Showing posts with label Vakansie. Show all posts
Showing posts with label Vakansie. Show all posts

Wednesday, January 30

Dis maar koud ...

Met al die reunie bloks het ek nie kans gehad om meer van ons "kort" vakansie te vertel nie. Alhoewel ons nou terug is in die UAE, wil ek dit nog graag met julle deel. Ek het altyd vertel hoe mens die Vaalpense in die Kaap identifiseer ... hulle is die ouens in die koue Kaapse see, maar hierdie keer het daardie gepraat terug geboemerang ... My twee jongstes wat nou al heeltemal gewoond moet wees aan die hitte van die woestyn en die warm see hier, wou opsluit in die "koeler" weer op Onrus gaan swem en dit is die resultate ...
Die dorpsmense is nĂªrens te sien nie, behalwe twee op kano's. Alhoewel ons strandhuis hier is, beteken dit nie ons is van hier nie en die kinders WIL opsluit swem. Ek dink veral William voordat hy die seelose Bloemfontein aandurf en Nelmari ter ondersteuning van haar boetie. Maar dit is 'n mooi prentjie.
Al durf hulle die "warmer" lagune in plaas van die see aan, lyk dit maar koud William probeer braaf lyk.
Nelmari is ook maar versigtig in die koue water terwyl William nou heeltemal nat is. Mens kan sommer sien hy beplan alweer iets.
Nelmari waarsku met die vinger (lyk asof sy by jou geleer het Marie), maar gaan William hom daaraan steur?
O nee nie Will nie En Nelmari kan maar net asem intrek vir die water oppad.Hy hou ook nie op totdat Nelmari behoorlik nat is nie Miskien het hy haar net gehelp om gouer aan die koue water gewoond te raak.
Eendjies, eendjies swem in 'n ry, een, twee, drie, swem hul verby! Hierdie drie stuur hul min aan die lawaai en geskree van die kinders in die koue water. Miskien wonder hulle net, wat presies maak hulle in die koue water.
Maar die swemmery duur nie lank nie en die twee is uit die water.
Terug huis toe met James se karretjie. Hierdie is die groen gevaar se debut op die blok al staan hy 'n paar jaar al op Onrus. Seker ons sal nou meer van hom sien en hoor noudat hy ook in Bloemfontein is!

Monday, January 14

Ons kuier nog steeds nou net in die Kaap

Gister gearriveer in die mooi ou Kaap en alhoewel dit heerlike warm weer is, was Tafelberg onder sy kombersie, so ek kon nog nie die berg sien nie. En ja Ronelle ek weet in watter rigting en hoe dit lyk.Ons kuier saam met Ronelle en Hennik en ander familie. Hennik het vir ons 'n heerlike pasta potjie gebou. Hier is hy saam met hul dogter Anneke.Ronelle wil baie graag ook op 'n foto wees, so hier skep sy kos in. Dit was lekker om saam met hulle te kuier, het hulle meer as tien jaar laas gesien.
Tannie Omie daag ook op vir 'n kuiertjie en toe begin die klomp gesels. Gelukkig het ek 'n bandopnemer aan om al die stories op te neem. Klomp familie "geheime" word uitgelap.

Almal kuier en ruil stories uit en ons kyk na die familie reunie video wat 15 jaar terug geneem is. Almal het soooo ander gelyk. Hou hierdie spasie dop vir die klomp 15 jaar later ....

Thursday, January 10

Kort vakansie

Vandag vlieg ek en William bietjie SA toe vir 'n kort vakansie. Eddie, James en Nelmari vlieg volgende week. So in paaiemente kom ons almal daar.

Ons gaan onder andere om die seuns se reelings vir universiteit reg te kry en ook natuurlik om die reunie by te woon.
Die kamera gaan saam, en ek hoop om julle van tyd tot tyd te vertel wat ons doen en saam met wie ons kuier.