Sunday, January 13

Pretoria het vir ons 'n lekker klomp reendae gegee en die tyd wat ons nie in die winkels gespandeer het nie, het ons gekuier en gekuier. James ek wil net sê dat William nie so 'n goeie shopper soos jy is nie. Hy haal aanmekaar die goed uit my hand en sit dit terug op die rak terwyl hy my herinner aan die tas se gewig. Glad nie lekker nie.
Ons het weer opgevang met die reisende Kiwi's. Hier het Corli en Annie kom kuier.
Ons kuier ook saam met Gwen en familie. Hulle het 'n nuwe baba in die huis, 'n baba papegaai Linke wat net aandag soek die heeltyd. Hier het sy William se skoot gekies om op te sit.
En hier moet hy ernstig krap. Dit was so snaaks om te sien hoe sy aandag soek. Sy sit in die hok dan steek sy haar poot deur die hok en probeer op allerhande maniere William se arm of hand nadertrek. As hy maak of hy haar ignoreer sê sy Allo!
Ons loer ook by die Wolmaranse in en dis lekker om al die nuus op te vang. Hier is William saam met Arnau en Riaan Reinecke.

Nou is ons oppad Kaap toe vir nog kuiers!!

2 comments:

Anonymous said...

Ek wil net vir jou laat weet dat die REëN.... in Al die strate... hard... dis sopnat hier. Ek is so nuuskierig om weer al die nuus te hoor. Charmaine

Anonymous said...

Dankie tog vir William, weet julle hoe sleg trek 'n vliegtuig met 'n Ventertjie aangehak.

Duidelik is Pretoria Oos ook sommer opgekuier, tot in NZ.