Sunday, October 5

Battle of the shoppers - in 'n nuwe ou mall

Ek weet nie hoe oud is die bekende mall nie, maar ek weet dat dit reeds hier was toe ons baie jare terug UAE toe gekom het. Met die tyd is daar aangebou en groter gemaak.Die laaste klompie jare het ons glad nie die mall besoek nie, maar hierdie week was weer tyd en aan Nelmari se reaksie gesien, is die kinders nou groot ... want waar die winkels hulle vroeer nie aangestaan het nie, is/was dit nou so reg in haar kraal en baie cool. Die mall se boustyl is Egipties en dit lyk werklik indrukwekkend van die buitekant. Hierdie foto het ek sommer in die ry geneem van die mure na die parkeerarea. Aan die binnekant is die drie lig-piramides waar lig natuurlik inskyn, die hoof features en dis werklik pragtig. Twee van hulle is versier met pragtige glaswerke wat verskillende temas wys. Hierdie een is weer 'n glas "toring" waar die lig op skyn. Die mall is groot met 350 winkels en dit skep 'n ruim rustige atmosfeer waar mens lekker kan drentel. Wafi het deur die jare heelwat pryse gewen vir oa "die beste shopping-mall", beste restaurant, beste nuwe hotel, beste spa en beste boutiek. Volgens hulle is die beste winkel enige plek ter wereld, Memoires wat glad nie soos 'n winkel is nie.
DIt is 'n teater, museum, kunsgallery, alice in wonderland dreamworld en disney fairytales en nog baie meer alles in een. Hulle verkoop meubels en ornamente, juweliersware, glaswerk en klomp ander goed. Blykbaar lyk dit meer na een groot uitstalling as iets wat mens kan koop. Ons het dit nogal nie besoek nie .... Hulle se ook, die verkoopsmense lyk asof hulle op uitstalling is. Die mans dra hoe kraag, enkellengte baadjies wat lyk asof hulle direk van Phantom of the Opera kom en die dames is net so opgedress. Volgende keer is dit beslis op die lysie. MAAR die rede was ook om te sien wie van die selfaangestelde "shoppers-queen" Nelmari of vorige titelhouer Charmaine nou eintlik die grootste shoppers is. Aan die einde van die dag is daar 'n besliste wenner, maar julle sal more moet kom kyk wie.

14 comments:

Anonymous said...

Daai een paneel lyk vir my soos n egiptiese kersvader met n reindeer en die ander een lyk soos die diere op pad na die ark toe. Wat se hulle is die tema Sandra?
Annie

Charmaine said...

Dit was 'n heerlike ervaring en beslis 'n mall wat ons weer sal besoek... as ek en Nelmari ons sin kan kry... en een waaroor Riza sal gek wees. Wafi hier kom ons

Desire Fourie said...

Dis regtig 'n mooi interessante mall met baie aandag tov detail. Hoop Nelmarie and Charmaine het gekry waarna hulle gesoek het ...

Anonymous said...

Annie die tonele beeld alles dinge van die Egiptenare uit --- die sfinks, farao, hulle diere, oorloe, lande, ens.

Ja maat ek kan dink Wafi hier kom ons ---- ons het nie daai winkel in die parkeerarea gedoen nie en ek wil dit graag sien.

Anonymous said...

Desire dis die twee se probleem. Hulle kry alles behalwe dit wat hulle soek, wat beteken ons moet aanhou soek :-)

Anonymous said...

Ek gaan nou eers my liefie naderroep dat hy ook na die foto's kom kyk. Hy's mos mal oor Egipte. Hopelik sal hierdie foto's hom oortuig dat ons volgende jaar eers by Abu Dhabi moet aangaan voor ons Egipte toe gaan!

Die glaswerk is absoluut pragtig!! Dit lyk sommer na 'n heerlike mall om in te shop. Dis vir my heerlik as ons op vakansie is om by ander malls te shop wat ek nie ken nie.

Man kyk, shopping is en bly nou maar 'n lekker tydverdryf, al koop mens baie keer net met die oog!!

Anonymous said...

Sandra ja dit lyk of hulle met alles behalwe waarna hulle soek by die huis kom soos as dit by...broodkoop...kom.....
Annie

Anonymous said...

Thea met hierdie ouens se tema malls en tema hotelle, kan mens jou verbeel jy's in enige land ter wereld. Ek dink ook Abu Dhabi voor Egipte ....

Annie vir Charmaine hou mens by 'n bakkery (broodwinkel) weg en ek wil nie he sy moet vir Nelmari sulke gewoontetjies aanleer nie.

Anonymous said...

Sandra, hoekom is daar so min mense in die mall?? Lyk my hulle het spesiaal die mall oopgemaak vir julle 3!!

Anonymous said...

Dis 'n baie eksklusiewe mall Ronelle en baie duur en die gewone ouens hang nie juis daar uit nie, ons was maar net nuuskierig. Een handsak bv. kos genoeg om 'n winkel se huur te betaal dink ek. Maar dit was lekker om die mall saam met 'n handvol ander te geniet. O en ek dink die oop ruimte skep ook die indruk dat dit baie stil en leeg is.

eilandkind/islandchild said...

Sjoe, 'n hele shoppingcentre NET vir julle?

Anonymous said...

Jy moet mooi kyk Eilandkind daar is so 'n bietjie mense hier en daar. Was die Wafi al daar toe jy hier was?

Muriel said...

Ek het so verlang na al my maatjies!! he he

Dit is 'n pragtige winkelsentrum! Ek is mal oor die glas!

Anonymous said...

Ons het jou ook gemis Muriel, bly jy kom inloer.

Ons het ook besluit dat ons die ou sentrum weer gaan besoek oor sy mooiheid, stilte en tipe winkel en 'n lekker atmosfeer.