Hallo vanuit 'n nat Pretoria. Die wat my goed ken, weet ek hou van reen, so die reenweer waaroor almal so ontevrede is, is vir my wonderlik. Ek en William was taamlik fodde na die vlug maar met net 'n paar daggies in Pretoria het ons dadelik met ons besige program begin. Kyk bietjie.
Die tuin van die huis waar ek en William bly en dis lekker nat. Met al die bome, drup die water heeltyd al het dit opgehou reen. Dis vir my sooooo lekker Hier sit hy en mondfluitjie speel terwyl ons wag om uit te gaan vir aandete.
Net so om julle (Eddie en Charmaine) bietjie jaloers te maak. Kyk waar het ons gaan eet gisteraand! Die Werf was nog altyd een van ons gunsteling plekke terwyl ons in Pretoria gebly het. Die foto's is nie heeltemal so duidelik nie, want daar is min lig en nie baie kerse nie, maar die atmosfeer is wonderlik. Hier een mens erg tradisionele kosse en nee daar is nie 'n kans dat ek die afval sou bestel nie. Sal liewers nie vir julle vertel wat ons geeet het nie.
Behalwe vir die eet het ek ook gisteraand weer na 21 jaar saam met my neef Leon en sy vrou Carin en twee van hulle kinders gekuier. (Dis die eerste keer dat ek vir Carin en die kinders sien). Ek en Leon wat die beste van maatjies was, het onmiddelik begin gesels en baie ge- "onthou jy nog's" gehad.

William en Hough het onmiddelik gekliek en het lekker saamgekuier en saamgeeet (uit mekaar se borde uit).
Carin-Lee is nouwel nie so oud soos hulle nie, maar sy het net so lekker saamgesels want soos William is sy mal oor sport. Ek's so bly ons kon kuier en dat die kinders mekaar kon leer ken.
4 comments:
Julle Bokkers! Het iemand darem namens my Murgbene geeet!
Ek hoop tog so.
Ek is seker jy het nie afval geeët nie maat... so jy kan maar vertel. Sal nie te jaloers wees nie. Ek sal net 'n cinnabon gaan eet... :-)
Ek sien hier is nou ook Cinnabon's so jy sal aan iets beters moet dink. En nee Eddie ek het nie murgbene geeet nie. Siende ek 'n ou klient is, het hulle my sommer 'n proe van alles gegee
O...!?!? Nou is my bek stil... en ek is jaloers.. maar goed dat daar nou Cinnabons is. Wat het jy als geproe hmm?
Post a Comment