Saturday, October 25

Ons eerste scrapblad

Ons eerste praktiese deel van die studie is niks soos ons verwag het nie. As mens so dink oor die goed dan lyk alles maklik en eenvoudig, maar sit 'n klomp groen-scrappers bymekaar en dis 'n ernstige fees. Heeldag wonder ek oor watter foto's en hoe ek die les gaan uitbeeld en Nelmari vertel my "ma scrap is kreatief en dit help mens ontspan", as jy so stres dan mis jy die pot heeltemal. Ongelukkig is drie van ons groepmaats nog in ander lande, maar die res van ons kekkel asof dit uit die mode gaan (Elize jy weet hoe hulle kan praat ne?). Loer 'n bietjie hoe die stoom gestaan het ....Vanessa soek vir idees en blaai die boeke en templates ernstig deur. Charmaine krap kop soos sy dink. Nelmari weet egter presies wat sy wil doen. Sy het reeds alles uitgewerk, voorberei en uitgeknip en begin dadelik werk, of dis wat sy dink ....Ons sukkel en sy moet met alles help en raadgee.Sy wys ons hoe die templates werk en wat ons daarmee kan doen en hoe. Is dit hoe ek dit wil he vra Charmaine vir niemand spesifiek nie. Kyk Vanessa word oulik, sy kan nou self die ligboks alleen aandurf. Nou is daar raampies om en ons hoor net hoe vertel sy vir niemand in besonders nie dat dit eintlik nie haar kleur is nie. Die tafel en grond raak voller en voller en die spasie minder soos alles gebruik word. Eintlik is Vanessa klaar en sy kyk tevrede terug .... of is sy nie tevrede nie? Meeste van die dames wat saam op die blog met ons scrap het vir my hulle prente en vrae gestuur. Daar is nog so 5 wat belowe het dit kom binnekort




Hierdie eerste les en blad gaan ook "Myself". (Sien hier en hier) Elkeen vertel hulle eie persoonlike storie en is uniek aan die persoon wat dit gemaak het, net soos ons uniek en spesiaal is soos Vader ons gemaak het. Ek hoop dat almal wat die eerste les gedoen het, soveel daaruit gekry het as ek. Ek sien uit om julle tweede blad te sien!


ns. Die foto's van Nelmari en Charmaine se scrapblad is voor hulle geskrewe stukkies by is.

20 comments:

Anonymous said...

Vordering..............mooi werk!

Sal maar vir julle van hier in Kabul dophou waar ek my kop so laag as moontlik probeer hou.

mariki said...

Oee, Sandra, dit lyk mos alte lekker. (Hoera vir Nelmari!) En is dit nou prettig om die skyfies van die voltooide werk te kan sien -- dankie, hoor!

Charmaine said...

Dis baie lekker en ek is seker dit sal beter word of ons sal beter word soos ons vorder.. hierdie een was nie vir my so maklik nie:-)Ons sien so uit om al ons dames bymekaar te he. Kan julle dink hoe dit dan sal gaan. Ek het 'n groter eetkamer tafel nodig sien ek.

Sandra said...

Ek hoop nie dis kop laag hou oor die prente nie Eddie?

Dit was 'n fees Mariki en volgende week gaan dit selfs 'n groter een wees met almal wat amper terug is van hulle vakansie.

Ons het darem omgekrap maat! Ek sien 'n opslaan tafeltjie of twee is nodig :-)

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Hallo Tannie Sandra,

Was wonderlik om Tannie-hulle gister by die konferensie in Jebel Ali te sien! Kan nie glo dat ons mekaar in Februarie laas gesien het nie, wel as mens na die grootte van my maag kyk, dan kan mens dit glo :-)

Soos belowe - hier is al die blog adresse:

Vroue Blog:
http://vroue-voluit-vir-christus.blogspot.com/

My ma se blog: (maar ek moet haar nog touwys maak op die blog. So Desember wanneer hulle hier is, dan gaan ek haar bietjie onder hande kry)
http://www.christenvrouekuierkamer.blogspot.com/

Ons tweeling se blog:
(hierdie blog is ongelukkig oorheersend in Engels, omdat daar so baie vriende in Dubai is wat Engels is. Maar daar is darem fototjies van die Lotter's)
http://lotman-twins-mania.blogspot.com/

Mag julle 'n wonderlike dag hĂȘ.

Groete en liefde
Beatrix

mensesondergrense said...

Die bladsye is pragtig. Lekker om daarna te kyk. Myne is in wording en ek stuur sodra klaar is 'n foto. Kan net nie die boek opspoor by Christiaanbookshop.com nie.
Laat kry my asseblief die tweede bladsy se inligting.

Anonymous said...

Dit lyk baie lekker! Julle bladsye lyk almal stunning! Ek sien uit na die volgendes ;-)

Anonymous said...

Dankie vir die links Beatrix, ek sal die vroue link na die ouers deurstuur en gereeld by die ander inloer!

Ek stuur vir jou die inligting Annetjie. Wil jy he ek moet die boek vir jou bestel?

Dankie kaalvoet, ons glo dat dit nog met rasseskede sal verbeter. Min dae vir jou ne, jy moet jou SA vakansie geniet.

Desia said...

Pragtig! Ek werk ook nog aan myne, sal stuur sodra dit klaar is.

Muriel said...

Julle bladsye is pragtig!

Hierdie scrapbooking is baie lekker. Digital scrapbooking is nou by die deur uit! Die regte een is baie lekkerder!

Anonymous said...

Ek wens ek kan by die regte een (scrapping) uitkom, maar met 'n huisie so klein soos 'n vuurhoutjiedosie en twee paar kinderhandjies wat so graag wil help, sal ek maar eers by die digitale weergawe bly. Maar dis lekker om te sien wat julle doen en een van die mooi dae kom gaps ek julle idees!!!! Whahaha... Sandra dis pragtig!

Anonymous said...

Desia sien uit om joune ook te sien!

Muriel jou bladsy se baie van jouself en dis baie besonders. Ja die regte ding is lekker en die social vir ons daarmee saam is groot pret.

Pikkie ek het weer nog nooit die digitale een probeer nie. Ons is nog maar nuut in hierdie ding, maar watch die spasie oor die volgende paar weke :-)

Anonymous said...

Dit lyk na vet pret! En die resultate is pragtig.

Desire Fourie said...

Ja Muriel, ek stem saam, die ware Jakob is beter as die digitale wyse. Sandra en vriendinne, julle skeppings lyk pragtig en vir die van julle wat dit 'n eerste keer gewaag het, het julle uitstekend gevaar. Ek is bly om te sien dat julle tafel en vloerspasie ook gans te min is ... moenie bekommer ... dis absoluut normaal en toelaatbaar vir 'n scrapper. Ook bly om te sien dat julle die Doing Life templates en ligboks darem nuttig kon aanwend. Dit lyk asof julle almal tonne pret het. Ek se altyd dat scrapping nie 'n stokperdjie is nie, maar 'n "commitment for life". Daar word ook gewoonlik hegte bande gesnoer tussen scrappers wat gereeld bymekaarkom. Groete van Gauteng

Dorette said...

Hi! Ek is nuut hier (van Charmaine se blog af!), maar jou blog is pragtig.

Die scrapbooking lyk na vet pret, maar dis vir eers ietsie wat hierdie nuwe werkende mamma maar so van die kantlyn af moet dophou. :-)

Groete daar

Sandra said...

Boendoe dankie ons is ook bietjie in ons skik met die eerste resultate.

Dankie Desire dit was ons almal se eerste keer en JA ons het "Doing Life" se goeters baie handig kon gebruik. Gaan jou binnekort mail vir 'n paar ekstra dingetjies :-). Ons geniet dit baie en die vrouegroep se vroue is baie spesiaal!

Welkom hier Dorette en dankie. Jy sal maar 'n tydjie moet inruim vir scrapboek of so want glo my kleingoed hou jou besig al is hulle ook al uit die huis uit :-)!

Thea said...

Julle almal se eerste pogings lyk pragtig! Ek dink die lekkerte daarvan is dat julle Bybelstudie en scrapbooking kombineer en sommer 'n lekker kuier ook inkry.

Sandra said...

Ons is uit ons sokkies geseen met die eerste les Thea en die lekker is, daar is nog 'n hele paar :-)

Thea said...

Weet jy Sandra, ek het gedink ek sou graag wou deelneem, maar so op jou eie doen dit nie vir my nie. Mens moet deel wees van 'n groep om dit waarlik te geniet! Nie dat ek nie iets daaruit kan leer nie, maar mens kry net soveel meer daaruit as mens dit met ander deel.

Ons het gisteraand ook weer met ons sel vir hierdie kwartaal begin en ons eerste les het gegaan oor eenheid. Ons het gepraat oor hoe lekker dit is om dinge saam te doen en dat dit meer effektief is. Oor die vreugde van eenheid...

Die opskrif onderaan aan ons leesstuk was die volgende: "'n Sneeuvlokkie is een van die natuur se broosste dinge, en kyk net wat hulle kan uitrig as hulle saamstaan" - Vesta Kelly

Sandra said...

Thea die lessies is baie persoonlik en net tussen elkeen en Vader, maar ek stem saam dis groot pret om daai lessie saam met ander te scrap.

Geniet jou studiegroep!