Wednesday, September 12

Sportseisoen begin

'n Besige sportseisoen het gister afgeskop wat dae naskool met oefening, wedstryde en toere beteken. Die jaar sal effens rustig wees omdat ons slegs Nelmari se wedstryde hoef by te woon, maar net gister het ons ouers gesê ons sal die seuns se wedstryde mis omdat hulle so alles gegee het en nooit gaan lê het nie.

Iets nuuts by AISA vanjaar is die mascot. Ek dink nie hy het al 'n naam nie en hy was nie heeltemal seker wat sy werk is nie - hy het gister maar begin - maar ek hoor hulle het baie planne vir hom. So gister vir die eerste keer het die Leeu en Viper mekaar kop-aan-kop ontmoet vir 'n opwindende seisoen.
Die eerste opwaringswedstryd van die seisoen was teen ACS (American Community School) by hulle. Die meisies het nog net twee keer geoefen teenoor ACS wat al 'n maand terug begin het. Hier warm hulle op. ACS in wit en ons agter in blou.
'n Spanpraatjie voor die wedstryd. Slegs vier van verlede jaar se spelers het oorgebly en daar is klompe nuwe kinders in die span. (Nelmari die laaaaaang een links)
Hier wag sy vir die bal. Ek ken nou nie al die terme nie, maar sy het 'n goeie wedstryd gehad en die bal mooi oor die net kon kry en 'n paar blokke in gekry. Seuns is ek reg as ek sê sy het ook goed ge"spike". Vir my lyk dit na moker jou teenstaander met die bal dat sy nie kan terugslaan nie.Hier maak hulle reg om een of ander "toertjie" uit te voer om die teenstaanders te flous. Nelmari speel vanjaar weer in nr 25 soos vorige jare.
Die span sukkel nog om as 'n eenheid saam te speel en hier gee een van die juffrouens vir die span 'n ernstige praatjie. Dis die kort enetjie met die blonde hare.
Aan die einde van die dag verloor ons al drie stelle, maar ek kan sien dat met 'n klein bietjie meer oefening, sal die span dieselfde hoogtes as verlede jaar kan bereik. Dis altyd lekker om teen ACS te speel want selfs met 'n opwaringswedstryd was die paviljoen vol en lawaaierig. Met "Louwtjie" die laeveld leeu as mascot, lê daar 'n opwindende seisoen voor.









2 comments:

Anonymous said...

what a lion!!! even though he is to friendly looking. (is That yousef? looks like his shoes)

Anonymous said...

No. it is actually Tim. (Fronda)
He said he needs a fan in there.