Monday, January 28

Hier is almal nou - 7

Na 'n week van foto's is die reunie "verslag" dus amptelik klaar vandag. Ek hoop nie dit beteken dat ons almal eers weer oor 15/20 jaar gaan kuier en praat nie. Deur 'n nuusbriefie sal ons met epos gereeld kontak hou en as ek weet jy lees die blok sal ek gereeld met jou hier ook praat (So almal wat lees, laat weet my met epos, comments of sms dat jy lees).



Nadat ons die kragonderbrekening oorleef en lekker geeet het, was dit tyd vir die amptelike foto's en hier is hulle nou. Ek gaan nie almal se name bysit nie, julle weet wie julle is. Dis jammer almal was nie daar nie, maar ek dink ons het darem 'n groot gros van die mense bymekaar.
Die broer, susters en gades van ander staan mooi en glimlag vir die foto Tannie Retha is ook oop die foto. As mens so na hulle kyk, lyk hulle darem almal nog mooi jonk. (Aangesien jy so baie peetkinders het tannie Omie, tel dit punte as ek sê julle lyk nog jonk?)
Die drie susters vlnr, Joy, Omie en Ruth en voor oom Henry.
Die klomp kleinkinders met slegs Leon, Pierre, Pieter en Johan afwesig - al die niggies is daar!!
Meeste van die klomp wat teenwoordig was en ampertjies is die foto te klein vir almal.
Van die agter en agter-agter kleinkinders wat ook kom reunie hou het.
Na die foto nemery gaan kyk ons skyfies van vroeer jare en luister na staaltjies oor oupa, ouma en die kinders. Die kleinkinders kry ook kans om iets oor sy of haar pa/ma te sê. Valerie is eerste aan die beurt om van Oom Piet te vertel.
Die klomp luister aandagtig na die stories van "hoe stout" hulle was.
Dan is dit die broer/susters se beurt of een of twee liedjies te sing wat ouma en oupa se gunstelinge was Christa begelei hulle.
Sommer gou is ander gunstelinge ook gesing en die groep sing saam. Dankie dat julle dit met ons gedeel het.

In die volgende paar dae sal al die foto's en die foto's wat julle vir my stuur op die web gelaai word sodat julle daarna kan kyk en aflaai dit wat julle benodig So as daar van julle is wat foto's geneem het, stuur dit asseblief Op die oomblik sowat 70+ foto's reeds opgelaai.


Hoe laai julle dit af? Maklik!
Kliek op My Photoalbum (Dis reg tussen Archive en die temp meter op regterkant). Dan kies julle op die linkerkant die folder Familie Reunie, maak op en sien bladsye en bladsye foto's. Wanneer jy wil aflaai of kyk, kliek op foto dit maak baie mooi groot oop. Dan save jy dit net op jou rekenaar


DANKIE AAN ALMAL VAN JULLE WAT GEHELP HET, MET BYWONING, STAALTJIES EN FOTO'S AANSTUUR EN ONDERSTEUNING!!!!

1 comment:

Anonymous said...

Hi Sandra

Kannie glo dis alweer 2 weke later vandat ons lekker reunie gehou het
nie.
Time flies when you're having fun!!

Maar ek wil net vir jou uit my hart uit baie dankie sê vir al jou
moeite
met die reel daarvan! Sjoe, maar jy is braaf! En jy kan ook nou jouself
'n
kloppie op die skouer gee, want dit was 'a job well done'! Dit was 'n
ongelooflike groot sukses! En ons het dit VREESLIK geniet!