Thursday, January 3

Raserig

Dit kan maar partykeer erg raserig in die huis wees en soveel te meer noudat die kinders almal hier is. Op soek na Emily se kersgeskenk moes James se ukulele- en Nelmari se kitaarsnare vervang word.
Hierdie was oupa Billy se ukulele (dis omtrent 40 jr oud) wat James geerf het en hy is so opgewonde oor hoe dit nou klink na die nuwe snare dat hy summier heelpad huistoe moet raas.Emily en haar mamma Marina by haar geskenk ... haar eie klein ukulele (die klein kitare is te groot en speelgoed enes breek te gou) want as sy by ons kom kuier is die ukulele gewoonlik die eerste instrument wat sy mee wil speel.
Tannie Charmaine wys hoe sy moet vashou en speel.William besluit om die kitaar bietjie vir 'n harmonica te verruil. Anders as vroeer jare kan mens nou leer speel van die internet

Maar 'n noot of twee klink selfs sleg vir hom .... kan julle aan ons ore dink. Ek het Kersoggend wakker geword met 'n "apprentise mondfluitjie speler" in my ore!!

James het die Kitaar Singstar 'n probeer gegee en hy kyk hier ernstig na die aanwysings. Maar dan kry hy dit gou onder die knie. As ek 'n foto van die volgende dag se "pose" moet plaas sal ek nooit vergewe word nie. Sal dit hou as afpers ....

So julle sien daar is GEEN stilte in die huis nie!! Ronelle beantwoord dit jou vraag oor Emily se geskenk? Geniet julle vakansie en sien binnekort!

2 comments:

Anonymous said...

Is dit ook 'n Viljoen geen? - die nuuskierigheid :-) -
ek moes net weet wat Emily gekry het...!!!

Ons vlieg vroeg more-oggend na Sun City, sien uit na heerlike niksdoen.
Sien jou na 13de! (Jy moet nog laat weet of julle die Sondag of Dinsdag kom kuier - SONDER JOU KAMERA!!!)

Anonymous said...

Ek sĂȘ niks oor die nuuskierigheid in die publiek nie ... jy weet watter gene jy waar gekry het.

Geniet jou vakansie en ons sal gesels oor die kuierdag. Ek en my kamera is maatjies en ons kom as 'n span :-)