Showing posts with label SA 2008. Show all posts
Showing posts with label SA 2008. Show all posts

Tuesday, January 20

Die kinders word groot ... en kom en gaan

Ek ontvang 'n epos van Ronelle waarin sy se "My kinders is terug, ... die huis is stil en leeg" 'n dag nadat ek vir William moes totsiens se vir nog 'n jaar in Bloemfontein. Troos mysef dat James darem een van die dae kom kuier maar weet ook dat noudat hy klaar geswot is, begin hy sy eie lewe waar kuiers "huistoe" nie so gereeld sal wees nie. Ek lees lekker aan baie jong mamma's se blogs waar hulle vertel hoe die kinders groot word en ontwikkel en elke keer vat dit mens terug na toe die kinders nog klein was. Dan dink ek aan die kort vakansietjie wat ons oor Desember gehad het en hoe lekker dit vir my was om saam met die kinders te kuier en weer 'n nuwe maar tog ou kant van hulle te leer ken. Alhoewel hulle nie mal is dat die mamaratzi van alles foto's neem nie, en dat in hulle woorde "mense wat ons nie eers ken nie, alles van ons weet", verdra hulle dit tog - nie altyd op dieselfde manier nie. Partykeer is hulle sommer net verspot en klein Kosies...en ander kere dink ek maak hulle planne hoe om van my kamera ontslae te raak.Maar al probeer hulle groot wees, raak hulle nog steeds opgewonde oor geskenke, veral as dit 'n nuwe foon is waarmee hulle met die meisie kan praat. Ons het lang tye van die een kuierplek na die ander op die pad spandeer en alhoewel liedjies soos "In the jungle" van Lion King nie meer op die motor-toptreffers is nie, het hulle my wat lank uit die land is, bekendgestel aan nuwe Afrikaanse musiek. Daar is saamgesing en moeg geraak vir die liedjies. Nuwe danse is bespreek en selfs in 'n klein motorspasie gedemonstreer. Af en toe is daar na mekaar gehap op die agterste sitplek en dan James se kommentaar "ek dink die suikerinhoud is nou verbrand" wat dit kon beteken asseblief stop vir iets om te eet. Ons het saam met familie gekuier wat van hulle weet maar hulle nie ken nie - en dit was lekker vir my dat die kinders ook "stories" en "staaltjies" direk uit die storiemakers se mond kon hoor. Ons het politiek gesels .... oor die nuwe partye en wat nou eindelik die ideale party sal wees vir ons land en sal help om van die krisesse te verbeter. Lekker vir die ma hart dat alhoewel hulle 'n klomp jare in die buiteland skool gegaan het en miskien daar sal moet werk ook, ons mooie land Suid-Afrika steeds hulle plek ook is. My kamer, badkamer en spieels was nie my eie nie want daar was raad gevra en klere bespreek. Die kinders word groot want "ou" klere (wat al gedra is), kan gedra word en ons hoef nie in die winkels rondtehardloop op soek na nuwes vir 'n troue nie. (Dis nou Nelmari uitgesluit) Alhoewel ek gekla het oor die vol kamer en besprekings vir my badkamer, was dit lekker om hulle so rond te he. En dan is hulle weer op hulle pos vir 'n foto vir mamaratzi sonder om te kla met 'n verspotte pose sonder dat ek vra. Dankie julle drie vir 'n heerlike kuier en dankie dat julle net soos ek opgewonde raak oor al die mooi plekke in ons landWilliam het natuurlik saam teruggevlieg en bietjie hier gekuier wat heerlik was. Met ons klein besoekertjies was hy 'n ster en het baie geduldig vir my rondgery en vir hulle daar gewees en ALLES saamgedoen. Swem, bowling, speletjies, bou, waterpark, ski en selfs golf. En al die pastas wat hy vir die twee gemaak het wat nie vleis eet nie.




Hulle was baie bekommerd oor William se "swaai" en het gedurig probeer raadgee maar hy het besluit dat hy maar soos Gilmour sal golfspeel. Die laaste aand voordat hy terugvlieg wou hy ook by die vleis-restaurant (wat hy op 'n vorige bloginskrywing gesien het) gaan eet en het hy die verskillende vleise maklik kafgedraf. Dit was lekker om jou by die huis te he seun en sterkte vir die nuwe studiejaar! Sien jou een van die dae James!

Monday, February 11

Kuiertjies in die Kaap

Die kuiertjie in die Kaap was maar kort, maar ons kom darem by 'n paar mense uitkom. So lekker gewees om saam met Des te kuier. Des wat die peetpa van die seuns is, is nou baie koppe korter as hulle. Johan het op Onrus 'n draai kom maak. Hier is hy saam met sy twee neefs William en James. Die Smithe bly sommer op Onrus, so daar is 'n paar keer saamgekuier, hier sit hulle om die vuurtjie vir 'n braaivleis. En ook vinnig 'n draaitjie op Swellendam by die Hammans. Wanneer kom julle Abu Dhabi toe?

Heel eerste dag ook 'n lekker kuier saam met die Du Toits en Campbells. (Ronelle spesiaal oor jou en Marie se gekla die foto waar ek op is). En net so terloops ek is nie besig om planne te beraam nie.

Ek dink die Kaap se foto's is nou afgehandel alhoewel ons nog honderde van die see het. Nou kom die trippie Bloemfontein toe.

ns Ronelle, dankie vir die mooi foto's van Clifton en ek stem saam mens moet ver soek om mooier te kry. Waar is jy op die foto?

Saturday, February 9

Seuns werk bietjie in die vakansie

Ek het bietjie agtergeraak met al die foto's wat ek van die SA vakansie wil wys, so van tyd tot tyd gaan ek bietjie die nou "ou nuus" opsit.
Leanè se ma hulle het 'n nuwe gastehuis in Gansbaai (Die Kelders) oopgemaak en sy en die seuns het gaan "help" met die opening. Hier is James en Leanè besig om die eetgoed uit te pak.

William (so ewe met die das) en James (agter) kry die drinkgoed reg.

Hier sit van die mense op die gastehuis se stoep. Die huis se naam is "Whalewaters"

Daar is ook 'n lekker swembad. Kyk net die pragtige uitsig!
Die volgende oggend en die kinders eet ontbyt in die eetkamer.

Hierdie naweek was lekker besig met die Ester konferensie wat ons in Dubai bygewoon het en daarom was ek so stadig met die stories. Sal julle sommer gou van die amazing konferensie vertel.

Monday, February 4

Melkskommel "boffin"

Tydens ons kuiertjie in SA en voordat die universiteit begin, het William besluit om net melkskommels te drink. Blykbaar is dit te duur om uit 'n student se sak te kom, dus moes hy die kans terwyl ons betaal gebruik. Elke plek se melkskommels is geroer, getoets en geproe en dan bepunt. Die uitslae was nogal nie wat ons gedink het dit sou wees nie.Loshande vyfde was 'n spur melkskommel. En ouens hy het nie net een spur s'n getoets nie, hy het klompe getoets en verskillende geure.In die 4de plek en 'n verrassing vir my was die Wimpy. Hulle mag dalkies nie weet van melkskommels nie, maar hulle ken van koffie. Derde (hulle was vir 'n tydjie eerste) was Maxi's in Menlyn.
In die tweede plek volgens hom, was die melkskommel by Eden op Onrus
en loshande eerste want ..... sê hy ..... dit smaak reg en die plek het 'n view was Fusions in Hermanus. Wat net weer wys dat die klein plekkies wat nie massas maak nie, meer effort insit. Dis nou regte roomys, nie geursels, ens. ens. ens.

Ek wonder hoe lank vat dit 'n student om van melkskommel proe na iets sterker soos ..... koffie proe te gaan?

Wednesday, January 30

Dis maar koud ...

Met al die reunie bloks het ek nie kans gehad om meer van ons "kort" vakansie te vertel nie. Alhoewel ons nou terug is in die UAE, wil ek dit nog graag met julle deel. Ek het altyd vertel hoe mens die Vaalpense in die Kaap identifiseer ... hulle is die ouens in die koue Kaapse see, maar hierdie keer het daardie gepraat terug geboemerang ... My twee jongstes wat nou al heeltemal gewoond moet wees aan die hitte van die woestyn en die warm see hier, wou opsluit in die "koeler" weer op Onrus gaan swem en dit is die resultate ...
Die dorpsmense is nêrens te sien nie, behalwe twee op kano's. Alhoewel ons strandhuis hier is, beteken dit nie ons is van hier nie en die kinders WIL opsluit swem. Ek dink veral William voordat hy die seelose Bloemfontein aandurf en Nelmari ter ondersteuning van haar boetie. Maar dit is 'n mooi prentjie.
Al durf hulle die "warmer" lagune in plaas van die see aan, lyk dit maar koud William probeer braaf lyk.
Nelmari is ook maar versigtig in die koue water terwyl William nou heeltemal nat is. Mens kan sommer sien hy beplan alweer iets.
Nelmari waarsku met die vinger (lyk asof sy by jou geleer het Marie), maar gaan William hom daaraan steur?
O nee nie Will nie En Nelmari kan maar net asem intrek vir die water oppad.Hy hou ook nie op totdat Nelmari behoorlik nat is nie Miskien het hy haar net gehelp om gouer aan die koue water gewoond te raak.
Eendjies, eendjies swem in 'n ry, een, twee, drie, swem hul verby! Hierdie drie stuur hul min aan die lawaai en geskree van die kinders in die koue water. Miskien wonder hulle net, wat presies maak hulle in die koue water.
Maar die swemmery duur nie lank nie en die twee is uit die water.
Terug huis toe met James se karretjie. Hierdie is die groen gevaar se debut op die blok al staan hy 'n paar jaar al op Onrus. Seker ons sal nou meer van hom sien en hoor noudat hy ook in Bloemfontein is!

Thursday, January 24

Ons stel onsself voor by reunie - 3

Baie gou het almal op die reunie saamgekuier en nuus begin opvang wat baie jare agterstallig was.
Ek mag dalkies 'n foutjie of twee maak met die name, maar hier is tannie Bokkie, Schalk, Chantal, haar man, Carlu, Marie, Jaco en hulle twee seuns, Viljoen, my twee en Leane.

Hierdie klomp gesinne kuier net so lekker saam.
Al oom Dan se kinders, hulle gades en van die kleinkinders kuier hier saam.Dan is dit tyd vir oom Henry as die oudste oorlewende van die kinders die verwelkoming te doen voordat die gesinne voorgestel word.Maxie stel haar broer, suster en hulle kinders voor. Estelle en haar gesin was op die stadium nog nie daar nie.
Tannie Babsie se afstammelinge was baie sterk verteenwoordig. Hier stel Jeanette almal voor aan die groep met Denise wat vir almal vertel sy is eintlik die jongste en mooiste van die klomp.
Die kinders en kleinkinders van oom Dan. In hierdie groep het ons die oudste naamgenoot van oupa (Pieter Schalk) en ook die oudste agter agterkleinkind. Michael het al die pad van Walvisbaai gekom om die reunie by te woon.
Leon en sy familie van tannie Tossie kon ongelukkig nie die reunie bywoon nie, maar hy het 'n boodskap via video vir die familie gestuur wat ons die aand gespeel het.
Dan my klomp familie. Ons drie susters, mans, agt kleinkinders en my ma Bokkie. (Hier is ek agter op die foto Marie!)
Die groepies raak kleiner as ons by die jonger van die kinders kom. Oom Henry en sy nasate. Marius stel almal voor.
Die man wat nie wou praat nie, Schalk stel oom Sammy se kinders en een kleinkind voor. Ongelukkig kon Pierre nie die funksie bywoon nie.
Tannie Omie, Oom Deon en kleinkind TJ. By hand opsteek peiling wys dit dat sy omtrent peetma van 8 kinders teenwoordig is.
Tannie Ruth met haar nageslag. Johan en Marietjie is ongelukkig nie teenwoordig nie.
Tannie Joy stel haar kinders en kleinkind voor. Pieter, sy vrou en nuwe kleinding bly in Johanneburg en kon ongelukkig nie kom nie.
Die jongste seun Bennie se vrou, dogters, gades en kleinseuns word deur Amanda voorgestel.
Die drie Pieter Schalk Viljoens teenwoordig. Op die regterkant Pieter Schalk kleinseun van oom Pieter en op wie die groot verantwoordelikheid van die voorbestaan van die familienaam rus :-). Hy is gelukkig heel gemaklik daarmee .... die Viljoen seuns raak min.

Saturday, January 19

Ons hou reunie

Na lang beplanning was dit gister eintlik die dag van die groot reunie!! Sodra ek weer terug is in Abu Dhabi, sal ek 'n paar blogs opsit oor die dag met klompe foto's natuurlik, maar net solank enetjie vir die nuuskieriges.

Later die aand toe sommiges al weg is en ander iewers gekuier het het ons meeste probeer inkry. Altesaam was ons 117 wat kom saamkuier of gesig gewys het!!

Friday, January 18

Sommer lekker niks

Ons is nogsteeds op Onrus en ek kan vir julle vir dae seefoto's wys, (wat ek nog gaan doen) want die see lyk mos nooit 'n minuut na mekaar dieselfde nie. Die stilte en ver weg van die gewoel is baie lekker.
William se mondfluitjie speel verbeter by die dag. Sien die foon in sy hand? Hy surf die web vir mondfluitjie note (blase?) en speel dan so. Ons herken selfs van die liedjies. Alhoewel Kersfees nou al 'n maand gelede plaasgevind het, is veral Stille Nag baie sterk op die liedjie lys en vang ek hom kort-kort sit en speel.
Ons het ook heerlik saam met oom Jan en tannie Nell gekuier. Oom Jan was later toergids vir nog foto's van die see. Ronelle op die tafel lê jou prys vir die meeste reg raai, ek moes hulle eers wys en toe word dit natuurlik bespreek :-)
Terwyl ek lekker rustig sit, speel William en Ouma darts .....(Kliek op die foto as julle die byskrifte wil lees)
Die res van die huisgesin het gisteraand gearriveer en nou sien ons almal uit na die reunie more.