Ons is nogsteeds op Onrus en ek kan vir julle vir dae seefoto's wys, (wat ek nog gaan doen) want die see lyk mos nooit 'n minuut na mekaar dieselfde nie. Die stilte en ver weg van die gewoel is baie lekker.
William se mondfluitjie speel verbeter by die dag. Sien die foon in sy hand? Hy surf die web vir mondfluitjie note (blase?) en speel dan so. Ons herken selfs van die liedjies. Alhoewel Kersfees nou al 'n maand gelede plaasgevind het, is veral Stille Nag baie sterk op die liedjie lys en vang ek hom kort-kort sit en speel.
Ons het ook heerlik saam met oom Jan en tannie Nell gekuier. Oom Jan was later toergids vir nog foto's van die see. Ronelle op die tafel lĂȘ jou prys vir die meeste reg raai, ek moes hulle eers wys en toe word dit natuurlik bespreek :-)

Terwyl ek lekker rustig sit, speel William en Ouma darts .....(Kliek op die foto as julle die byskrifte wil lees)
Die res van die huisgesin het gisteraand gearriveer en nou sien ons almal uit na die reunie more.
1 comment:
Wow!!!!! Wen ek 'n prys!!!??? :-) Julle Onrus kuier lyk tog te lekker. Beindruk met jou ma se dart-houding tot ek foto van darts bord sien ha-ha
Post a Comment