Tuesday, October 28

Veterane en boerewors rolletjies

My ou laptoppie is siek en het 'n ernstige virus opgedoen wat iemand naar gestuur het. Gelukkig het blogger die vooruitgedateerde opsie ~ hou saam met my duimvas dat 'dit' nie lank in die rekenaar-hospitaal bly nie.


Met Eddie se laaste besoek aan SA het ek vertel van die Walvisfees op Hermanus. So tussen sy foto's hierdie van die motoruitstalling gekry en dit was vir my baie interessant. Die motoruitstalling is by die skool se sportveld gehou en daar was klompe mooi ou motors. As ek reg onthou was Muriel geintereseerd in hierdie een. Ek weet Thea is nie, want haar man het nou sy eie mooi rooi sportmotor. Ek's nie goed met ou motors nie en ken nie hulle name nie, maar hier is nog 'n paar. Iemand met sulkes gery saam met oupa of ouma of ouers? Hierdie menere ken ek want het James nie self een wat amper op die veteraan motorskou hoort nie? DiƩ nuwe oues is darem gewilde studentemotors. Al die pad van Kuilsrivier, is hulle nie mooi nie. Ronelle het julle nie in so 'n motor rondgejaag nie? Die dae toe dit nog al was wat nodig was om die motor by sy bestemming te kry. Niks gadgets nie. Toe kon mens nog self piekniekmandjies agter he. Vandag mag dit dalkies gesteel word. Die foto's van die motors was nice maar die eintlike ding wat my oog gevang het was die Heritage Klub wat die skoue reel. Hulle het hul eie uitstalling gehad met klomp oorlog voertuie. Hulle beywer hulle vir die opbou en instand hou van ou motors en het geld ingesamel daarvoor. Nie dmv kollekte nie, maar deur kos te verkoop. Kyk net hoe is hierdie kombuis ingerig? Ek hoop hierdie ouens het die volgende motorskou beplan en nie 'n aanval of iets nie ~ hulle weet die oorlog is verby ~ of is dit nie? Ek dink nie Des is oppad Tobruk of El Alamein toe nie, hy wag sommer vir sy boerewors rolletjie. Party van die motors se enjins was dan ook so, dat mens daarvan kon afeet?

13 comments:

Arms Vol Kosmos said...

Hallo Sandra

Baie dankie vir die goeie wense en die kort e-kuiertjie.

Ons sien so uit na Desember. Eerste prioriteit is die kinders en die tweeling, maar sal beslis hierdie keer sorg dat ons by Abu uitkom vir 'n lekker teetjie en baie gesels.

Het nogals jou blog geniet.

Groete
Liefde
Sarie

Muriel said...

Lekker inskrywing! Daardie piekniek mandjie agter aan die motor is te cute!

Ek hou van die Kuilsrivier motors. Ek wil nog in so een gaan rond ry!

Hoop jou rekenaar word gou genees van die virus!
x x

Anonymous said...

Nou hoekom wil my comment nie deurgaan nie??

Anonymous said...

Ek sit en kwyl hier agter die rekenaar en NEE, nie oor die boerewors nie, maar die karre!
Ek het nou maar eenmaal 'n swak plekkie vir 'n antieke model! Ek sal mos al te lekker piekniek gaan hou op 'n verlate plek met hoe bome en groen velde....
5 days and countning!

Thea said...

Sandra, motors is my man se stokperdjie!! Hy praat lankal al van 'n ou kar of bakkie opbou en mooimaak. Hierdie ou karre is darem pragtig hoor!! Hulle lyk altyd so statig as hulle verby mens gery kom. En aangesien ek die enigste vrou tussen 'n klomp mans in die huis is, moet ek maar baie na karpraatjies luister!

Charmaine said...

As ek nie die wapen voor op die kar sien nie het ek geen idee wat dit is nie en al het een van my oupas in een van die op die skou gery, sal ek dit nie uitken nie, maar ek HOU van ou karre en eendag kan ek dalk asseblief 'n Rolls Royce kry? Hy kan maar baie basies wees en baie oud wees. :-) Ek haal my hoed af vir die veterane en hulle boereworsrolle en hoop hulle verkoop sommer 'n groot hoop daarvan

Desire Fourie said...

Ja nee, ek kan sien die manne was so reg in hulle element by hierdie motorfees. Van hierdie motors is so elegant en mens sien dit nie eintlik meer in vandag se wielskeppings nie. Sterkte by die laptopkliniek, hoop hy sterk gou aan.

Sandra said...

Lekker om van jou te hoor Sarie. Sien uit na die tee en kuier!

Muriel die rekenaar moet 'n paar dae oornag, maar dit lyk na 'n geneeslike siekte. Kan nie glo jy het nog nie in een van die motors rondgejaag nie .... sit dit op die lysie!

Boendoe een comment het deurgekom :-)

Sandra said...

Kaalvoet ek sien dis min dae. Ek dink jy en Muriel moet in een van die ou motors gaan ry en piekniek hou.

Thea ek dink die ou motors is baie meer gebou om te hou teenoor vandag se motors, dink jy nie so nie?

Maat sal jy wees wat 'n Rolls Royce kies EN natuurlik al een wat self in so 'n een gery het :-)

Dis waar Desire daar is net iets aan die ou motors wat vandag s'n nie het nie.

Mariette. said...

As ek so na hierdie tjorrietjies kyk dan dink ek aan daar die spreek woord wat se, seuntjies se speel goed word ne duurder....

Ek moet se dit is pragtig, en om te dink hulle kan regtig ry.
En dan wanneer mens so na die ou motertjies kyk wonder mens wat sou daai jare se mense van vandag se moters dink?

mooi dag
x x x

Anonymous said...

Wil darem net vertel dat meeste van die' motors nog in daaglikse gebruik is.

Die mooi Rooie op die einde was 'n DKW, nog met 3 silinders.

James se Volla sou kon kers vashou by die ander, het mos selfs 'n CEM nommerplaat.

Desia said...

Haai, ek herken een van my SA vriendinne se mans op een foto, so half agter die twee op die voorgrond! Sy het hoeka die week foto's van die "heritage club" bedrywighede op haar facebook geplaas! Sy se: "Dit word beskou as 'n living exhibition van die verskillende magte tydens die tweede wereldoorlog."

Sandra said...

Mariette ek dink daai ou motors se brandstofverbruik was stukke beter en hulle het ook nie so gou probleme gegee soos vandag s'n nie ~ ek kan verkeerd wees.

Eddie ek dink James se volla sal net wat die nommerplaat betref kan kersvashou, toe ek laas met hom gery het verlede maand ~ wel hy is antiek ja.

Klein wereld is dit nie Desia. Dat jy nou vanaf Kanada, op 'n UAE blog iemand van SA moet sien :-)