Showing posts with label Jan en Nell Smith. Show all posts
Showing posts with label Jan en Nell Smith. Show all posts

Tuesday, December 8

‘n Spesiale Verjaarsdag vir ‘n Spesiale Persoon

Verlede week was die 70ste verjaarsdag van 'n baie spesiale persoon en iemand wat onwetend vir hom, 'n baie groot invloed in my lewe gehad het. Eddie was die gelukkige persoon om daar te wees vir die partytjie en foto's te neem, so vir al julle "party animals" wat daar was, julle het die voorblad van die blog gehaal :-).

Page1

Die partytjie het al vroeg-vroeg begin toe al die familie, ou- en nuwe vriende by die huis bymekaargekom het vir tee en koek.

Page2

Daarna is almal so in 'n konvooi na Kate's Village by Hemel-en-aarde naby Onrus vir die groot eet en kuier.

Page3

Ek is baie seker daar is sommer lekker opgevang en teruggedink aan wonderlike tye saam.

Page4

Die kinders Elizma en Francois het altwee 'n toespraak gemaak en Danette het vir haar pa "Sprokie van 'n stadskind" gesing. Natuurlik het oom Jan ook sy se ingekry.

Page5

Toe tyd vir die groot eet van lekker "kookkos" en klompe nageregte.

Page6

Die volgende dag is daar eers geskenkies oopgemaak terwyl die gesin sit en kyk.

Ek het nie die geleentheid gehad om ietsie te skryf of te se op die verjaarsdag nie, maar dan sou ek ook nie meer as 30 jaar in 'n paragraaf kon saamvat nie. Oom Jan was/is nog steeds vir my 'n rolmodel met sy besonderse aanvoeling vir mense en sy manier waarop hy met mense werk en praat. Ek het nog altyd gese dat oom Jan die persoon is wat mense kan uittrap oor iets wat jy verkeerd gedoen het sonder dat dit vir jou soos iets ysliks voel net deur die manier waarop hy met jou praat. As jongmens het ek my verstom aan die oom wat luister en wat selfs bereid is om ander se idees en voorstelle te gebruik ondanks al sy ervaring en kennis.

00

Oom Jan loop 'n nou pad met ons Pa en ek onthou menige tye wat hy vir ons span aandgodsiens gehou het en watter indruk dit op my gemaak het. Die "storms" kan rondom hom losbars en dan het hy nog altyd 'n ietsie goeds te se. Oom Jan is 'n mens-mens. Ek hoop dit was 'n wonderlike dag/naweek saam met jou geliefdes en vriende en dat jy 'n wonderlike nuwe lewensjaar gaan he en dat ons Hemelse Vader jou uit jou sokkies sal seen.

Liefde

Wednesday, December 17

Ons groet Onrus en die Smithe

Na al die heerlike dae langs die kus, kla ek glad nie toe die laaste dag aanbreek en dit effens koeler en bewolk is nie. Dis mos lekker om warm aangetrek langs die strand te stap ook, of altans vir party van ons. William "skimboard" (mens spreek dit in Engels uit) dat hy spiere seermaak wat hy wat fiks is nie eers van geweet het nie. Daai manne op die agtergrond kan ook nie glo wat hulle sien nie. Maar na heelwat valle, kry hy dit reg om die bord te bemeester en geniet hy die koeler en rustige water. Ek sou graag wou se dat ons nie gaan uiteet het nie, maar mens moet mos eet, julle doen ook en ons kuier vir oulaas saam met die Smithe. Die kinders vertel dat hulle genoeg gevis het en nou vleis soek, dus is ons Cattle Baron toe. Die aand word oom Jan se eerste liggies wat James help aansit het, amptelik aangeskakel. Daar word met 'n kritiese oog na die liggies en die leemtes gekyk wat sou opvul. Ek wonder hoe dit nou lyk met die klein kindes wat die week daar gaan opdaag. Oom Jan se hy wil sien hoe jou kersliggies ook lyk Eddie. Ons kry ook kans om bietjie kopstukke te gesels en hier is oom Jan, William en Nelmari aan die kuier. James kry ook sy beurt en hy vertel dat hy nou amptelik gehoor het hy's sy honeursjaar ook deur. Gou-gou word die sjampanje, kaas, mossels en beskuitjies gehaal en ons vier fees. Baie geluk seun en dankie Oom Jan en tanne Nell vir die lekker kuier.

Monday, February 11

Kuiertjies in die Kaap

Die kuiertjie in die Kaap was maar kort, maar ons kom darem by 'n paar mense uitkom. So lekker gewees om saam met Des te kuier. Des wat die peetpa van die seuns is, is nou baie koppe korter as hulle. Johan het op Onrus 'n draai kom maak. Hier is hy saam met sy twee neefs William en James. Die Smithe bly sommer op Onrus, so daar is 'n paar keer saamgekuier, hier sit hulle om die vuurtjie vir 'n braaivleis. En ook vinnig 'n draaitjie op Swellendam by die Hammans. Wanneer kom julle Abu Dhabi toe?

Heel eerste dag ook 'n lekker kuier saam met die Du Toits en Campbells. (Ronelle spesiaal oor jou en Marie se gekla die foto waar ek op is). En net so terloops ek is nie besig om planne te beraam nie.

Ek dink die Kaap se foto's is nou afgehandel alhoewel ons nog honderde van die see het. Nou kom die trippie Bloemfontein toe.

ns Ronelle, dankie vir die mooi foto's van Clifton en ek stem saam mens moet ver soek om mooier te kry. Waar is jy op die foto?

Thursday, September 6

Nr. 250 - Fernkloof staproete

Met Eddie se besoek aan SA vir inskrywings, tuindienste en ander dinge het hy ook oa 'n tydjie gehad om by die Fernkloof roete te gaan stap. Hierdie natuurreservaat is 1800vk groot en in die Kleinrivier berge bokant Hermanus gelee. Hierdie reservaat is in 1957 begin.

In 1977 is oa 'n besoekerssentrum opgerig waar 'n uitstalling is van die blomme wat mens op die roete kan raakloop. Hier is Tannie Nell en Oom Jan Smith (van Onrus) besig om die inligting deur te gaan.

Die reservaat lĂȘ aan die noordelike kant van die dorp en het 'n staproete netwerk van omtrent 60 km. Hierdie roetes is vir mense van alle fiksheidsvlakke en gee almal 'n geleentheid om oefening te kry, die vars lug in te asem en die pragtige natuur te sien.

Daar is geen ander plek op aarde waar so baie verskillende plant spesies op so 'n klein oppervlakte gesien kan word nie. In Fernkloof is al 1600 spesies versamel en geidentifiseer - meer as in die hele Brittanje. Hier wys tannie Nell vir Oom Jan iets uit.

Die Fynbos is aangepas by die winterreenval klimaat en kan ook sterk winde (soos dit net langs die Kaapse seekus kan waai) te trotseer. Kyk hoe pragtig fyn en volmaak is hierdie blommetjies.Die drie vat 'n ruskansie om vir die kamera te "pose"

Alhoewel daar nie so baie voels is nie, is daar tot 130 spesies geidentifiseer wat oa insluit die Suikerbekkie, Kanaries en ander wat ek nie die korrekte Afrikaanse name van weet nie soos die Sunbird, Rock Thrush, Cape Batis, Rock Jumpers, Jackal Buzzard en Black Eagle.

Die beperkte woud area rondom die waterstroom is 'n gewilde plek vir saad- en inseketende spesies soos Rameron Pigeon, Flycaatchers en White-eyes. (Ek sal moet gaan naslaan hoe die voels lyk)

Van die staproetes gee mens 'n wonderlike uitsig oor Walkerbaai, Hemel en Aarde vallei en Maanskynbaai.
Fernkloof Natuurreservaat is uniek omdat dit aan die seekus van Hermanus grens, al langs die Kleinrivier bergreeks met 'n groot deel van die Cliff Path area, die Mosselrivier vallei en die area vanaf De Mond na Kettle Point wat die Vogelgat Rivier en deel van die Klein Rivier lagoon insluit. Dit beskerm kusplante, fynbos en 'n klein gedeelte woud.

Ons moenie vergeet van die diere wat daar gekry word nie. Die kanse is goed om bobbejane, klipspringers en dassies te sien en in die aand ystervarkies, hase, muise waarvan die "Cape Spiny Mouse" wat in die Rooi Datalys gelys word. Reptiele word verteenwoordig deur skilpaaie, nege slangspesies (maat lyk na jou tipe staproete) en koggelmanders. Paddas wat die skaars Cape Ghost Frog insluit word ook daar gekry. Die drie wat julle egter op die foto sien is Oom Jan, Tannie Nell en Eddie.

Dis 'n pragtige dagroete solank as die weer saamspeel. En nee Charmaine, mens kan nie 'n donkie saam vat om jou bagasie en water te dra nie. En ek is nie seker of mense met kniee dit sal kan loop nie.

Dankie vir die foto's Eddie. Ek wys later vir julle nog wat hy van die see by Onrus geneem het.