Vra ek myself die vraag. Ek meen wie lees dit en hoekom? Wat dink hulle daarvan en hoekom? Wat moet hulle daarvan dink en hoekom? Wat kan ek vandag blog en hoekom? Ek is seker dat baie bloggers hulleself daardie vrae vra. Ek weet daar is mense wat hier lees maar hoekom weet ek nie wie hulle is nie?
Wanneer die vrae so opkom is dit seker tyd om terug te gaan na die rede van hoekom blog ek nou eintlik? Hoekom het ek meer as 'n jaar en amper 500 blogs terug begin? Wat was die doel van my blog?
Wanneer die vrae so opkom is dit seker tyd om terug te gaan na die rede van hoekom blog ek nou eintlik? Hoekom het ek meer as 'n jaar en amper 500 blogs terug begin? Wat was die doel van my blog? 
Vir my is dit eerstens 'n digitale dagboek van stories en foto's wat ek altyd wil onthou. Tweedens is dit my manier om hier uit 'n ander land in kontak te bly en kontak te hou met familie en vriende rondom die wereld oor wat ek en my familie doen. En ja daar is ook 'n wyer leserskring en ek probeer hulle ook in gedagte hou as ek nuwe plekke wys.
En reels? - belangrik dink ek, dat ek nie blog om lesers tevrede te hou nie of dat ek kommer of hulle "goedkeuring" het vir dit wat ek blog nie. Ek moet blog wat ek wil, want met die jare sal ek die nr 1 leser wees wat terug gaan loer na ou foto's, besoeke en stories.
Ek hou daarvan om te vertel wat gebeur, so seuns en Leane wat moreoggend hier aanland vir 'n besoekie, ek sien uit daarna om julle besoek te blog sodat ek later oor en oor daarna kan kyk en onthou.
Ek hou daarvan om te vertel wat gebeur, so seuns en Leane wat moreoggend hier aanland vir 'n besoekie, ek sien uit daarna om julle besoek te blog sodat ek later oor en oor daarna kan kyk en onthou.