Friday, October 10

Die seuns is plesierig...en dan maak hulle so

Julle klomp ou Gr 7 kampers, Corli, Elriza, Annie & Charmaine - hierdie blog sal vir julle baie bekend lyk selfs al is dit meer as tien jaar later... (Die video kwaliteit is nie so goed nie, maar dit sal julle bietjie die atmosfeer en pret laat voel)

Tydens die kamp het dit nou al tradisie geword dat daar 'n "modevertoning" plaasvind. Omdat daar baie klem op bewaring geplaas word, word die kinders ook bewus gemaak van vuilgoed en veral plastiek in die natuur. Daar word dan tydens die kamp geleentheid gegee vir die kinders om die plastiek te "recycle" deur vir hulle 'n uitrusting vir die modevertoning te maak. Meisies onthou julle dat tydens 1998 (ek dink) was die wenner een van "ons" kinders?




Min het ek gedink dat tien jaar later my seun ook vir hom sal sit en 'n pak klere maak van plastiek.

Hy lyk baie ernstig. Dit kan my nogal geld spaar as hy dit kan regkry. William is natuurlik ook die een wat sonder blik of bloos enigiets sal dra en nie omgee wat die mense se nie.


Ongelukkig het die poging van hom nie gewerk nie. Die meisies egter het ongelooflike skeppings gehad. Hier staan hulle gereed om voor die beoordelaars te verskyn met hulle uitrustings. Die wenner saam met die ander deelnemers. Ek weet nie of daar nog 'n kompetisie vir die seuns ook is nie, maar destyds het die seuns Mnr Slim Jan of iets gekies en James was nogal die wenner.

Dan die ander lekker van die kamp is die dansery. Die kinders word 'n klomp van die tradisionele danse, wat besig is om verlore te gaan geleer. En ja, as tiener kan mens nogal gesig trek as jy dit hoor, maar net totdat jy begin dans ... dan het almal sports, soos julle op die klein kort video clips sal sien.



James en Danette demonstreer hier vir die kinders die wals (Kan jy dit glo Leane?). Maar kyk die outjie op die agtergrond wat die "steps" probeer oefen :-). Ek wens ek kan julle die video wys van baie jare terug toe James daai kleintjie was.


Hier begin dit al beter gaan en dit lyk selfs asof die kinders regtig wals.



William kry ook sy kans om te wys wat hy kan doen met die wals.




Dan oefen hulle ook hierdie "lyn-dans" (of wat's die regte naam). Hou die ou met die blou sweetpak baadjie dop op altwee video's. Skuus vir die donker aan die begin, maar die saal se beligting nie te goed.



Hier leer die kinders nog 'n nuwe ou dans. Weet julle wat mens die een noem: Met die aanbreek van die laaste aand van die kamp is dit al jare die gebruik om 'n dinee te hou wat die kinders self doen. Dink julle nie die "eetsaal" het 'n mooi uitsig nie?



Daar word ook gewys wat hulle met die danse geleer het, en hier is almal nou in uniform besig om te dans.





Hierdie video het James verlede jaar met sy foon geneem - William (rooi hemp) en die kinders doen die lyn-dans. Ongelukkig kan mens glad nie die musiek hoor nie, maar hulle is mooi gelyk dink julle nie? Foto's word ook geneem van alles en almal op die kamp. Hier is William, Eddie en James. En dan is die kamp verby en die seuns kry nog vir oulaas tyd om walvisse te kyk voordat hulle terug gaan Bloemfontein toe.

13 comments:

Charmaine said...

Ai wonderlike herinneringe. Ek is so beindruk hoe julle daardie danse bemeester Jmaes en William!! Die lyndans lyk na een van daardie wat mens se voete en bene so kan koek. Ek oefen baie lan voor dit apmer reg lyk. Ek loop in myself vas daarmee. Wat van 'n reunie vir die kamp volgende jaar Annie en Sandra en Corli, Nelmari, James en Elriza en DJ. Ons kan DJ sommer bietjie van die kultuur leer en dalk kan hy help met daardie lyndanse.

Thea said...

Ai dit lyk of dit die seuns darem maar 'n baie lekker tydjie gehad het!! Op sulke kampe het mens mos baie sports en word daar baie gelag!

Die "uitrustings" van plastiek is baie oulik! :-)

En die uitsig is "to die for"!

Pragtige foto'tjie ook van trotse pa en "handsome" seuns!

eilandkind/islandchild said...

Ai dit lyk na vetpret!
Hoe verlang ek nou sommer na my familie!

Anonymous said...

Om James te sien dans is beslis iets nuuts! Intussen dink ek het hy die dans 'bug' gekry en moes ek al saam wals (nie my sterk punt nie). Nou moet ek hom net kry om bietjie te sokkie! ;)

Anonymous said...

Ek dink ons het ernstig hulp nodig met die lyndanse maat. Maar al die toere en reunies gaan ons besig hou, sover het ons die fairy lekker Kaap toer en die Tannies UK toer nou wil jy nog 'n kamp ene?

Ja Thea ek dink die kamp was groot pret want hulle is nou al reg om volgende jaar weer te gaan

Anonymous said...

Stem Eilandkind.

Die sokkie wil ek sien Leane. Miskien moet jy vir hom se dis 'n sport.

Muriel said...

Ek hou van die sak klere he he
Wow die laaste foto is vreeslik mooi!

Ek het hierdie inskrywing baie geniet so tussen die dans passies deur!

Anonymous said...

Mens kan darem baie geld spaar as die sakklere gewild raak dink jy nie?

Anonymous said...

Hi tannie. Dit was darem baie lekker om na die fotos en videos te kyk. Dit het my so herhinder aan toe ons 13 jaar oud was en al die sports geniet het. En om te dink William inspekteer nou tente! Wat ek wel moet noem dat die Heide altyd gewen het! Dit was baie lekker memories, dankie! O, en ek moet se, ek beplan al klaar vir julle visit hier na my kant toe! Corli

Anonymous said...

Hi tannie. Dit was darem baie lekker om na die fotos en videos te kyk. Dit het my so herhinder aan toe ons 13 jaar oud was en al die sports geniet het. En om te dink William inspekteer nou tente! Wat ek wel moet noem dat die Heide altyd gewen het! Dit was baie lekker memories, dankie! O, en ek moet se, ek beplan al klaar vir julle visit hier na my kant toe! Corli

Charmaine said...

Die Heide was regtig uniek en spesiaal Corli, omdat elkeen van julle meisies sulke spesiale wenners is. Ons sien uit na ons kuier daar waar jy nou in verre lande bly.

Anonymous said...

Hi Corli lekker om van jou te hoor. Jy word ook nou oud met die dat Will al tente inspekteur :-). Die Heide was nie so 'n "slegte" span nie (nou beter ek seker koes vir 'n hou ... van jy weet wie).

Ons sien uit daarna om te sien wat jy vir ons beplan.

Anonymous said...

Maat ek stem saam die Heide was uniek en spesiaal soos 'n paar ander spanne ook waaraan ek kan dink :-). Maar die Gr 7 kamp het hulle maar gesukkel in die koue met hulle tannie wat nie kon opstaan nie?!