Tuesday, January 20
Die kinders word groot ... en kom en gaan
Monday, February 11
Kuiertjies in die Kaap
So lekker gewees om saam met Des te kuier. Des wat die peetpa van die seuns is, is nou baie koppe korter as hulle.
Johan het op Onrus 'n draai kom maak. Hier is hy saam met sy twee neefs William en James.
Die Smithe bly sommer op Onrus, so daar is 'n paar keer saamgekuier, hier sit hulle om die vuurtjie vir 'n braaivleis.
En ook vinnig 'n draaitjie op Swellendam by die Hammans. Wanneer kom julle Abu Dhabi toe? 
Heel eerste dag ook 'n lekker kuier saam met die Du Toits en Campbells. (Ronelle spesiaal oor jou en Marie se gekla die foto waar ek op is). En net so terloops ek is nie besig om planne te beraam nie.
Ek dink die Kaap se foto's is nou afgehandel alhoewel ons nog honderde van die see het. Nou kom die trippie Bloemfontein toe.
ns Ronelle, dankie vir die mooi foto's van Clifton en ek stem saam mens moet ver soek om mooier te kry. Waar is jy op die foto?
Saturday, February 9
Seuns werk bietjie in die vakansie


William (so ewe met die das) en James (agter) kry die drinkgoed reg.

Hier sit van die mense op die gastehuis se stoep. Die huis se naam is "Whalewaters"
Daar is ook 'n lekker swembad. Kyk net die pragtige uitsig!
Die volgende oggend en die kinders eet ontbyt in die eetkamer.
Hierdie naweek was lekker besig met die Ester konferensie wat ons in Dubai bygewoon het en daarom was ek so stadig met die stories. Sal julle sommer gou van die amazing konferensie vertel.
Monday, February 4
Melkskommel "boffin"
Loshande vyfde was 'n spur melkskommel. En ouens hy het nie net een spur s'n getoets nie, hy het klompe getoets en verskillende geure.
In die 4de plek en 'n verrassing vir my was die Wimpy. Hulle mag dalkies nie weet van melkskommels nie, maar hulle ken van koffie. Derde (hulle was vir 'n tydjie eerste) was Maxi's in Menlyn.
In die tweede plek volgens hom, was die melkskommel by Eden op Onrus
en loshande eerste want ..... sê hy ..... dit smaak reg en die plek het 'n view was Fusions in Hermanus. Wat net weer wys dat die klein plekkies wat nie massas maak nie, meer effort insit. Dis nou regte roomys, nie geursels, ens. ens. ens.Ek wonder hoe lank vat dit 'n student om van melkskommel proe na iets sterker soos ..... koffie proe te gaan?
Wednesday, January 30
Dis maar koud ...
Die dorpsmense is nêrens te sien nie, behalwe twee op kano's. Alhoewel ons strandhuis hier is, beteken dit nie ons is van hier nie en die kinders WIL opsluit swem. Ek dink veral William voordat hy die seelose Bloemfontein aandurf en Nelmari ter ondersteuning van haar boetie. Maar dit is 'n mooi prentjie.
Al durf hulle die "warmer" lagune in plaas van die see aan, lyk dit maar koud William probeer braaf lyk.
Nelmari is ook maar versigtig in die koue water terwyl William nou heeltemal nat is. Mens kan sommer sien hy beplan alweer iets.
Nelmari waarsku met die vinger (lyk asof sy by jou geleer het Marie), maar gaan William hom daaraan steur?
O nee nie Will nie En Nelmari kan maar net asem intrek vir die water oppad.
Hy hou ook nie op totdat Nelmari behoorlik nat is nie Miskien het hy haar net gehelp om gouer aan die koue water gewoond te raak.
Eendjies, eendjies swem in 'n ry, een, twee, drie, swem hul verby! Hierdie drie stuur hul min aan die lawaai en geskree van die kinders in die koue water. Miskien wonder hulle net, wat presies maak hulle in die koue water.
Maar die swemmery duur nie lank nie en die twee is uit die water.
Terug huis toe met James se karretjie. Hierdie is die groen gevaar se debut op die blok al staan hy 'n paar jaar al op Onrus. Seker ons sal nou meer van hom sien en hoor noudat hy ook in Bloemfontein is! Thursday, January 24
Ons stel onsself voor by reunie - 3
Ek mag dalkies 'n foutjie of twee maak met die name, maar hier is tannie Bokkie, Schalk, Chantal, haar man, Carlu, Marie, Jaco en hulle twee seuns, Viljoen, my twee en Leane.
Hierdie klomp gesinne kuier net so lekker saam.
Al oom Dan se kinders, hulle gades en van die kleinkinders kuier hier saam.
Dan is dit tyd vir oom Henry as die oudste oorlewende van die kinders die verwelkoming te doen voordat die gesinne voorgestel word.
Maxie stel haar broer, suster en hulle kinders voor. Estelle en haar gesin was op die stadium nog nie daar nie.
Tannie Babsie se afstammelinge was baie sterk verteenwoordig. Hier stel Jeanette almal voor aan die groep met Denise wat vir almal vertel sy is eintlik die jongste en mooiste van die klomp.
Dan my klomp familie. Ons drie susters, mans, agt kleinkinders en my ma Bokkie. (Hier is ek agter op die foto Marie!)
Die groepies raak kleiner as ons by die jonger van die kinders kom. Oom Henry en sy nasate. Marius stel almal voor.
Die man wat nie wou praat nie, Schalk stel oom Sammy se kinders en een kleinkind voor. Ongelukkig kon Pierre nie die funksie bywoon nie.
Tannie Omie, Oom Deon en kleinkind TJ. By hand opsteek peiling wys dit dat sy omtrent peetma van 8 kinders teenwoordig is.
Tannie Ruth met haar nageslag. Johan en Marietjie is ongelukkig nie teenwoordig nie.
Tannie Joy stel haar kinders en kleinkind voor. Pieter, sy vrou en nuwe kleinding bly in Johanneburg en kon ongelukkig nie kom nie.
Die jongste seun Bennie se vrou, dogters, gades en kleinseuns word deur Amanda voorgestel.
Die drie Pieter Schalk Viljoens teenwoordig. Op die regterkant Pieter Schalk kleinseun van oom Pieter en op wie die groot verantwoordelikheid van die voorbestaan van die familienaam rus :-). Hy is gelukkig heel gemaklik daarmee .... die Viljoen seuns raak min.Saturday, January 19
Ons hou reunie
Later die aand toe sommiges al weg is en ander iewers gekuier het het ons meeste probeer inkry. Altesaam was ons 117 wat kom saamkuier of gesig gewys het!!
Friday, January 18
Sommer lekker niks
William se mondfluitjie speel verbeter by die dag. Sien die foon in sy hand? Hy surf die web vir mondfluitjie note (blase?) en speel dan so. Ons herken selfs van die liedjies. Alhoewel Kersfees nou al 'n maand gelede plaasgevind het, is veral Stille Nag baie sterk op die liedjie lys en vang ek hom kort-kort sit en speel.
Ons het ook heerlik saam met oom Jan en tannie Nell gekuier. Oom Jan was later toergids vir nog foto's van die see. Ronelle op die tafel lê jou prys vir die meeste reg raai, ek moes hulle eers wys en toe word dit natuurlik bespreek :-)
