Monday, January 14

Ons kuier nog steeds nou net in die Kaap

Gister gearriveer in die mooi ou Kaap en alhoewel dit heerlike warm weer is, was Tafelberg onder sy kombersie, so ek kon nog nie die berg sien nie. En ja Ronelle ek weet in watter rigting en hoe dit lyk.Ons kuier saam met Ronelle en Hennik en ander familie. Hennik het vir ons 'n heerlike pasta potjie gebou. Hier is hy saam met hul dogter Anneke.Ronelle wil baie graag ook op 'n foto wees, so hier skep sy kos in. Dit was lekker om saam met hulle te kuier, het hulle meer as tien jaar laas gesien.
Tannie Omie daag ook op vir 'n kuiertjie en toe begin die klomp gesels. Gelukkig het ek 'n bandopnemer aan om al die stories op te neem. Klomp familie "geheime" word uitgelap.

Almal kuier en ruil stories uit en ons kyk na die familie reunie video wat 15 jaar terug geneem is. Almal het soooo ander gelyk. Hou hierdie spasie dop vir die klomp 15 jaar later ....

3 comments:

Anonymous said...

Geniet jou mooiste Kaap maat. Wil net vir jou sê dit reën nog steeds...

Anonymous said...

Sandra, Sandra!!
Ek weet jy is al 'n hele paar jare uit SA, maar nie gedink jou Afrikaans
het so verroes... Ronelle wil NIE op 'n foto wees NIE!!!!!!!!!
Dankie dat jy en William 'n tydjie in julle besige program gemaak het
om vir ons te kom kuier. Dit vreeslik geniet om al die jare se gesels te
probeer inhaal - sal die 19de verder gesels. Geniet die mooiste plek
in die wereld...!!!

Anonymous said...

Skuus man ek het gedog jy WIL graag ook in die foto wees. Dankie vir die heerlike kuier en sien uit na die 19de se kuier.

En maat, die Kaap is besig om my al sy goeie kante te wys. Die sonskyn, die reen, die wind met selfs 'n veldbrand.