Sunday, January 6

Ons besoek die Sheikh Zayed Moskee - 1

Vir 'n klompie jare hou ons die bouwerk aan die Sheikh Zayed Moskee fyn dop en nou na hoeveel jaar is dit eintlik ampertjies klaar. Nie gedink dat ons ooit 'n kans sou hĂȘ om die binnekant te sien ~ Saterdag het ons egter die geleentheid gehad.Hulle werk nog ernstig aan die tuine, maar die binnekant is iets wat mens nie regtig vir iemand kan vertel nie. Ek besef ook dat die foto's waaroor ek opgewonde raak, nie regtig iets is wat julle noodwendig sal opgewonde maak nie, maar ek gaan dit tog in elk geval met julle deel. (Moeilik kon kies tussen die 100 foto's om vir julle te wys - dus twee blogs)

Die voorkant, wat natuurlik nog nie klaar is nie. Rondom 2004 het hulle beraam dat die moskee omtrent $500 miljoen sou kos om te voltooi.
Die ingang van die moskee - elke stukkie van die hele moskee is met die beste marmer waaraan jy kan dink gemaak en die fyner detail is iets om te sien.

Op die agtergrond sien julle die hoofdeel van die moskee uitsteek
Hier is die patrone op die marmer langs die ingang
Die binnekant van een van die koepels met Arabiese skrif in goud. Ek is seker daar sal later meer inligting oor die moskee wees wanneer hy heeltemal klaar is.
Kyk net al die goudversierde pilare
Daar is baie van hierdie mosiak werk orals te sien
Die hoofingang met die groot binnehof van marmer met groot blom patrone.
Mens moet nogal sukkel om iewers 'n heel prentjie te kry. Charmaine en Niel probeer ook foto's neem.
Die kant waar ons ingegaan het ... die vroue moskee
Die pilare en deure van naby
Die hoofingang. Kyk hoe klein lyk ons in die glas
Die binnekant van die vroue moskee. Dis groot, dis indrukkend ....kyk net die mat. Klein aan die linkerkant sal julle ook 'n tv skerm sien ...dis waar hulle die imran kan sien bid in die hoofmoskee.
Kyk hierdie mat in die vroue kant
Hierdie deur gaan na die groot saal waar die mans kan bid ...en ons het ook daar ingeloer, maar daarvoor moet julle more kom kyk!

2 comments:

Anonymous said...

Haai Tannie, het al die dinge gelees wat julle gedoen het in die laaste ruk, en ek is so jaloers! wens ek was daar. Tannie moet 'n baie mooi Nuwe Jaar he, en ek hoop om Tannie sommer gou-gou weer te sien. Baie liefde en groete.Elriza

Anonymous said...

Ons het jou net so gemis en baie van jou gepraat. Mooi jaar vir jou ook. Ons staan die 21ste op die lughawe oor vir 'n paar uur, miskien kan ons tee drink?