Soos belowe sal ek in die volgende paar dae elke dag 'n paar foto's van die reunie wys en dan aan die einde sal al die foto's op in 'n album wees, waar julle die wat julle wil hĂȘ kan aflaai. Die eerste twee bloks gaan net oor die aankoms en kuier wees. Kyk en geniet!!
Die vise-voorsitter se man Hennik het ook waargeneem as kameraman en gesorg vir die klankstelsel. Baie dankie daarvoor Hennik en ek sal graag daai video wil sien.Die mense begin aankom vir die reunie. Hier is Christa, haar man, haar ma en tannie Ruth wat hulle verwelkom.
Die laaste gesin om op te daag is Estelle, haar man Johann en seuns. Die niggie van my het ek meer as 25 jaar laas gesien.
James en Leane plak die stamboom op en die mense staan vinnig nader om te kom lees en kyk.
Van die agter agter-kleinkinders besluit wat hulle wil speel en is gou maatjies.

Linda begin om video te neem van elke liewe een wat opdaag. Hier is sy saam met haar familie, kinders en kleinkinders van oom Dan. Het jy almal kom opkry?
Tannie Ruth hou plek vir 'n klomp in die koelte.
Tannie Ruth hou plek vir 'n klomp in die koelte.
Vir julle ander se foto's loer more
1 comment:
Die vise voorsitter se man se video het heel goed uitgekom.
Sal probeer om dit te kombineer met Linda s'n en vir jou te stuur
Post a Comment