Na die eksamen en vakansie is dit terug na normaal wat die sportprogramme betref en gister het Nelmari hulle teen die skool Chouiefat gespeel. Aangesien ek die eerste wedstryd van die seisoen gemis het, was ek nogals nuuskierig om die span te sien speel.

Nelmari is oop en wag om die bal te ontvang. Ons kinders is soveel langer as die ander span.
Lyk asof Nelmari en Jessica besig is met vingeroefeninge. Miskien help dit, ek sal nie weet nie.





Die afrigter is net so in haar skik. Volgens haar is dit 'n maklike span om af te rig en as iemand sê coach dan soek sy ook die coach --- nog nie gewoond aan die titel nie Ons sal 'n plan moet maak daarmee ...