Ek en William is nouwel al vir 'n paar dae in Suid-Afrika, maar in Abu Dhabi gaan nie normale werk en skoolprogram voort tot more wanneer die balans van die Holloways SA toe vlieg. Nelmari se nuwe basketbal seisoen begin in alle erns, en hier is die verslag vanaf Abu Dhabi
So begin die 2008 Basketbal seisoen weer in alle erns, na slegs 3 of 4 oefeninge.
Aan ondersteuning ontbreek dit ook nie, want soos altyd sit die Suid Afrikaanse ouers getrou lanks die baan. 'n Sekere sussie het ook haar ouboet van Bloemfontain af daar, maar die lyk nie erg opgewonde oor die spulletjie nie!
Dit is duidelik dat Minri en Nelmari se lengte vanjaar deel van die span se "plan" sal uitmaak, maar met Nelmari se lang arms wat orals kan bykom sal sy seker baie afklapwerk moet behartig. Daar is juis 'n ACS dogter of twee wat baie groot geskrik het toe sy teen die "Amazone" te staan gekom het, wat dadelik tot 'n nuwe bynaam aanleiding gegee het.Nelmari se ander blok foto hier!
No comments:
Post a Comment