Monday, January 14

Oppad Onrus toe

Gister tyd in die mooi ou Paarl spandeer en vinnig self gaan kyk hoe die plek vir die reunie lyk en die kos en ander goed gereel. Oppad en die prentjie lyk nog presies toe ek klein was, net meer water. Kyk bietjie op die regterkant van die blog na die mooi prentjies van Mooikelder waar ons gaan kuier. Ek is baie seker dat julle die plek gaan geniet.
Daarna is ons Onrus toe en William het soos hy dit stel “sy eerste selfbestuur oor die berg gedoen”. Hy was vreeslik opgewonde daaroor en ek moes net keer of hy wil Du Toitskloof ook aandurf omdat daar ‘n tonnel is.
(Die foto'tjie wat hier moes kom wou nie aflaai vandag nie, kom loer more)
Was vir hom ‘n lang pad, maar dit het vir my geleentheid gegee om sommer so in die ry foto’s te neem en die omgewing te geniet. Die foto’s is eintlik om julle ouens daar in Abu Dhabi bietjie jaloers te maak. Dit was ‘n hittige 31 grade en sonder die lugversorging wat ons aan gewoond is, nogal warm.
William wou dadelik afsit water toe, maar dit was bietjie koud, so ons het net ‘n foto of twee kon neem.
Hierdie ou het ons gefasineer en dit wou lyk asof hy oefen om op die water te loop. Sekondes na die foto was hy in die water. Aand op Onrus en alles lekker rustig en warm.

1 comment:

Anonymous said...

Ai ja jy slaag daarin om my erg jaloers te maak maat. Die plek is ongelooflik mooi. Ons kry koud in Abu Dhabi... regtig. Mens het nou wintersklere nodig