Showing posts with label web. Show all posts
Showing posts with label web. Show all posts

Thursday, October 23

'n Nuwe webblad vat mens jare terug

So tussen 'n man wat van 'n stukkende stoel afval op TV en die rand wat by die minuut versleg lees ek van 'n nuwe webblad wat nou so gewild is. Natuurlik wil ek gou gaan kyk. Dis 'n plek waar jy jou foto kan dokter dat dit lyk asof jy in 'n sekere jaar op universiteit was ~ die hare en klere is volgens die mode van daardie tyd. Om myself nou in een van daardie haarstyle te plaas is sinloos, want ek het mos die ware jakob in albums, dus het ek die kinders probeer. Ek kort nog bietjie oefening en soek vir die regte foto's maar die speeltyd was heerlik.
Die gesig moet nog kleiner gemaak word, maar sy lyk nie te sleg as 'n blond nie.
Sy gesiggie is te klein vir die foto .... ek moet net aanhou oefen.
Nota aan myself, maak net die foto kleiner dan werk dit. Hy pas mooi in ek moet net 'n foto sonder kuif he.
Hier is hulle al drie in 1956 .... nou kan ek darem duidelik 'n trek tussen die drie sien. As julle lus is om bietjie te speel, gaan loer hier. Geniet dit!