Sunday, January 27

Die laaste klompie kuier foto's - 6

Die laaste bietjie foto's voordat ek die amptelike groepfoto's more plaas. Ek kan nie al die foto's vir almal epos nie, maar ek sal die groepfoto's stuur. Die ander wat die afgelope paar dae op my blok was, kan julle van die folder aftrek, maar meer daaroor more. Ek hoop dat ek wel ten minste een foto van elkeen op 'n stadium geplaas het.

Maxie en Adri (op die regterkant) loop mekaar op die reunie raak. Maxie as deel van die reunie en Adri die eienares van Mooikelder waar ons die reunie hou. Hier gesels hulle ou stories en wys foto's.

Tannie klein Babsie regs, tannie Retha (oupa se niggie in die middel) en George (amper die oudste kleinkind) ruil ook foto's en stories uit.James en Leanè piekniek op die gras. James eet soos gewoonlik.
Ronelle, Denise, Hennik, Jeanette, tannie Beatie en oom Henry deel 'n grappie
Vir party was dit net te warm om buite te sit. Hier kuier hulle in die sitkamer en vra my uit oor Abu Dhabi. (Julle het nou belowe om te kom kuier ne)
Hier is sy alweer besig met handseine. Marie verduidelik en die manne luister.

Pauline, George, Pieter (oudste naamgenoot) en Denise kuier.
Ander Pieter en sy gesin luister en kuier ook saam.
Hier kuier George, Pieter, tannie Omie en oom Henry saam.
Ek wonder wat dink oom Deon met daai glimlag. Oom Thomas verkyk hom ook aan die klomp
Jeanette, Nelmari en Ouma maak asof hulle nie die kamera eintlik sien nie en loer net so skelm.
Daai een .... wie is dit? dink ek Renè vra vir Pieter terwyl Tertia ook probeer kyk.
Hoop julle het die foto's geniet!

1 comment:

Anonymous said...

Sandra, die foto's vang die wonderlike atmosfeer so mooi vas.
Almal wat nie by die reunie was sal sien hoe fantasties die dag was en wat hulle gemis het. Nogmaals duisende dankies vir al jou harde werk en al die tyd wat jy spandeer het om die dag so 'n groot sukses van te maak. JY IS 'n STER!!