Baie gou het almal op die reunie saamgekuier en nuus begin opvang wat baie jare agterstallig was.
Ek mag dalkies 'n foutjie of twee maak met die name, maar hier is tannie Bokkie, Schalk, Chantal, haar man, Carlu, Marie, Jaco en hulle twee seuns, Viljoen, my twee en Leane.
Hierdie klomp gesinne kuier net so lekker saam.
Al oom Dan se kinders, hulle gades en van die kleinkinders kuier hier saam.
Dan is dit tyd vir oom Henry as die oudste oorlewende van die kinders die verwelkoming te doen voordat die gesinne voorgestel word.
Maxie stel haar broer, suster en hulle kinders voor. Estelle en haar gesin was op die stadium nog nie daar nie.
Tannie Babsie se afstammelinge was baie sterk verteenwoordig. Hier stel Jeanette almal voor aan die groep met Denise wat vir almal vertel sy is eintlik die jongste en mooiste van die klomp.
Die kinders en kleinkinders van oom Dan. In hierdie groep het ons die oudste naamgenoot van oupa (Pieter Schalk) en ook die oudste agter agterkleinkind. Michael het al die pad van Walvisbaai gekom om die reunie by te woon.
4 comments:
Ag nee Sandra, ek soek 'n FOTO!!! Was vol verwagting. 'n Mens kan skaars sien wie daar staan!!!
Marie
Net geduldig Marie, dis wat ek het van my op die groepfoto's. Die ander kom en ek sal spesiaal vir jou een opsit. Soek jy my handtekening ook ?!
WAG IN SPANNING!!! Sonder handtekening is reg.
Marie
More spesiaal vir jou een van my en jou!!
Post a Comment