van Koop ... en dan het hulle nog een op elke hoek!

Ons praat nie lelik agter jou rug nie maat. En jy met die kamera ... nee jy sal dit of vergeet of vergeet om af te neem - ek sal liewers mamaratzi