Friday, October 3

Die walvisfees

Die vrou-van-die-pa-wat-alweer-op-vakansie-is-en-walvisfees-bywoon, LOL, het hierdie foto's ontvang van die fees. Dit lyk vir my darem alte koud daar by die see. Die jaarliks walvisfees by Hermanus was vanjaar tussen 24 en 28 September en dit dien 'n tweeledige doel ... die suidelike noordkapper se terugkeer na hulle waters en die begin van lente! (Wat is lente sonder 'n lekker reenbuitjie?) Eddie en Des het die gebeure gaan besoek. Die leefstyltentoonstelling is by die markplein gehou en dit het gewemel van mense. Daar was ook kunsuitstallings van kunstenaars van die omgewing. By die laerskool was daar 'n uitstalling van amper 200 veteraan motors en ek's seker die manne het heerlik gekwyl oor 'n "aftree-kar". En 'n Whale-of-a-time wynfees .... Hier is Des ernstig aan die proe. Daar is ook musiekopvoerings deur Karen Zoid en oa die Bats gehou (genugtig ek het nie gedink die groep bestaan nog nie of is dit 'n nuwe een?) Des en Eddie was dit dalk pensioenaris dag?Allerhande goeders het nog aangegaan die heel week met die hoofattraksie die walvisse wat heerlik vir die toeskouers "perform" het. Dit lyk asof die twee manne lekker gekuier het.

10 comments:

Desire Fourie said...

Suid-Afrika bly maar die mooiste land met die lekkerste feeste ... wonder of jy al begin scrap het ... Groetnis

Anonymous said...

Desire ja daar is omtrent 'n fees vir elke ding onder die son. Met Ramadan en Eid was tye nog te deurmekaar, maar ons vroue kom Sondagaand bymekaar vir ons eerste "les" van die studie en ons sien uit daarna. Sal vertel in die volgende paar weke wat daar gedoen word.

Anonymous said...

Ai, ek wil ook nog eenkeer in September na die walvisse gaan kyk. Ek dink dit moet 'n belewenis wees!!

Dit lyk beslis of die manne hulleself geniet het. Daai whale-of-a-time klink vir my na 'n baie gepaste beskrywing! ;-)

Muriel said...

Dit lyk of die manne die fees geniet het!
Ek sou die veteraan motors geniet het! Veral die rooi meneertjie ;)

Pikkelik se blik said...

Ek het eenkeer seker omtrent so 12 of 13 jaar terug die fees bygewoon en dit was AMAZING! Ek is oortuig jou manne het hulle gate uit geniet!!! (Mag ek 'n ietsie noem van die wynproe-ery en nie weet van uitspoeg nie en later jou kop in die diepste gat denkbaar probeer druk....)

Anonymous said...

Thea jy sal maar moet gaan walvisse kyk. Ons mense kan darem raak beskrywings vir goeters gee is dit nie?

Muriel is dit die tipe motortjie of is dit die rooi kleur?

Anonymous said...

Pikkie nou wil ons weet wat jy aangevang het by die wynproe - is dit hoekom jy nog nie weer terug gegaan het nie?

Anonymous said...

Daaar is niks so mooi soos die seee nie..... wag ek jok, die natuur is oral amazing! Die se en alles daarmee saam het sy eie bekoring!

Anonymous said...

Tersia die see is baie besonders, maar ek stem saam ons land se bekoring is amazing.

Charmaine said...

Maat ons sal besoek aan die fees op ons lys moet sit vir ons Fairy lekker toer in die Kaap... Ek is gek oor walvisse ... soos oor Olifante.