Thursday, January 31

Dis alweer tyd vir basketbal

Na die eksamen en vakansie is dit terug na normaal wat die sportprogramme betref en gister het Nelmari hulle teen die skool Chouiefat gespeel. Aangesien ek die eerste wedstryd van die seisoen gemis het, was ek nogals nuuskierig om die span te sien speel.
Nelmari is oop en wag om die bal te ontvang. Ons kinders is soveel langer as die ander span.Lyk asof Nelmari en Jessica besig is met vingeroefeninge. Miskien help dit, ek sal nie weet nie.
Bietjie rustyd vir haar. Die speler op die regterkant (Maddie) is verseker die kortste maar sy gaan nog 'n doring in die vlees van menige spanne raak dis verseker.
Nelmari kry kans om na die doel te skiet terwyl die res van die spelers kyk wat gebeur.Nie 'n slegte eindtelling vir 'n begin nie. Hierdie spannetjie het werklik potensiaal en ek dink ons kan uitsien na 'n goeie seisoen.

Die afrigter is net so in haar skik. Volgens haar is dit 'n maklike span om af te rig en as iemand sĂȘ coach dan soek sy ook die coach --- nog nie gewoond aan die titel nie Ons sal 'n plan moet maak daarmee ...

No comments: