Monday, October 20

Varsity kampioene

Die meisies is al 'n week of so terug en hierdie ma bly in die moeilikheid omdat sy nog nie iets daaroor geskryf het nie. Met groot opwinding het die Varsity spanne vir hulle toernooi in Oman vertrek soos ek hier vertel het, en ons het gehoop dat veral ons dogters span 'n goeie toernooi sou he. Nelmari was vir 'n dubbele rede opgewonde, sy sou "gehost" word deur 'n ou-ou skoolmaatjie wat saam met haar skool in Abu Dhabi begin het. Nou kan ek natuurlik vertel van wat is 'n spesiale vriend regtig ... maar ek gaan net se dat dit oa iemand is met wie jy drade kan optel na 'n lang tyd en voel asof julle mekaar gister gesien het. Nelmari en Michelle (wat 'n Duitse pa en Braziliaanse ma het) was maatjies vanaf hulle eerste skooldag in KG (kindergarten) in Abu Dhabi. Saam gespeel, mekaar se skoene gedra ens. :-). Groot hartseer toe Michelle se pa na Suid-Afrika van alle plekke verplaas word, totdat hulle agterkom, hulle sal mekaar nog steeds sien vir 'n sleepover in SA wat elke vakansie toe gebeur het. Na 'n klompe jare word hulle Oman toe verplaas en Nelmari het ook al daar vir haar gaan kuier. Toe Michelle hoor hulle skool "host" die span van Abu Dhabi is daar dadelik aansoek gedoen dat Nelmari by haar bly en hulle het soos klein KG maatjies die slapies afgetel. Ons moes natuurlik ook seker maak dat Michelle se nou SA soettand met Fizzers ens. gestil word. Hule het in die aftye van die toernooi behoorlik 'n hond uit 'n bos gekuier. Hier is Nelmari, Michelle en Olivereen saam. Maar die blog gaan mos eintlik oor die toernooi. Die meisies het oa teen spanne van Qatar, Oman en Egipte gespeel en na al die uitspeelwedstryde was hulle 1ste gekeur en toe het ons al geweet hier kom 'n ding. Hulle verloor net een wedstryd die hele toernooi en dis dan ook die span teen wie hulle in die finaal te staan kom. Die afrigter is egter vasbeslote om die meisies vars en uitgerus in die finaal te laat speel en hulle rus sommer so op die paviljoen voor die wedstryd. Met 'n laaste spanpraatjie of twee is dit tyd vir die wedstryd waarvoor hulle die hele seisoen voor gewerk het. En ons dogters stel ons nie teleur nie, hulle wen die span van Qatar ... soos Nelmari se "we kicked their ass". Mooi so Lions ons is baie baie trots op julle en op jou sussie vir 'n goeie toernooi. Seuns ek moet julle vertel dat die coach (wat oa vir James en William ook afgerig het) op 'n stadium vir Nelmari geskree het, "Nelmari spike the ball .... you have James's head and Williams arm!). Dit was skooltyd toe die spanne terugkom, maar van die mammas het mooi gestaan en sing "we are the champions" as verwelkoming.


GO LIONS ....TYD VIR DIE VOLGENDE SPORT!

11 comments:

Thea said...

Baie geluk met julle prestasie Nelmari!! Ek's bly dat jy darem ook 'n lekker kuiertjie saam met jou vriendin kon inkry!

Anonymous said...

Weereens mooi werk my skat, baie trots op julle ou "spanetjie"!
Ek glo Michelle het toe al die laaste-minuut-gekoopte SA lekkers vreeslik geniet, al was jou pa se tasse alweer 44 kg.

Anonymous said...

HI sis knew you could do it!!!! Very happy for you guys, and how did the guys do? it prob went down hill since James and I left. Just think if there was a team with us 3 in it...

Anonymous said...

Baie mooi sussie, en ek kan dit maar weer se. Nou is dit jou verandwoordelikheid om die skool te dra vir die volgende paar jaar tot jy ook n senior in die span is

Anonymous said...

Thanx everyone!!!
Ja the boys team went a bit down hill....
But the girls keep getting better!!
tc

Charmaine said...

Ek moet darem net se hoe ek net so hoedervleis gekry het van trots wees op jou Nelmari. Ek is ook bly vir jou dat die vriendskap met Michelle so mooi bly.
Liefde, jou ander mama

Muriel said...

Geluk met julle prestasie Nelmari!

Niks so lekker om weer saam 'n beste vriendin te kuier nie! Ek kan sommer sien en hoor julle het dit gate uit geniet!

Met soveel aanmoediging soos ek hierbo lees, kon julle nie verloor nie!!! he he

Desire Fourie said...

Baie geluk Nelmari en die res van die span. Julle mag maar met julle koppe hoog loop en trots wees. Wel julle kon nie anders as om te seevier met so 'n lojale ondersteuningspan nie ...

Anonymous said...

Dis 'n dierbare storie van die twee maaikies! Julle moet al lank daar in die woestyn wees as sy daar in die Kindergarden was?

O ja! En geluk met die wen!

mariki said...

Oe, die warm kombersie van vriendskap!

Groot lekkerte daardie wen, né.

Anonymous said...

Dankie aan almal van julle, ons is baie trots op die meisies (fluister - nog meer omdat 50% van die in die finale span Suid-Afrikaners was) :-).

Nelmari is baie geseend om reeds op hierdie jong ouderdom so 'n spesiae vriendin te he dink ek.

Boendoes ons is al sandkorrels en deel van die woestyn ... tien jaar.