Wednesday, January 23

Reunie - Ons vang al die ou nuus op - 2

Hier is nog foto's van die kuier en gesels op die reunie. Onthou dat die foto's en meer binnekort op 'n album sal wees as julle dit wil aflaai.
Hier word 'n ou storie vertel en lekker gelag. Ronelle, tannie Beatie, Jeanette en oom Henry kuier lekker saam terwyl hulle na ou foto's loer.
Hierdie drie manne kuier net so lekker saam. Kyk net die mooi berge op die agtergrond.
Van die agter en agter-agter kleinkinders in die swembad lekker aan die speel.
Tannie Omie kan nie die versoeking weerstaan om oor die mikrofoon te praat nie.
Hierdie twee manne is baie bly om mekaar te sien, hulle stoei sommer.
Nog word daar gesels. Oom Henry gesels met tannie Retha (oupa se niggie wat al 82 jaar oud is)
Dis warm en Linda se man John maak seker hy het genoeg om die dors le les.
Klein Danae by haar tannie Christa. Lyk hulle nie baie na mekaar nie? Sy was heeldag so stroopsoet.
Jy was so groot beduie tannie klein Babsie vir klein Jaco terwyl Marie en Ruan ook luister.
More wys ek vir julle foto's van die verskillende families wat voorgestel word!

4 comments:

Anonymous said...

Jou fotos is baie mooi, maar die mense wil graag sien hoe my OUDSTE suster lyk. Ons wag in spanning!!!
Marie

Anonymous said...

Dis onvermydelik die foto's kom nog :-). Nie omdat ek wil nie, maar omdat ek myself nie kan uitsny nie. More is die families en daarna die ete en toesprake - so sien sal jy sien.

ns Wat bedoel jy OUDSTE?

Anonymous said...

Baie bly!!! Kan nie wag nie. Oudste, ag wat van die meeste ondervinding. Klink dit beter?

Anonymous said...

Vanselfsprekend ondervinding en wysheid ens.