Indien julle af en toe na die weer aan die regterkant loer sal julle sien dat dit ernstig begin spoed optel. Juis vandag in die koerant staan daar dat ons hierdie maand maklik 49 gereeld gaan haal ....en dit saam met die humiditeit is erg.
Amper erger is die skoolvakansies. Kyk verstaan my mooi dis lekker om Nelmari by die huis te he en ek's bly die seuns kom kuier, maar om vakansie te he vir 3 maande .... dis bietjie erg.
Terwyl ek die blog skryf is die vakansie reeds 18 ure aan die gang en alreeds word vrae soos kan ons, gaan ons, wat gaan ons ens. gevra.
Dink bietjie aan al die mammas in die skoolvakansie
Nog 85 dae om te gaan !!!