Thursday, October 16

Bo blink en onder ....

As jy daaraan dink om Dubai toe te trek .... dink baie mooi!
So 'n week of wat terug het ek die geleentheid gehad om nog 'n blogleser en ook Leane se ma in Dubai te ontmoet. Ons reel om mekaar by die Uptown Mall in Dubai te kry en vir ons is dit heeltemal 'n nuwe plek en doooooodstil. Die mall is so in 'n sirkel gebou en die winkels loop almal op die "plein" uit. Ek vermoed die hitte maak dit bietjie minder lekker om hier rond te loop en ons moet dadelik sit om iets koels te drink. Sue wys ons bietjie rond. Dat 'n nuweling in die dorp ons nou moet wys ... Sy vertel ons bietjie van haar nuwe werk as onderwyser vir die arabiese kinders. Die onderwerp gaan na agente in SA wat mense onder verkeerde indruk bring en hoeveel jongmense onder haaglike omstandighede hier moet leef en werk.

Ons gaan maak ook 'n draai by die Canal Walk sentrum.

Gister weer hoor ek van 'n jong meisie van SA wat dieselfde ondervinding het nadat sy vir 'n bekende hotel kom werk het. Ek weet ek skryf baie van die lekker plekke en die goed wat ons doen, maar ek wil tog so die mense by die huis waarsku .... alles is nie maanskyn en rose nie.

Hier loop hulle langs die kanaal af waar mens ook met bote kan vaar

Baie firmas beskou Suid-Afrikaners as "goedkoop-arbeid". Die salarisse lyk aanloklik, want hulle sit die verblyf en vliegtuigkaartjie en al daai goed by wat in elk geval deur die landswet verpligtend is en dan prop hulle 9 of 16 mense in 'n huis onder haglike omstandighede! En dan van almal word SA omtrent die minste betaal.

In een van die gang by die mall en Sue en Charmaine is my kms voor.


Die paspoorte word weggeneem dat jy nie die land kan verlaat nie en en en en nog klomp ander goed. Dis veral die mense in die onderwys en jongmense wat in die hotelle kom werk wat ingeloop word.
Sue soek kussingslope

Ek se nie moenie so 'n opsie oorweeg nie, ek se net maak baie seker van alles, soos vir wie en waar jy gaan bly en werk. En vra maar vir mense wat hier bly wat hulle dink. Wanneer jy vir die regte maatskappy werk en betaal word vir wat jy werd is, hoef jy nie tweekeer te dink om te kom nie maar as jy nie seker is nie .... dink seblief mooi.Onthou net die gras is partykeer groener aan die ander kant omdat daar meer mis op is .... maar hier is darem lekker roomys soos Sue wys toe sy nie kon besluit wat sy wil he nie.

18 comments:

Thea said...
This comment has been removed by the author.
Thea said...

andra, ek's bly jy vertel ons ook van die "nie so lekker dinge nie". As ek ooit van iemand hoor wat daar wil gaan werk, kan mens hulle dan waarsku waarvoor hulle moet oplet.

Goeiste, hoeveel shopping malls is daar in Dubai? En Abu Dhabi?

Ek het arme Mariette gepeper met die vrae Maandag oor die lewe daar. Nie dat ons self planne het om daarnatoe te gaan nie, maar oor dit vir my so interessant is om te hoor hoe mense 'n ander land beleef.

16/10/08 09:18

Thea said...

Skuus Sandra, ek het my eerste comment gedelete want ek het 'n sin verkeerd bewoord. En daar laat ek toe weer die S van Sandra uit toe ek die tweede keer kommentaar lewer! Ai, dis wat net 4 ure se slaap aan 'n mens doen!! Manlief is nie by die huis nie, dan slaap ek nie goed nie!!

Desire Fourie said...

Dis interessant dat jy noem dat alles nie maanskyn en rose daar is nie. Ek weet nie of julle die Kyknet sepie Binnelanders daar volg nie, maar op die oomblik is daar 'n storielyn in Binneland waar twee verpleegsters terugkeer na SA agv ek neem aan dit wat jy in hierdie blogskrywe noem. Mooi bly.

Sandra said...

Thea die mense moet net so seker maak van die maatskappy waarnatoe hulle kom en of die salaris werklik "goed" is. Maw gaan dit genoeg wees vir die hoe kostes hier en om nog te spaar want dit is gewoonlik die rede hoekom mense hier wil kom werk.

Hoop jy kan bietjie opvang op die slaap en dat jy en Mariette heerlike gekuier het!

Sandra said...

Desire ons en baie ander mense bly heerlik hier maar daar is maatskappye wat die SAfrikaners uitbuit, veral die laaste jaar of so.

Ons het DSTV maar kan nie Kyknet kyk nie so ek weet nie van Binnelanders nie --- wat ek wel weet is dat die mediese beroepe hier baie lief is om SAfrikaners aan te stel oor hulle bekwaamheid en sover ek weet kyk die meeste van die groot hospitale goed na hulle. Dis die klein onbekendes wat kan probleme veroorsaak. (Hang nogal af watter nasionaliteit die baas is)

Charmaine said...

Ek kan net beaam en se wees versigtig. Baie ander mense se omstandighde is hier beter as in hulle eie land en daarom vat die ouens kanse en prop bv 8 mense in 'n tweeslaapkamer plek in waar die een toilet nie werk en die kokkerotte hoogty vier. Baie blinkoog jongmense se drome reen nat hier, maar daar is soveel ander wat heerlik bly. Kom kyk liewer eers of vra iemand om te gaan kyk voor jy kom... sou my raad wees.

Sandra said...

Ek neem aan met "baie ander mense" bedoel jy van die ander nasionaliteite wat saam met die SAfrikaners in 'n kamer of huis gesit word.

Ek stem saam ondersoek alles eers baie goed!!

Anonymous said...

Ek wonder nou net. Wat van die jongmense wat nou daar sit in die omstandighede, is daar iemand wat kan en help? Yolandi

retha said...

Elke een wat al ooit in UAE was het n ander foto of storie oor n winkel sentrum. Lyk my hul moet hul self as die winkel mekka adverteer.
Ek moet se elke een is besonders. Al daar die blink vloere maak seker dat n mens moeilik met polfye daar stap. Dan ook met so baie plekke om te gaan is dit seker in elk geval onprakties.

Sandra said...

Yolandi mens altyd probeer om vir hulle 'n onderseuningsstruktuur daar te kry dmv oa die kerk en mense wat kan help. Mens kan selfs die ambassade probeer maar SA s'n nie altyd hulpvaardig nie - hulle verkies om nie golwe te maak nie.

Sandra said...

Retha, die UAE en spesifiek Dubai is nogal trots op die feit dat hulle besig is om die shopping mekka van die wereld te word. Die sheikh van Dubai glo dis waar die land se geld in die toekoms le --- so daar sal altyd groter en beter en meer interessante sentrums gebou word. Ons wat al tien jaar hier sit kan nie eers bybly om by almal uit te kom nie.

Muriel said...

Ek is bly jy het ons hiervan vertel Sandra, my kinders is nou juis op die stadium waar hulle dit oorweeg om in ander lande te gaan werk.

Daar is darem vreeslik baie sentrums by julle!

Sandra said...

Muriel dit kan vir die kinders werk, James wil ook nou hier werk soek, mens moet net baie seker maak wat jy dink jy kry is wat hulle bedoel jy kry. En raad van iemand wat daar is kan help.

Daar is nog soveel malls wat ons nog nie by is was nie .... mens kan op 'n mall-tema-vakansie hier gaan en nie genoeg tyd he nie.

mariki said...

Maar 'n anderster ongenadige soort kultuur, né. Ek is sopas klaar met die lees van "Sultana". Dis die verhaal ('92 verskyn), van 'n Saoedi-Arabiese prinses (omstandighede en name verander en deur haar Amerikaanse vriendin geskryf), wat die verdrukking van die vrou in Sa-Ar tot op die been oopkerf -- aangrypend.

Anonymous said...

Sowaar Mariki die ouens is met tye ongenadig en alhoewel hulle westerlige in hulle land "gebruik" vir werk (hulle werk mos nie graag nie), is dit net die locals wat regtig saak maak vir hulle. Jean Sassoon het 'n paar boeke van vroue in Midde Ooste lande geskryf want baie goed is.

Unknown said...

Ai julle outjie, eks al amper drie jaar in Dubai... en julle weet nie wat jul mis nie.... Kan nie glo almal van jul praat die land so sleg nie...

Sandra said...

Nelia ek weet nou nie van sleg praat nie. Ons is al ampertjies 12 jaar hier en as jy my blog lees sal jy sien dat ons dit geniet. Die waarheid is egter dat dinge nie altyd so rooskleurig is nie - dit genoem in die inskrywing is ware feite en nie sleg maak nie. As dit so 'n slegte plek was, sou ons nie solank hier gebly het nie :-)