Tuesday, August 28

Ibn Battuta Mall 1 - Die girly dag

Nog net 'n week voordat die skool na drie maande weer begin!!!!! Sonder haar boeties by die huis is daar niemand wat Nelmari kan pla nie, en dus is sy erg verveeld. Maar as 'n "prys" het ek haar mos 'n girly dag belowe, so ons besluit om die week bietjie in Dubai se Malls te gaan rondloop...om haar en julle te wys hoe dit daar lyk.
Sommiges van julle sal sê 'n mall, wat's so besonders van 'n mall? Eers moet ek vertel dat alhoewel ons wonderlike groot malls hier in Abu Dhabi het, met alles wat ons nodig mag hê of nie, het Dubai meer as net malls. Met die dat Dubai bekend is as 'n "shoppers droom", (slim mense koop in goedkoper Abu Dhabi), kompeteer die malls geweldig met mekaar. Hoe trek jy kopers na net 'n "gewone" mall? Daarom het elke mall in Dubai 'n trekpleister.

By die Battuta mall beeld hulle verskillende lande uit en ses verskillende lande vorm die mall. Ons gaan by China court in waar daar hope winkels en restaurante is. Hulle, dis nou die China gedeelte se tema is "Entertaiment" en dis waar oa die IMEX teater sit. Dis gebou op die 14de eeuse boustyl. Hier is deel van die dak

In die Go Sport winkel, is daar 'n groot SA rugby trui in die venster en trek dit die SAfrikaners aan om binne te gaan loer.
Aangesien Nelmari in die mark is vir klere, wil sy sommer al hier probeer om 'n Wêreldbeker trui in die hande te kry. Gelukkig of ongelukkig is haar nr nie hier beskikbaar nie. Hierdie boot maak deel uit van die China court en Nelmari gaan loer wat is in die gat ...Die volgende land is Indie en hulle tema is "Designer Fashions". Ook hier is die boustyl soos uit die 14de eeu en kry mens al die bekende ontwerpers winkels. Hierdie olifantklok is omtrent 8 meter hoog. Kyk mooi na die foto ... wat die mense dra en het hulle pakkies in hulle hande.

Ek het omtrent 'n GPS nodig om die twee tussen die "sales" op te spoor, want elkeen het sy eie misie en winskopie in gedagte. Nelmari is spesifiek opsoek na 'n pers toppie wat by 'n romp van haar moet gaan.

Charmaine aan die anderkant het niks nodig nie, miskien net 'n groen truitjie sê sy.

Ek kom redelik skotvry deur Indie want Nelmari kry niks nie. Volgende is die Persia Court en kyk net die pragtige teels teen die mure en dak. Hulle tema is "Lifestyle" en hier begin die moeilikheid kan ek sommer dadelik sien.
Charmaine loop die groen truitjie raak (die foto is spesiaal vir Elriza) en nog 'n paar ander truitjies omdat dit op spesial, baie sag en presies is wat sy van hou.Daar word ook hoede aangepas ... wat van ons dra 'n hoed vir die high-tea wat ons nog moet hê? Nelmari kry eindelik daai toppie wat ons al weke soek, sug-sug ... is die shopping hier in Persie al verby? ...wat gaan die twee nog aanvang? .... kyk more verder

5 comments:

Anonymous said...

Sandra

Ek kry nie altyd tyd om van my te laat hoor nie, maar ek geniet jou blog baie. Geniet om deur julle oe nuwe plekke te sien en natuurlik die malls ... sal net moet kom shop lyk dit my.

Mooi bly
Liefde
Daleen

WWG said...

Good photos and good blog
look from Quebec Canada
http://www.wwg1.com

Anonymous said...

Ag ons moet asseblief gaan hoede koop vir die hi tea julle. Net nie die een wat ek opgehad het nie. :-)

Anonymous said...

Haai Tannie, lyk asof julle 'n lekker shopping dag gaan gehad het, man ek wens ek was daar, ek's seker ek sou iets lon uitkrap wat ek nodig het. :-)

liefde groete
Elriza

Muriel said...

Ongelooflik mooi veral die teëls!!